gaan implementering vooraf

Sedert die Raad die nuwe strategie vir die NWU op 20 November verlede jaar goedgekeur het, is daar nie tyd verspil met die voorbereiding vir die implementering daarvan nie. Dit is egter nie ʼn projek wat oornag kan gebeur nie; omsigtigheid moet aan die dag gelê word om seker te maak dat dit nie ʼn negatiewe uitwerking op enige van ons aktiwiteite het nie.

 

Een van die eerste stappe was om ʼn Jaarlikse Prestasieplan op te stel in ooreenstemming met ons nuwe strategie. Nóg ʼn stap was om spesifieke strategiese projekte aan lede van die institusionele bestuur toe te wys, byvoorbeeld die hersiening van die NWU se Statuut en ander dokumente soos die akademiese reëls, beleide, riglyne en prosedures.

 

Jaarlikse Prestasieplan

 

Kom ons kyk eers na die Jaarlikse Prestasieplan (JPP). Die JPP, opgestel ooreenkomstig die verslagdoeningsriglyne van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), vervang die ou Institusionele Plan (IP).

 

“Ons het nie bloot die IP hersien nie – ons het heel van voor af begin met die opstel van die JPP,” sê Robert Kettles, hoofstrategiebeampte in die kantoor van die visekanselier.

 

“Ons het egter sommige van die IP-doelwitte wat steeds relevant en in lyn met ons nuwe strategie is, behou.”

Die JPP is op die nuwe strategie gebaseer en bestaan uit doelwitte, doelstellings en meetbare teikens. Die plan, wat verder verfyn is nadat dit op 15 Februarie vanjaar aan die DHOO voorgelê is, sal op 10 Maart by die Raadswerkswinkel ter tafel gelê word.

 

Strategiese projekte

 

Hier is ʼn vinnige kykie na die strategiese projekte wat aan lede van die institusionele bestuur toegewys is om die nuwe strategiese doelwitte te bevorder.

 

  • Hersiening van die Statuut

 

Een van die groot strategiese projekte is die hersiening van die NWU se Statuut.

 

“Die Statuut verwys na sekere poste, soos kampusrektors, wat nie langer deel van ons struktuur uitmaak nie. Dit is een rede waarom dit hersien moet word,” sê Robert.

 

Frans Kruger van Regsdienste, wat ressorteer onder die kantoor van die Institusionele Registrateur, prof Marlene Verhoef, is verantwoordelik vir die hersiening van die Statuut in samewerking met die kantoor van die visekanselier en kundiges op hierdie gebied.

 

Nadat die institusionele bestuur, die Senaat en die Institusionele Forum ʼn konsepstatuut goedgekeur het, is die oogmerk dat die Raad die finale hersiene Statuut in die tweede helfte van 2016 goedkeur en dat dit daarna aan die DHOO voorgelê sal word.

 

  • Ander dokumente wat hersien moet word

 

Behalwe die Statuut moet ons ook die akademiese reëls en sommige van ons beleide, reëls, riglyne en prosedures hersien om die nuwe strategie en struktuur van die NWU te weerspieël. Die vorige akademiese reëls het byvoorbeeld vir 15 fakulteite voorsiening gemaak, terwyl die nuwe struktuur slegs uit agt sal bestaan.

Die gewysigde akademiese reëls en ander dokumente wat deur die Senaat en Raad goedgekeur moet word, moet teen die einde van September gefinaliseer wees.

 

 

 

 

klik op die pyl om op te gaan

Klik op die pyl

Beweeg af

Noukeurige beplanning

>

>