NWU lewer impakvolle navorsing

Welkom by 2024 se eerste uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure.

immagine1

Dit is tyd om te besef en aanvaar dat ons, as 'n spesie, 'n verantwoordelikheid deel om saam te werk om al die omgewingstelsels te beveilig wat die funksionering en stand van ons planeet reguleer.

Só sê Louis Kotzé, navorsingsprofessor by die NWU se Fakulteit Regte. Prof Kotzé het onlangs as medehoofskrywer saam met die wêreld se voorste wetenskaplike oor Aardstelsels, prof Johan Rockström, gewerk aan 'n referaat met die titel Planetary Commons in the Anthropocene, wat in die bekende vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America gepubliseer is.


 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Gesonde veroudering is belangrik vir 'n beter Afrika

Terwyl Afrika 'n vasteland met 'n snelgroeiende bevolking jong mense is, is dit noodsaaklik dat aandag aan die wêreldwye agenda oor veroudering gegee word.

Die Verenigde Nasies het die jare 2021 tot 2030 as die "Dekade van Gesonde Veroudering" verklaar. Hierdie wêreld-wye samewerking, wat met die afgelope 10 jaar van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte ooreenstem, wil die lewens van ouer mense verbeter.

 LEES MEER

Inheemse voedsel kan tot voedselsekuriteit bydra

Ten spyte daarvan dat inheemse voedsels ryk aan voedingstowwe en droogtebestand is, word hulle dikwels misken in strategieë vir voedsel-sekerheid. Meestersgraadstudent in Inheemse Kennisstelsels, Modjadji Mandy Rasehlomi, wil dit verander.

Sy het na die onbenutte potensiaal van inheemse voedsels gaan kyk om aan die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte van Geen Armoede en Geen Honger te voldoen.

 LEES MEER

Navorsing gee insig in Generasie Y se bankgedrag

Wat geldsake betref het millenniërs – ook Generasie Y's (individue wat tussen 1986 en 2005 gebore is) genoem – gemengde gevoelens.

Aan die een kant het hulle 'n positiewe uitkyk op persoonlike finansiële beplanning.

Aan die ander kant is hulle meer geneig om na willekeur te spandeer, wat lei tot oorbesteding en probleme om doeltreffend te begroot.

 LEES MEER

bible

Vaardighede in KI kan Afrika se waterhulpbronbestuur verbeter

Water is 'n beperkte natuurlike hulpbron, en vir Afrika om sy bestuur van hierdie hulpbron te verbeter, is dit nodig dat instellings vir hoër onderrig vaardighede in kunsmatige intelligensie (KI) en masjienleer onderrig en omarm.

 LEES MEER

Ontmoet ons navorsers – prof Cook en dr Rapanyane

Navorsers van regoor die fakulteite by die NWU doen opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede. Ons stel die werk van twee navorsers bekend. – prof Courtney Cook en dr Benjamin Rapanyane.

 LEES MEER

facebook
youtube
facebook
twitter
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.