Lof vir trio van Mafikeng

Erkenning van eweknieë is die hoogste vorm van lof. Drie personeellede van die Mafikengkampus, dr Kaitano Dzinavatonga, prof Jamshid Moori en Matshidiso Pooe, is op hierdie wyse vereer. Een van hulle het erkenning van ʼn internasionale bewaringsliggaam ontvang, terwyl die ander twee prestige-toekennings opgeraap het.

  •  

    Werk met artefakte

    Kaitano, ʼn navorser van die Departement Fisika, het die European Institute for the Photon-based Non-Destructive Analysis of Ancient Materials (IPANEMA) besoek.

     

    Tydens sy besoek van 19 Oktober tot 30 November het hy aan die spektroskopiese ontleding van erfenis- en argeologiese artefakte deelgeneem en waardevolle historiese dokumente wat die nasionale biblioteke van Suid-Afrika en Mali voorsien het, bestudeer.

     

    Kaitano het verskillende wetenskaplike tegnieke gebruik om die agteruitgangsprosesse in hierdie dokumente te evalueer. Sy bevindinge sal waardevolle inligting verskaf oor dokument-bewaringsmaatreëls en hoe om hierdie waardevolle kunsvoorwerpe te restoureer.

     

    < Dr Kaitano Dzinavatonga, navorser

  • 2

    Uitnemendheid in navorsing

    Die Suid-Afrikaanse Wiskundevereniging (SAWV) het erkenning aan Jamshid gegee deur hom aan te wys as die ontvanger van hul toptoekenning vir navorsingsonderskeiding.

    Jamshid, ʼn A-gegradeerde wetenskaplike in suiwer wiskunde, het die toekenning in November verlede jaar by die jaarkongres van die SAWV ontvang.

     

    Volgens die SAWV-webwerf verleen die SAWC-toekenning vir Navorsingsuitnemendheid erkenning aan uitnemendheid in navorsing. Die toekenning word slegs gemaak ter erkenning van belangrike navorsingsbydraes tot wiskunde of tot die toepassing van wiskunde in enige vakgebied.

     

    Dit is die vereniging se mees gesogte toekenning.

     

    < Prof Jamshid Moori, wetenskaplike en navorser

  •  

    Toekenning vir innovasie

    Matshidiso, akademiese-ontwikkeling-adviseur en akademiese berekeningspesialis, is die algehele wenner van die 2015 Turnitin Global Innovator-toekenning vir Afrika en die Midde-Ooste.

     

    Die toekenning verleen erkenning aan opvoeders en tegnologie-administrateurs van regoor die wêreld wat uitnemendheid getoon het met die bevordering van akademiese integriteit, studentebetrokkenheid en die innoverende gebruik van Turnitin en ander opvoedkundige tegnologieë om leer te ondersteun.

     

    Matshidiso adviseer bestuur, personeel en studente van die Mafikengkampus oor die integrasie van Turnitin in onderrig en leer. Sy bied ook werkswinkels aan oor die gebruik van Turnitin as opvoedkundige hulpmiddel.

     

    < Matshidiso, akademiese-ontwikkeling-adviseur en akademiese berekeningspesialis

>

>