Welkom by die tweede uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure.

bible

Dr Fortunate Mokoena wil malaria op die vasteland uitroei

Dr Fortunate Mokoena het 'n visie. Hierdie senior lektor in biochemie by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe wil die vasteland wat sy haar tuiste noem 'n beter en veiliger plek vir sy burgers maak. "Ek glo dat die vermindering en uiteindelike uitroeiing van malaria op die vasteland – wat die ontdekking van middels vereis – noodsaaklik is vir die vasteland om suksesvol te wees," verduidelik sy.

 LEES MEER

Navorsing kyk na natuurlike oplossings vir blootstelling aan gifstowwe

Prof Sithandiwe Mazibuko-Mbeje het onlangs teruggekeer van sabbatsverlof in Ancona, Italië, waar sy baanbrekernavorsing in toksikologie gedoen het. Sy het oor die verloop van sewe maande gedelf in 'n noodsaaklike studiegebied wat dikwels oor die hoof gesien word: die impak van gifstowwe op menslike gesondheid, veral in die ontwikkeling van siektes soos kanker en vetsug.

 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Waterbesoedeling word gemoniteer met kunsmossels

Waterbesoedeling is 'n beduidende omgewingskwessie met 'n verreikende impak op die samelewing.
Dit is nie beperk tot plaaslike of streeksgrense nie, en word deur klimaatsverandering vererger, wat gesondheidsrisiko's vir die mens tot gevolg het.

 LEES MEER

Koloniale tekste met 'n verskil verskaf insig vir vandag

Die voortgesette invloed van kolonialisme kan regoor die wêreld gesien word, aangesien dit 'n blywende impak op samelewings en kulture het. In Suid-Afrika was die nasleep van kolonialisme veral diepgaande en gekenmerk deur tye van Hollandse en Britse oorheersing.

 LEES MEER

Afrika span saam om voedingkundigheid na die vasteland te bring

Mikronutriënttekorte is baie algemeen in Afrika en is een van die belangrikste faktore wat geassosieer word met groeivertraging, swak immuunfunksie en kindersterftes.
'n Nuwe meestersgraadprogram in Voeding met Kerntegnieke sal help om wanvoeding in Afrika te bekamp.

 LEES MEER

immagine1

Ontmoet ons navorsers – prof Monyeki en dr Scheepers

Navorsers van regoor die fakulteite by die NWU gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen. Ons stel die werk van twee navorsers bekend.

Prof Andries Monyeki is die direkteur van die navorsingsfokusarea Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie (FASReK), en dr Nicholin Scheepers is die programleier by die Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (NuMIQ) navorsingsfokusarea.


 SIEN MEER

facebook
youtube
facebook
twitter
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.