April 2023

facebook
twitter
youtube
email
More research news
Terug
Vorige uitgawes

Ontmoet ons navorsers

Prof Louis Kotzé is 'n navorsingsprofessor in regte en bied internasionale en Afrika- regionale omgewingsreg aan in die gestruktureerde LLM-program aan die NWU. Hy is ook 'n senior professorale genoot in Aardstelselreg aan die Universiteit van Lincoln, Verenigde Koninkryk. Sy navorsing omvat breedweg drie interverwante temas wat hy vanuit 'n transnasionale perspektief benader: menseregte, sosio-ekologiese geregtigheid en omgewingskonstitusionalisme; die reg en die Antroposeen; en Aardstelselreg.

Hy het reeds meer as 150 publikasies oor hierdie temas. Onlangse boeke sluit in Research Handbook on Human Rights and the Environment (saam met Anna Grear-Edward Elgar, 2015); Global Environmental Constitutionalism in the Anthropocene (Hart, 2016); Environmental Law and Governance for the Anthropocene (Hart, 2017); Sustainable Development Goals: Law, Theory and Implementation (saam met Duncan French-Edward Elgar, 2018); Research Handbook on Law, Governance and Planetary Boundaries (saam met Duncan French-Edward Elgar, binnekort). Hy is ook die assistent-redakteur van Earth System Governance.

Hy het in 2016 'n tweede PhD aan die Tilburg Universiteit, Nederland, verwerf en het 'n genootskap van die Europese Kommissie Horizon 2020 Marie Curie ontvang om vanaf 2018 tot 2019 'n navorsingsprojek by die Universiteit van Lincoln, getiteld "Global Ecological Custodianship-Innovative International Environmental Law for the Anthropocene (GLEC-LAW)" te lei.