Lees die Engelse weergawe April 2023

NWU lewer navorsing wat 'n verskil maak

Welkom by die derde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

bible

Van ideevorming tot kommersialisering – dit is navorsing wat 'n impak maak

Die Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TOIO-kantoor) by die NWU help innoveerders en entrepreneurs om hulle drome te bewaarheid. Toe 'n derdejaar-BCom-student, Irene Nompini Tsele, haar idee vir 'n kosmetiekonderneming gekry het, het sy glad nie geweet dat 'n vennootskap met die universiteit se TOIO-kantoor eendag haar besigheid sal help floreer nie.

 LEES MEER

Studie kyk na die gesondheidsvoordele van plantgebaseerde voeding

NWU-navorsers ondersoek die rol van heelvoedsel- plantgebaseerde voeding in Suid-Afrika. Prof Andrew Robinson en meestersgraadstudent dr Nanine Wyma is medestigters van die doktersvereniging vir voeding in Suid-Afrika (Physicians Association for Nutrition South Africa). Hulle is besig met navorsing met die hulp van die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR).

 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Die ontwikkeling van aanlyn multimedia-leerplatforms

Die sleutel tot 'n uitgebreide leerervaring met behulp van multimedia en aanlyn leer-platforms is om deelname onder Generasie Z-studente – mense gebore tussen 1997 en die vroeë 2010's – aan te moedig. Dit is een van die bevindings van 'n NWU-navorsingspan.

 LEES MEER

Hulp en leiding maak graderingsreis makliker

Die NWU se vakgroep Inligtingstelsels het in prof Joshua Chukwuere sy eerste Y2-gegradeerde van die Nasionale Navorsing-stigting (NNS) gekry. Hy is in inligtingstelsels, en spesifiek in ontluikende en digitale tegnologieë, aan die NWU opgelei.

 LEES MEER

MASARA fokus op die bewaring van inheemse musiek

Aristoteles het gesê dat musiek die mag het om die karakter te vorm en daarom by die opvoeding van jongmense ingesluit behoort te word. Hierdie aanhaling pas goed by die NWU-navorsingsnisarea Musiek-kunste in Suid-Afrika: Hulpbronne en Toepassings.

 LEES MEER

immagine1

Ontmoet ons navorsers

Prof Louis Kotzé is 'n navorsingsprofessor in regte en bied internasionale en Afrika- regionale omgewingsreg aan in die gestruktureerde LLM-program aan die NWU. Hy is ook 'n senior professorale genoot in Aardstelselreg aan die Universiteit van Lincoln, Verenigde Koninkryk. Sy navorsing omvat breedweg drie interverwante temas wat hy vanuit 'n transnasionale perspektief benader: menseregte, sosio-ekologiese geregtigheid en omgewingskonstitusionalisme; die reg en die Antroposeen; en Aardstelselreg.

 KYK DIE VIDEO

facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.