April 2022

NWU se navorsing plaas kundigheid in die kollig

Welkom by die tweede uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

immagine1

NWU-navorsers help om die pad vorentoe vir waterstof in Suid-Afrika uit te stippel

Die Aarde is in die moeilikheid. Ons is besig om onder wolke van koolstofdioksiedvrystellings te verstik as gevolg van die gebruik van steenkool en ander hulpbronne om energie op te wek, en dit doen die omgewing skade aan.

Hierdie vrystellings is die primêre oorsaak van aardver-warming, en as ons die ergste gevolge hiervan wil vermy, moet alternatiewe vir energiebehoeftes gevind word.

 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Biodiversiteitbewaring deur genomika skakel met voedselsekerheid

Deur genomika te gebruik om die Afrika-vasteland se biodiversiteit te verstaan en bewaar, kan die aanpas-baarheid van plante, diere en ander lewensvorms bevorder word sodat hulle by klimaatsverandering kan aanpas om voedsel-sekerheid te behou, sê NWU-navorser dr Roksana Majewska. Sy en haar medenavorsers by die African BioGenome Project (AfricaBP) het onderneem om die genomiese biodiversiteit van Afrika te beveilig en te bewaar deur 'n onderneming wat uit Afrika gelei word.

 LEES MEER

Kuberaanvalle gaan waarskynlik meer word

Kuberaanvalle is besig om toe te neem namate die wêreld meer gekonnekteer raak en die belonings groter is. Volgens 'n NWU-akademikus gaan die moontlike belonings vir kuberaanvallers toenemend groter word namate meer aspekte van ons daaglikse lewens met mekaar verweef en van aanlyn interaksie afhanklik raak. Prof Wian Erlank van die Fakulteit Regte sê hy hou 'n wakende oog oor kubersekuriteits-verwikkelinge om te verstaan hoe dit ander areas beïnvloed van die reg waaroor hy navorsing doen.

 LEES MEER

Covid-19-pandemie het SA se brose vrede verder laat verswak

In die nadraai van die Covid-19-pandemie het die uitsluiting van selfs nog meer Suid-Afrikaanse burgers van ekonomiese aktiwiteit die land se reeds brose vrede verder laat verswak. Dit is een van die gevolgtrekkings waartoe NWU-akademikus dr Gideon van Riet, wat onlangs 'n artikel gepubliseer het wat op drie jaar se navorsing in die JB Marks Munisipaliteit gegrond is, gekom het. Dié navorsing het deur die lens van misdaad die verband tussen die Covid-19-pandemie en SA se brose vrede ondersoek.

 LEES MEER

bible

Hoe om die winsgewendheid van inheemsetaalmedia te bevorder

Die navorsingsnisarea Inheemsetaalmedia in Afrika (ILMA) by die NWU is besig met 'n driejaar-navorsingsprojek om Suid-Afrika se sukkelende inheemsetaalmedia te help.
Die afgelope paar jaar was daar baie groot sluitings en herstrukturering van mediahuise in Suid-Afrika, party as gevolg van die toetrede van digitale platforms en sosiale media, wat tot die afname in inkomste uit advertensies en sirkulasie gelei het.

 LEES MEER

Navorser is bekommerd oor studente se alkoholgebruik

Die hoë voorkoms van alkoholgebruik onder studente in hoër onderwys is 'n bekommer-nis vir openbare gesondheid. Dit is volgens 'n studie wat deur prof Miriam Moagi van die NWU se Skool vir Verpleegkunde uitgevoer is. Prof Moagi het gekyk na bestaande bewyse om die alkoholmisbruik onder studente uit 'n vraagverminderings-benadering te hanteer. Hierdie artikel spruit voort uit haar PhD.

 LEES MEER

facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.