Jou terugvoer is belangrik! Desember 2024

Lees die Engelse weergawe
immagine1

Die NWU het sy uitmuntende personeel beloon tydens die jaarlikse NWU Uitnemendheidstoekenningseremonie, wat op 21 November in Potchefstroom plaasgevind het.

Meer as 130 personeellede het erkenning ontvang vir hulle uitmuntende bydraes in onderskeidelik onderrig en leer, gemeenskapsbetrokkenheid, en navorsing en innovasie.


 LEES MEER

Navorsing wat 'n impak het in Afrika en verder

Die Navorsing@NWU het gedurende die jaar oor baie van die NWU se baanbrekernavorsing berig gegee. Hier kyk ons weer na van die impakvolle navorsing en innovasie wat in ons uitgawes verskyn het. Dié gedeelte plaas spesifiek die kalklig op hoe ons navorsers poog om volhoubare oplossings vir van die dringende probleme in Afrika te vind.

immagine3 immagine4 immagine5 immagine5

Gesonde veroudering is belangrik vir Afrika

Terwyl Afrika 'n vasteland met 'n snelgroeiende bevolking jong mense is, is dit noodsaaklik dat die streek aandag aan die wêreldwye agenda oor veroudering gee.

Haar droom is om malaria op die kontinent uit te roei

Dr Fortunate Mokoena, 'n senior lektor in biochemie, wil die vasteland wat sy haar tuiste noem 'n beter en veiliger plek vir sy burgers maak.

Span saam om voedingkundigheid na Afrika te bring

Mikronutriënttekorte is baie algemeen in Afrika en is een van die belangrikste faktore wat geassosieer word met groeivertraging, swak immuunfunksie en kindersterftes.

Navorser ondersoek energiesekerheid vir Suider-Afrika

Hoewel elektrisiteitsnuts-maatskappye in staatsbesit reeds lank energieproduksie in die SAOG beheer, kan groter betrokkenheid van die privaat sektor energie-sekerheid 'n hupstoot gee.

 LEES MEER

 LEES MEER

 LEES MEER

 LEES MEER

bible

Sifting van pasgeborenes is lewensbelangrik

Dit is lewensbelangrike ure en elkeen van hulle maak saak. Dit is die venster wat die verloop van 'n kind se lewe ten goede kan verander, en die NWU maak seker dat daardie eerste 24 tot 72 uur ná geboorte geoptimaliseer word om die gesondheid van pasgeborenes te beveilig.

Virtuelewerklikheidlaboratorium oorbrug die gaping

Die soeke na uitnemendheid sonder grense deur die NWU het so pas op 23 Augustus 'n innoverende tegnologiese hupstoot gekry met die bekendstelling van sy virtuelewerklikheid-simulasielaboratorium by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

 LEES MEER

 LEES MEER

immagine1

Navorsers in die kalklig

Die fakulteite by die NWU doen opwindende werk op die navorsingsfront. Gedurende die jaar het die ons die werk van verskeie navorsers bekend gestel.

Ons kyk weer na hierdie opwindende navorsingsprojekte.


 SIEN MEER

facebook
youtube
facebook
twitter
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za