Jou terugvoer is belangrik! November 2024

Lees die Engelse weergawe

Welkom by die sewende uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure.

bible

Die effek van chroniese medikasie verdwyn in die rook

Mediese kundiges stem saam dat rook 'n gesondheidsgevaar is, maar talle rokers regverdig hierdie gewoonte deur te beklemtoon hoe kalmerend en sosiaal dit kan wees. Sommige rokers van plante soos dagga wys ook op die mediese voordele wat sommige studies getoon het. 'n Nuwe studie daag egter rokers se persepsies en regverdigings uit deur te kyk na die moontlike nadelige effek wat die gewoonte op die doeltreffendheid van chroniese medikasie kan hê.

 LEES MEER

Gebruik van Afrika-plante en inheemse kennis in die bestuur van diabetes

Navorsing van die NWU en vennootinstellings het die rol beklemtoon van Afrika-plante en inheemse kennis in die bestuur van diabetes mellitus, 'n chroniese en potensieel dodelike metaboliese siekte wat miljoene mense wêreldwyd aantas. Die studie, wat in die vaktydskrif Diabetology gepubliseer is, verduidelik hoe tradisionele praktyke 'n alternatief verskaf vir konvensionele medikasie wat gebruik word om diabetes te behandel.

 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Bevordering van perinatale geestesgesondheid

Dr Patience Kovane van die navorsingsfokusarea vir Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg het haar navorsing gewy aan die bevordering van perinatale geestesgesondheid in Afrika. Haar missie is om die geestesgesondheid van vroue te bevorder.

 LEES MEER

Doel! Nuwe visie vir jong vroulike netbalspelers

'n Sportsigprogram kan visuele en motoriese vaardighede by jong netbalspelers beduidend verbeter. Dit is volgens die navorsingsbevindings van prof Dané Coetzee van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sport-wetenskap en dr Elna van der Merwe, haar navorsingsvennoot.

 LEES MEER

Middelmisbruik en beter geestesgesondheidsorg

Prof Leepile Alfred Sehularo se navorsing oor geestesgesondheid en middelmisbruik het uitgeloop op die ontwikkeling van 'n program wat ontwerp is om volwassenes sowel as leerders te ondersteun en fokus veral op die misbruik van onwettige middels in Noordwes.

 LEES MEER

bible

Watter produkaanduidings beïnvloed verbruikers se indrukke van varkvleis?

Die eet van varkvleisprodukte neem toe as gevolg van die bekostigbaarheid, veelsydigheid en hoë proteïeninhoud van die vleis. 'n Navorsingsprojek van die vakgroep Verbruikerswetenskappe fokus op aanduidings rakende voedselprodukte (sensoriese en niesensoriese eienskappe) wat verbruikers se voedselkeuses beïnvloed.

 LEES MEER

Spelifikasie bevorder lojaliteit vir Suid-Afrika se modekleinhandel

Suid-Afrika se modekleinhandelbedryf ervaar 'n verskuiwing namate spelifikasie as 'n kragtige instrument na vore kom om kliëntelojaliteit, hulle behoud en herhaalde gebruik van hulle handelsmerk te verbeter. Kleinhandelaars gebruik tans spelifikasie-ervarings in 'n toenemend mededingende digitale omgewing om kliënte betrokke te kry.

 LEES MEER

facebook
youtube
facebook
twitter
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.