REDAKSIONEEL
Boodskap van die visekanselier
Waarnemende hoof en visekanselier
Prof Linda du Plessis
Beste alumni
Een van die voorregte wat ek as waarnemende visekanselier het, is die geleentheid om in hierdie tydskrif met die alumni van ons instelling te gesels.
Ek is ook ’n alumna van hierdie universiteit en ek besef die belangrikheid daarvan om ingelig te bly oor die ontwikkelings by jou alma mater. As waardevolle belanghebbers vorm ons alumni ’n integrale deel van die universiteit, aangesien ons saam soveel meer kan bereik.
’n Mate van normaliteit
Terwyl die Covid-19-pandemie voortgaan om vir ons as instelling uitdagings in te hou, is ons terselfdertyd opgewonde en dankbaar dat ons ons personeel en studente op ons kampusse kan terugverwelkom.
Hoewel dit nog nie heeltemal “sake soos gewoonlik” is nie, kan ons met die huidige protokolle ‘n mate van normaliteit handhaaf. Ons het byvoorbeeld ons eerstejaarstudente onlangs by die NWU verwelkom met behulp van ’n ontvangs- en bekendstellingsprogram wat nie hierdie jaar heeltemal aanlyn was nie en aspekte van ons lewendige studentelewe ingesluit het.
Veranderende leierskap
Soos julle waarskynlik reeds weet, het die Raad dr Bismark Tyobeka tydens hulle vergadering op 17 Maart 2022 as nuwe hoof en visekanselier aangestel. Ons wens dr Tyobeka voorspoed toe vir sy vyfjaartermyn wat op 1 Junie 2022 begin. Hy volg in die voetspore van prof Dan Kgwadi, wat die NWU aan die einde van Januarie 2022 verlaat het.
Vergun my die geleentheid om prof Dan te bedank vir sy leierskap en wysheid om die NWU tydens sy termyn deur ’n paar uitdagende tye te stuur, en só ’n gesonde instelling vir sy opvolger, dr Tyobeka, na te laat.
Trotseer die storms tesame
Die 2022- akademiese jaar kan sy eie uitdagings bring, veral as ’n mens die huidige internasionale onrus in Oos-Europa, tesame met die voortgesette uitdagings wat Covid-19 meebring, in ag neem.
Ek is oortuig dat die huidige leierskap van die NWU, met die nuwe visekanselier aan die spits, die NWU suksesvol deur enige storms kan stuur wat hierdie jaar oor ons pad kan kom, veral met die ondersteuning van julle, ons alumni.
Mag ons almal ’n geseënde 2022 beleef!
Vriendelike groete
Prof Linda du Plessis
Waarnemende hoof en visekanselier
Klik op die blokkie hierbo om meer te lees.

Boodskap van die NWU Konvokasie
Voorsitter van die NWU Konvokasie
Bert Sorgdrager
Beste alumni
Ons kampusse is ’n miernes van bedrywighede. Dit voel soos pre-2020 – jongmensstemme oral in ’n see van pers.
Die NWU het die jaar met ’n spoed afgeskop, ten spyte van vele uitdagings. Hier en daar is ’n klippie in die skoen, maar hierdie instelling staan sterk en is nog steeds die huis waarvoor ons so lief is.
Op vele fronte verander dinge vinnig – dis die verloop van die lewe. Verandering bring groei en ontwikkeling en as ons altyd gaan kritiseer en vasklou aan dit wat was, gaan ons nooit kan groei na dit wat ons moet wees nie.
Ons het julle nodig, veral as mentors
Ons het ons alumni nodig en wil graag hê julle moet “huis toe kom” – daarom sal daar hierdie jaar weer geleenthede wees vir reünies en alumni-byeenkomste.
Julle betrokkenheid kan egter soveel meer wees as net ’n naweek op kampus of ’n onthou-jy-nog-kuier. Vir die toekoms van Suid-Afrika is dit nodig dat julle ons studente mentor en dat julle help toesien dat ons graduandi werk kry.
Julle is ons ware fakkeldraers en ons het weer tydens die laaste Alumni-toekennings vir Uitnemendheid gesien ons lewer wêreldburgers wat ware kundiges in hulle velde is. Dink maar aan mense soos Charlotte Mokoena, Elroy Gelant, prof Fika Janse van Rensburg en advokaat Andy Mothibi – elkeen ʼn baanbreker in eie reg.
Word ’n Konvokasie-lid en wees deel van die oplossing
Kom ons beweeg weg van die gebruik om in gonsgroepies te kla en wees eerder deel van die oplossing.
Ons alumni het die geleentheid om hulle stemme te laat hoor en om deur die NWU-Konvokasie hulle sê te sê. Die Konvokasie bestaan uit alumni wat lede geword het teen ’n fooi van R50 vir lewenslange lidmaatskap. Die uwe en andere uit die Konvokasie-geledere is julle stemme op die NWU-Raad.
Covid-19 het sy merk gelaat, maar met die regte houding en ingesteldheid kan enige hindernisse oorkom word. Dit hang net af of jy deel van die oplossing wil wees. Jy kan dit wees – saam met die NWU. Ons universiteit is aangewys as die veiligste in die land, en ons NWU Besigheidskool spog met dubbele internasionale akkreditasie vir sy MBA-program.
Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor die toekoms van SA en teenoor elke blinkoog student om ons bydrae te lewer om die NWU van krag tot krag te laat gaan. Ons hoor graag van julle.
Groete,
Bert Sorgdrager
President van die NWU Konvokasie
REDAKSIONEEL
Wat jy oor die
Konvokasie moet weet.

Boodskap van die Alumnikantoor
Afdelingshoof van die Alumnikantoor
Nicolize van der Walt
Kom ons wees touleiers wat voor loop
Beste alumni,
Dit is verbasend hoe sommige mense op verandering reageer. Party is sommer dadelik opgewonde en gryp dit met albei hande aan. Ander is eers huiwerig en kyk die kat goed uit die boom.
Dan is daar dié wat soos steeks donkies vasskop. Dis ’n amper soos ’n allergiese reaksie – asof hulle lywe dadelik reageer op enigiets wat “anders” is.
Ons het touleiers nodig wat voorloop, verkieslik sonder dat hulle die dooie gewig van die vasskoppers hoef saam hoef te sleep.
Neem saam met ons die voortou
Ek daag julle, ons alumni, uit om touleiers te wees wat saam met ons vooruit loop. Help ons nuwe geslagte om hulle volle potensiaal te bereik en help ons om geleenthede vir hulle te skep.
Ons het alumni nodig wat ons visie deel om hierdie instelling nog beter te maak vir toekomstige geslagte. Die enigste manier om armoede – en daarmee saam ook maatskaplike probleme – te bekamp, is deur onderwys.
Kom ons raak betrokke
Ons bid dikwels vir uitkoms en verandering terwyl ons vergeet die helpende hand sit bloot aan die einde van ons eie arms. Ons moenie net kla as dinge skeef loop nie; ons moet eerder met oplossings kom en konstruktief bydra tot groei en ontwikkeling.
Kom ons neem die voortou en rol klippe uit die pad, in plaas daarvan om molshope in reuseberge te verander.
Ons hoor graag van jou en sal enige voorstel tot verbetering aangryp.
Vriendelike groete
Nicolize en span

NUUS
Ons taallandskap is inklusief en voldoen aan die vereistes
Die taallandskap vir Suid-Afrikaanse universiteite is besig om te verander. Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se taalbeleidsraamwerk het op 1 Januarie 2022 vir alle staatsuniversiteite van krag geword.
Indien julle wonder of die NWU se taalbeleid aan hierdie raamwerk voldoen, wees verseker: dit is wel so. Trouens, ons beleid bevorder veeltaligheid op ’n wyse wat ons in staat stel om met mekaar te verkeer, te integreer en onderrig te gee – ongeag wat ons taalagtergrond is.
In hierdie video vertel dr Keaobaka Seshoka, die direkteur van die universiteit se Taaldirektoraat, vir ons hoe die beleid inklusiwiteit op die voorgrond hou wat betref die NWU se doelwitte vir personeel en studente.
Sy gesels ook oor die stappe wat die universiteit gevolg het om die nuwe nasionale raamwerk ten volle na te kom en sê waarom sy opgewonde is oor die toekoms van die taallandskap van die universiteit.

Ons spog hierdie jaar weer met verskeie eerstejaarstudente wat om verskillende redes uitstaan. Klik op die blokkies regs om meer oor hierdie studente te lees.
NUUS
Almal is aan boord en dis volstoom vorentoe
Ons kontakstudente is terug, gereed en opgewonde om 2022 aan te pak – terwyl daar aan al die Covid-19-protokolle voldoen word – en om die lewendige studentelewe te geniet wat hulle tydens die afgelope twee jaar van die pandemie misgeloop het.
Op 1 Maart 2022 was daar ’n totaal van 54 118 by die NWU geregistreer. Van hulle is 13 889 eerstejaars en dus 40 229 seniors.
Van hierdie getal is 5 088 voorwaardelik geregistreer, afhangend van die afhandeling van verskeie sake, hoofsaaklik van ’n finansiële aard.
Die fakulteit met die meeste registrasies is die Fakulteit Opvoedkunde met 15 273 studente, gevolg deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe met 12 447 studente.
Kontakopvoeding is ons spesialiteit
Prof Linda du Plessis, waarnemende hoof en visekanselier, het dit tydens ’n onlangse mediakonferensie duidelik gemaak dat die NWU ’n kontakinstelling is, en dat ons daarom al ons studente uitnooi om vir 2022 na ons kampusse terug te keer.
“Ervaring het getoon dat studente makliker sukses behaal in ’n omgewing waar hulle leer optimaal ondersteun word,” het sy gesê.
Sy het verduidelik dat gereelde direkte kontak (in verskeie vorms) hierdie jaar verhoog sal word en dat meer assesserings in klasverband geskeduleer sal word.
Dit vind plaas nadat die kontakprogramme in 2020 as ’n noodmaatreël na aanlyn onderrig en leer verander het, en ’n meer vervlegte onderrig- en leermodel in 2021 gevolg is.
Lees meer oor die NWU se bekendstelling van die HyFlex-benadering in 2022, wat gelyktydige onderrig en leer van aangesig tot aangesig en aanlyn moontlik maak.
Prof Linda du Plessis, waarnemende hoof en visekanselier, verwelkom ons kontakstudente terug op ons kampusse. Sy beklemtoon dat die NWU ’n kontakuniversiteit is en dat ons wil hê ons studente moet ’n lewendige studentelewe ervaar.

Ons onderrig ons studente op innoverende, aanpasbare maniere
Jong stemme en ’n vrolike gelag vul weer eens die loopgange onder die bome en die gange in die geboue op ons kampusse.
Toegegee, ons studente lyk anders en gedra hulle anders as wat twee jaar gelede die geval was. Hulle dra nou maskers, ontsmet hulle hande dikwels en behou ’n veilige afstand van mekaar.
Maar dankie tog, ten minste is ons kontakstudente terug en die onaardse stilte op ons kampusse – ’n onvermydelike gevolg van daardie streng Covid-19-afsonderingstye – is verbreek.
Terug na (ab)normaal?
Die doel daarvan om studente te vra om terug te keer, is om weer persoonlike kontak tussen akademici en studente, en tussen studente onderling, moontlik te maak. Dit is kritiek vir die studente-ervaring van onderrig en leer.
Nie dat dit ’n terugkeer na die normale is nie. Ons moes tydens die afgelope twee jaar op talle maniere aanpas, en ons maak steeds veranderings in die manier waarop ons ons daaglikse aktiwiteite uitvoer.
Wat onderrig en leer betref, beweeg ons na die volgende vlak deur ’n hibried-buigsame benadering (HyFlex-benadering) te loods.
Hierdie benadering maak onderrig en leer in ’n klasopset en terselfdertyd ook aanlyn moontlik. Kortliks beteken dit dat studente óf persoonlik teenwoordig kan wees, óf op ’n ander tyd en deur middel van ons aanlyn leerplatform, eFundi, toegang tot opnames van lesings kan verkry.
Dit is die volgende logiese stap om te neem
Prof Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, sê die ontwikkeling van HyFlex-kapasiteit by die NWU die logiese volgende stap om te neem, noudat alle kontakstudente na die kampusse teruggekeer het.
Hy sê ons moet die ontwikkeling van hierdie HyFlex-vermoë beskou as die volgende fase van wat die personeel reeds ten opsigte van die gebruik van tegnologie vir aanlyn en kontakleer weet – van voor en tydens die Covid-19-pandemie.
Nie al ons klasse sal egter hibried wees nie. “Die meerderheid sal in ’n gewone klasopset wees met slegs ’n paar lokale wat gereserveer word vir daardie dosente wat graag die hibriedervaring wil bekendstel,” verduidelik Robert.
Wat behels die bekendstelling van ’n HyFlex-benadering?
Robert sê om die HyFlex-benadering moontlik te maak, is 80 lokale regoor die NWU met moderne tegnologie toegerus wat volg-my-kameras (follow-me cameras), koordlose mikrofone en die nodige rekenaarsagteware het om lesings lewendig te stroom, op te neem en te stoor.
Die volg-my-kamera volg die dosent se beweging om aan studente wat aanlyn is, ’n gevoel van interaksie te gee met iemand wat nie net ’n gesig op die skerm is nie.
Wat van studente en personeel wat nie van die nuwe Hyflex-lokale gebruik maak nie?
Die meeste van die kontakklasse vereis ook die bykomende verskaffing van aanlyn materiaal. Studente wat nie geskeduleer is om in hierdie semester in ’n bepaalde kontaksessie te wees nie, kan dus steeds die kurrikulum volg en aan ’n daaropvolgende kontaksessie deelneem, of persoonlik met hulle dosent skakel.
Dosente het ook gereël dat studente in groepe bymekaarkom om assesserings of opdragte te voltooi. Daarbenewens het fakulteite kontaksessies gereël op ’n manier wat verseker dat alle studente daartoe toegang het, en dat dit tot die studente-ervaring bydra.
Met ons hibried-buigsame benadering kan ons ons studente terug verwelkom en vir hulle ’n studente-ervaring van ’n hoë gehalte bied terwyl hulle veilig gehou word totdat die pandemie werklik verby is.
“Met die gebruik van 80 lokale wat vir geselekteerde modules in 2022 digitaal omskep is, verseker die HyFlex-benadering ’n beter ervaring vir studente en akademiese personeel.”
Prof Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer.
NUUS
Ons onderrig ons studente
op innoverende, aanpasbare maniere

Susan Cilliers vind hoop in die afgryslikheid
Sy is een van Noordwes se bekendste ondersoekende joernaliste. Sy is ’n betroubare en gerespekteerde stem. Iemand so befaamd vir haar werkywer as vir haar meelewendheid. As joernalis vir onder andere Huisgenoot, Beeld en Netwerk24 het Susan Cilliers haar as meester van haar vak bewys.
Benewens haar joernalistieke prestasies, maar dalk nie so ver daarvan verwyder nie, is haar twee gepubliseerde boeke, Huis van Gruwels en Die Stella-moorde. Huis van Gruwels – waarop ons hoofsaaklik in hierdie artikel fokus – vertel die storie van die jong Landi (wie se van weerhou word om haar identiteit te beskerm) en haar nagmerrie-ervaring in ’n huis in Springs aan die Oos-Rand waar haar pa vir haar, haar ma en vier jonger broers en susters jare lank aangehou en gemartel het.
Landi en haar gesin is in 2014 tydens ’n polisieklopjag gered, waarna Susan deur Lapa Uitgewers genader is om as ’n spookskrywer vir Landi se storie op te tree. Sy het nie gehuiwer nie en die aanbod aanvaar om haar eerste boek te skryf.
“Ek het dit as ’n geleentheid beskou om my vaardighede uit te brei en ek was nuuskierig om die meisie van die sogenaamde ‘gruwelhuis’ te ontmoet en iets oor haar ervaring te hoor,” verduidelik Susan.
’n Verhaal van lyding en oorlewing
Dit was ’n spanningsvolle ervaring vir die veteraanskrywer, wat ’n onverwagte hoeveelheid hoop onder al die verskriklikhede gevind het.
“Mense se vermoë om te oorleef, hulle herstelvermoë – en veral Landi s’n – was deel van die verhaal wat my die meeste bygebly het. Die manier waarop sy die trauma verwerk en haar vasberadenheid om iets van haar lewe te maak en bo haar traumatiese verlede uit te styg, was vir my ’n inspirasie. Dit is werklik ’n verhaal oor hoop vir enigeen wat ’n moeilike pad moes loop.”
Tog het die marteling wat Landi en haar gesin aan die hand van hulle sadistiese pa moes deurmaak vir Susan – ’n voormalige kommunikasiestudent, wat ook haar meestersgraad aan die NWU voltooi het – baie intens geraak.
Die besonderhede was die ergste
“Dit was skokkend en ontstellend om die besonderhede aan te hoor, want sulke afgryslikheid is buite die meeste van ons se verwysingsraamwerk. Ná vele jare as joernalis het ek geleer om my tot ’n mate emosioneel te distansieer, anders sou ek nooit al die besonderhede kon neerskryf nie.”
Sy is egter nie onaangeraak gelaat deur die gebeurtenis nie.
“Dit het my emosioneel baie ontstel, maar dit het my ook die hoop gegee dat daar ’n ontsnappingsroete uit die meeste situasies is, asook die hoop dat dinge beter kan raak.
“Soos ek gesê het, dit was inspirerend om te sien hoe die mens se gees enige situasie die hoof kan bied. Dit gee jou die perspektief dat jou eie probleme amper onbenullig is as die groter prentjie in oënskou geneem word, vergeleke met wat ander mense moet deurwerk en oorkom.”
Dan, nadat sy na hierdie verhale van afgryse en wanhoop geluister het, gaan sit sy om dit neer te skryf.
Immer die professionele verteller, skryf sy die feite neer, gee ’n stem aan die verskillende individue wat deel is van hierdie verhale, en, as sy gelukkig is en indien ’n hooffiguur soos Landi dit toelaat, sal temas van moed en deursettingsvermoë na vore kom.
’n Gordyn waaragter soveel donkerheid skuil, sal weggetrek word, lig sal deurgelaat word en sy – en die lesers – sal die hoop te midde van die afgryslikheid vind.
Op die vraag wat deur haar gedagtes gaan wanneer sy luister terwyl slagoffers en oortreders hulle onderskeie ervarings vertel, antwoord sy so: “Eerstens gaan jou hart uit na die slagoffers. Ek wonder altyd hoe dit sal voel as iemand na aan my vermoor word of baie erg mishandel word.”
Wat die oortreders betref, kry sy die geleentheid om hulle in die hof waar te neem.
“Dit is altyd onwerklik om die persoon in die hof te sien en te dink dat hy of sy tot so ’n daad in staat was. Dan wonder ek ook wat op ’n sielkundige vlak in so ’n persoon se lewe plaasgevind het dat hulle in staat was om so iets te doen. Besef hulle werklik wat hulle gedoen het? Is hulle net wreed, of leef hulle in ontkenning?”
Die dryfkrag agter boosheid
Susan wonder steeds wat mense daartoe dryf om dinge te doen wat ’n mens met soveel afsku vervul.
“Hoe sal ons weet? Ek dink dit is die ou vraag van ons omgewing of ons ingebore aard – iets waaroor ’n mens ure lank kan debatteer.
“My gevoel is dat dit ’n kombinasie van albei is. Daar is ingebore eienskappe wat deur omstandighede gestimuleer word en dan is daar die manier waarop jy grootgemaak is.”
Alumnus, skrywer en joernalis Susan Cilliers het haar eerste boek, , geskryf oor ʼn jong meisie se ontbering in ʼn huis waar sy, haar ma en haar vier jonger broers en susters jare lank aangehou is. Foto: Nico Bezuidenhout.

Susan blaai deur haar tweede boek, Die Stella Moorde.
Slagoffers en oortreders

Waarom die Covid-19-pandemie ’n ramp is en nie ’n noodtoestand nie
Suid-Afrikaners sal die dag, 15 Maart 2020, onthou toe president Cyril Ramaphosa die Covid-19-pandemie ’n “nasionale ramp” genoem het.
Ons het vir prof Dewald van Niekerk, hoof van die Afrika Sentrum vir Rampstudies, gevra om ons te vertel wat die verskil tussen ’n ramptoestand en ’n noodtoestand is, en watter stappe ons regering gevolg het toe hulle die ramptoestand verklaar het.
Ramp- vs noodtoestand
Dewald onderskei tussen die Wet op Noodtoestand en die Wet op Rampbestuur en wys daarop dat elkeen ’n afsonderlike stel buitengewone omstandighede reguleer.
Hy verduidelik dat ’n noodtoestand net verklaar kan word wanneer die nasie se voortbestaan bedreig word, en dat die verklaring nodig is om wet en orde te herstel.
’n Ramp, volgens die Wet op Rampbestuur, is ’n buitengewone gebeurtenis wat ’n beduidende impak op mense en die omgewing het, en diegene wat geraak word nie die vermoë het om die situasie met behulp van hulle eie hulpbronne behoorlik te hanteer nie.
In die geval van die Covid-19-pandemie, het die regering ’n ramptoestand afgekondig, en nie ’n noodtoestand nie.
“Die regering het deur middel van sy Departement vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) die Wet op Rampbestuur gekies om die pandemie in Suid-Afrika te hanteer,” sê Dewald.
Hoe die regering ’n ramptoestand verklaar het
Die verklaring van ’n ramptoestand moet ’n voorgeskrewe proses volg, sê Dewald.
Wanneer ’n potensiële “ramp” voorkom, bepaal die Nasionale Rampbestuursentrum of die gebeurtenis ’n plaaslike, provinsiale of nasionale ramp is. Dit is om vas te stel watter gedeelte van die regering vir die koördinering en bestuur daarvan verantwoordelikheid neem.
Dewald sê Suid-Afrika is gewoonlik nie aan geweldige groot rampe uitgelewer nie, maar eerder aan samelopende rampe in die vorm van droogtes, en meer onlangs, vloede en veldbrande, wat gewoonlik plaaslik en provinsiaal hanteer word.
In die geval van ’n nasionale ramp – soos die Covid-19-pandemie – is die nasionale uitvoerende gesag egter verantwoordelik.
Die CoGTA-minister het die gesag om ’n nasionale ramptoestand te verklaar indien bestaande wette of ander reëlings nie voldoende voorsiening maak vir die uitvoerende gesag om die ramp te hanteer nie.
Wanneer ’n nasionale ramptoestand verklaar is, kan die nasionale uitvoerende gesag regulasies of aanwysings uitreik om dit te hanteer.
’n Nasionale ramptoestand verval ná drie maande, hoewel die minister dit op ’n maand-tot-maandgrondslag mag verleng. Daar is geen beperking op die aantal keer wat dit verleng mag word nie, maar dit kan slegs gedoen word indien die ramp voortduur.

Fliekplakkaatversameling bring die towerkrag van fliek- en filmfeeste terug
Soos ’n ruiker herinneringe, laat die versameling fliekplakkate van alumnus en voormalige Kunsgeskiedenis-dosent prof John Botha die films herleef wat sy passie vir hierdie kunsvorm aangesteek het.
Dit is ook ’n getuienis van die talle flieks wat vertoon is tydens die gewilde filmfeeste wat deur een van die NWU se voorgangers, die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, gehou is.
Van die plakkate is oorspronklikes en in ’n uitstekende toestand – ’n versamelaar se droom – terwyl ander beskadig is en party herdrukke is. Wat hulle toestand egter ook al is, hulle is almal kosbare aandenkings.
Daar is honderde van hulle, van internasionale klassieke flieks soos Gone with the Wind en sentimentele gunstelinge soos Disney se Fantasia, tot plaaslike fliekgunstelinge soos Die Storie van Klara Viljee.
Sy formele verhouding met flieks het in 1979 begin toe hy as jong dosent saam met twee kollegas, Louis le Grange en Herman van Wyk, ’n filmvereniging vir studente en entoesiaste begin het.
’n Aand by die fliek
Sy plakkaatversameling het ’n groot hupstoot gekry toe die jaarlikse filmfeeste in 1986 begin het.
John se oë blink as hy onthou hoe hy tydens die 21 jaar lange bestaan van die filmfeeste plakkate in die portale van vertoonlokale en teaters opgeplak het.
Hierdie feeste het ’n spesiale formule gehad. Elkeen het met ’n inleiding begin, dan het die fliek gevolg en daarna ’n bespreking. John sê die formule was baie gewild, aangesien dit vir filmentoesiaste die geleentheid gegee het om nie net flieks te geniet nie, maar ook om met mekaar daaroor te gesels.
Elke fliek wat vertoon is, het ’n plakkaat gehad en hy het elkeen in sy kantoor gebêre om te verseker dat dit bewaar bly.
John het sy passie vir flieks na ’n hele nuwe vlak geneem toe twee kollegas, Horst Bütow en Peet Ryke, hom genader het om met hulle saam te werk om filmfeeste by die universiteit te hou.
Party is egter weg op die wieke van die wind
John sê baie van sy kosbare fliekplakkate is óf ietwat óf erg beskadig, maar hy sal hulle altyd koester omdat hulle uiters skaars is en spesiale sentimentele waarde het.
Ongelukkig het hy, nadat hy ’n paar jaar gelede afgetree en afgeskaal het, nie genoeg stoorruimte vir sy hele versameling gehad nie, en hy moes ’n ander tuiste vir baie van sy minder skaars en betekenisvolle plakkate vind.
“Hulle word nou veilig in die tuismuseum van die pa van ’n voormalige student van my gehuisves. Ek slaap gerus, want ek weet hulle is veilig.” Die plakkate wat bewaar word, sluit dié van Kate and Leopold, The Addams Family, Seven Samurai en Emma in.
Die plakkate wat steeds in sy persoonlike versameling is, inspireer hom steeds en maak hom opgewonde. Hy sê hy hoop nou dat hy die fliekvereniging in Potchefstroom kan help herleef, met verwysing na die gewilde Sondagmiddagfilms wat voor Covid by die Cachet Kleinteater vertoon is, en wie weet, dalk volg die filmfeeste op een of ander stadium.
“Daar sal vir my geen groter vreugde wees as om weer te ervaar hoe flieks ’n mens kan inlig, vermaak en jou verbeelding aangryp om na die sterre te reik nie.”
Prof John Botha sê hy hou veral van Steven Spielberg se films. Hy beskou Schindler’s List as die tweede beste film van alle tye.
Sy allergunsteling is John Madden se Shakespeare in Love. Hy het ook ’n spesiale respek en liefde vir films soos The Color Purple en Room with a View.
Hier is hy met die plakkaat van Giorgio Moroder se .
“Ek het reeds vanaf ’n baie jong ouderdom op Woensdae uitgesluip om na flieks te gaan kyk. My ma het met my geraas en gesê dat ’n mens nooit ’n bestaan kan maak deur na flieks te kyk nie – min het sy geweet watter belangrike rol flieks in my toekomstige loopbaan as dosent sou speel.”
NUUS
Soos ’n ruiker herinneringe, laat die versameling fliekplakkate van alumnus en voormalige Kunsgeskiedenis-dosent prof John Botha die films herleef wat sy passie vir hierdie kunsvorm aangesteek het.
Dit is ook ’n getuienis van die talle flieks wat vertoon is tydens die gewilde filmfeeste wat deur een van die NWU se voorgangers, die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, gehou is.
Van die plakkate is oorspronklikes en in ’n uitstekende toestand – ’n versamelaar se droom – terwyl ander beskadig is en party herdrukke is. Wat hulle toestand egter ook al is, hulle is almal kosbare aandenkings.
Daar is honderde van hulle, van internasionale klassieke flieks soos Gone with the Wind en sentimentele gunstelinge soos Disney se Fantasia, tot plaaslike fliekgunstelinge soos Die Storie van Klara Viljee.
Sy formele verhouding met flieks het in 1979 begin toe hy as jong dosent saam met twee kollegas, Louis le Grange en Herman van Wyk, ’n filmvereniging vir studente en entoesiaste begin het.
’n Aand by die fliek
Sy plakkaatversameling het ’n groot hupstoot gekry toe die jaarlikse filmfeeste in 1986 begin het.
John se oë blink as hy onthou hoe hy tydens die 21 jaar lange bestaan van die filmfeeste plakkate in die portale van vertoonlokale en teaters opgeplak het.
Hierdie feeste het ’n spesiale formule gehad. Elkeen het met ’n inleiding begin, dan het die fliek gevolg en daarna ’n bespreking. John sê die formule was baie gewild, aangesien dit vir filmentoesiaste die geleentheid gegee het om nie net flieks te geniet nie, maar ook om met mekaar daaroor te gesels.
Elke fliek wat vertoon is, het ’n plakkaat gehad en hy het elkeen in sy kantoor gebêre om te verseker dat dit bewaar bly.
John het sy passie vir flieks na ’n hele nuwe vlak geneem toe twee kollegas, Horst Bütow en Peet Ryke, hom genader het om met hulle saam te werk om filmfeeste by die universiteit te hou.
Party is egter weg op die wieke van die wind
John sê baie van sy kosbare fliekplakkate is óf ietwat óf erg beskadig, maar hy sal hulle altyd koester omdat hulle uiters skaars is en spesiale sentimentele waarde het.
Ongelukkig het hy, nadat hy ’n paar jaar gelede afgetree en afgeskaal het, nie genoeg stoorruimte vir sy hele versameling gehad nie, en hy moes ’n ander tuiste vir baie van sy minder skaars en betekenisvolle plakkate vind.
“Hulle word nou veilig in die tuismuseum van die pa van ’n voormalige student van my gehuisves. Ek slaap gerus, want ek weet hulle is veilig.” Die plakkate wat bewaar word, sluit dié van Kate and Leopold, The Addams Family, Seven Samurai en Emma in.
Die plakkate wat steeds in sy persoonlike versameling is, inspireer hom steeds en maak hom opgewonde. Hy sê hy hoop nou dat hy die fliekvereniging in Potchefstroom kan help herleef, met verwysing na die gewilde Sondagmiddagfilms wat voor Covid by die Cachet Kleinteater vertoon is, en wie weet, dalk volg die filmfeeste op een of ander stadium.
“Daar sal vir my geen groter vreugde wees as om weer te ervaar hoe flieks ’n mens kan inlig, vermaak en jou verbeelding aangryp om na die sterre te reik nie.”
NUUS
Fliekplakkaat-versameling bring die towerkrag van fliek- en filmfeeste terug
Prof John Botha sê hy hou veral van Steven Spielberg se films. Hy beskou Schindler’s List as die tweede beste film van alle tye.
Sy allergunsteling is John Madden se Shakespeare in Love. Hy het ook ’n spesiale respek en liefde vir films soos The Color Purple en Room with a View.
Hier is hy met die plakkaat van Giorgio Moroder se
.Die permanente kunsversameling van die NWU is indrukwekkend en bestaan uit werke van sommige van Suid-Afrika se beste kunstenaars.
Die NWU & U het vir Amohelang Mohajane, die kurator van die NWU Galery, en haar span gevra om vir ons te sê wat hulle as van die merkwaardigste hedendaagse kunswerke in hierdie gesogte versameling beskou. (Jy kan hier langsaan na die kunswerke kyk.)
Daarna het ons toe vir dr Willem Venter, dosent in Kunsgeskiedenis, en sy studente gevra het om hulle vyf gunstelinge uit die lys te kies om te beskryf en te interpreteer.
NUUS
Laat dié hedendaagse kuns jou betower
Blue and Red Mary
(2013) deur Justin Dingwall
(Giclee-druk op katoenpapier – 90 cm x 70 cm)
Klik op die pyle hieronder om na die kunswerke te kyk.
NUUS
Laat dié hedendaagse kuns jou betower
Amohelang Mohajane, die kurator van die NWU Galery.
Blue and Red Mary(2013) deur Justin Dingwall
(Giclee-drukwerk op katoenpapier – 90 cm x 70 cm)
NUUS
Beide partye in ’n mentorskapsverhouding baat daarby
Boitumelo Mogohu
Boitumelo deel sy kennis
“Ek geniet dit om my persoonlike ervaring te deel en jongmense te help om nuwe vaardighede te ontwikkel,” sê mentor Boitumelo Mogohu, ’n navorser in die kantoor van die hoofsweep van die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer en die eienaar van verskeie klein besighede.
“Trouens, die mentorskapservaring het my laat wens dat ek ’n mentor gehad het toe ek nog op universiteit was,” voeg hy by. “Dit was vir my ook ’n leerkurwe om verhoudings te ontwikkel wat op wedersydse respek en vertroulikheid gebou word.”
Boitumelo, wat internasionale betrekkinge aan die NWU studeer het, glo vas in lewenslange leer en kyk tans na die moontlikheid om sy PhD te voltooi.
Talle van ons meer ervare alumni het al as deel van die Alumnikantoor se mentorskapprogram as mentor vir studente en jong alumni opgetree. Mentors en mentees baat albei by die program, wat sedert 2021 aan die gang is.
Die alumni-mentorskapprogram het ontwikkel vanaf ’n aanlyn veldtog genaamd “NWU: Jou loopbaanvennoot” (NWU: Your career partner), wat vanaf 19 April tot 30 Junie 2021 op die alumni se Facebook-bladsy en YouTube aangebied is.
Interne belanghebbers van die NWU, soos die bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum, die NWU Besigheidskool, die Loopbaansentrum en NWU Welstand, het saam gewerk om verskeie video’s vir loopbaanbevordering te produseer.
Die laaste deel van die veldtog was ’n mentorskapskompetisie waar jong alumni gevra is om ’n oorsig van 100 woorde oor hulle loopbane te skryf en dié areas uit te lig waarin hulle graag mentorskap wou ontvang. Dié wat die beste terugvoer gegee het, is vir die mentorskapprogram gekies.
“Ons wou ’n platform skep waar bekende alumni as mentors vir huidige studente en jong, opkomende alumni kon optree, en kennis en kernvaardighede aan hulle oordra,” sê die alumniverhoudingepraktisyn Zanele Ngobese, wat die mentorskapprogram georganiseer het.
Groepgesprekke en een-tot-een-sessies
“Ons hanteer die mentorskappe op verskillende maniere. Ons organiseer byvoorbeeld praatjies of inligtingsessies vir huidige studente, waar ons alumni uitnooi om hulle ervarings te deel,” sê Zanele.
“Die meer ervare alumni het tussen Julie 2021 en Desember 2021 een keer per maand met die jong alumni vergader om hulle kennis met hulle te deel.”
Zanele sê die idee is om blywende verhoudings tussen alumni van verskillende generasies te skep.
Alumni wat graag as mentors vir studente wil optree, of alumni wat onlangs gegradueer het, is welkom om ’n e-pos aan die Alumnikantoor te stuur by NWUAlumni@nwu.ac.za

Hulle laat drome waar word – en jy kan ook
Hulle dra nie gepunte elwehoede of swaai toorstokkies rond nie, maar hulle het iets gemeen met Kersvader se klein helpertjies en goeie feë: hulle laat drome waar word. Hulle is ons donateurs.
Klik op die pyle hieronder om die volgende foto te sien.
Ontmoet die span
Ons span in die Departement van Ontwikkeling en Fondsinsameling toon selfs meer entoesiasme as Kersvader se elwe en jou gemiddelde goeie fee wanneer dit kom by die insameling van fondse om mense se drome waar te maak.
Hier is hulle:
Warren Makgowe
Direkteur: Belanghebberverhoudinge
Ben Zaaiman
Senior bestuurder: Departement van Ontwikkeling en Fondsinsameling
Maria Mopelong
Senior spesialis: Fondsinsameling
Winton Windell
Senior spesialis: Fondsinsameling
Alfred Brishmaer
Senior spesialis: Fondsinsameling
Thandi Ralekgetho
Geleentheidsnavorser: Fondsinsameling
Celeste Rossouw
Senior spesialis: Belanghebberverhoudinge
NUUS
Hulle laat drome waar word – en jy kan ook
They don’t wear pointy elves’ hats or wave wands, but they do have something in common with Santa’s little helpers and fairy godmothers: they make dreams come true. They are our donors.
Ontmoet die span
Ons span in die Departement van Ontwikkeling en Fondsinsameling toon selfs meer entoesiasme as Kersvader se elwe en jou gemiddelde goeie fee wanneer dit kom by die insameling van fondse om mense se drome waar te maak.
Hier is hulle:
Warren Makgowe
Direkteur: Belanghebberverhoudinge
Ben Zaaiman
Senior bestuurder: Departement van Ontwikkeling en Fondsinsameling
Maria Mopelong
Senior spesialis: Fondsinsameling
Winton Windell
Senior spesialis: Fondsinsameling
Alfred Brishmaer
Senior spesialis: Fondsinsameling
Thandi Ralekgetho
Senior spesialis: Fondsinsameling
Celeste Rossouw
Geleentheidsnavorser: Fondsinsameling
NUUS
Dra jou hart op jou mou
Spits julle ore, liewe alumni, want ons het goeie nuus vir julle: julle sal binnekort spesiale NWU-alumniprodukte aanlyn by die NWU-korporatiewegeskenkwinkel kan koop.
Hierdie produkte – insluitende hemde, pette, penne en ander items vir alledaagse gebruik – is met groot sorg uitgekies en bied iets vir almal se smaak, en ’n spesiale geskenk vir enige NWU-alumnus.
Alle alumni sal binnekort via SMS of e-pos ’n skakel ontvang wat julle kan volg om julle bestellings te plaas – en ons kan nie wag om te sien hoe die bestellings instroom nie.
Dit is ’n wen-wen-ooreenkoms: die geskenkwinkel help ons om die NWU-handelsmerk te bevorder, terwyl dit jou herinner aan die plek waar jy jou hart verloor het – hetsy aan ’n geliefde, ’n akademiese dissipline, of die universiteit self. Nou kan jy jou hart op jou NWU-handelsmerkmou of -pet dra.
Nog goeie nuus
Nog ’n winskopie is dat lede van die NWU-konvokasie vir 15%-afslag op enige aanlyn aankope kwalifiseer. Dit is ons manier om julle vir julle bydrae aan die NWU en vir julle belangstelling in julle alma mater te bedank.
Dit is maar net een van die verrassings wat ons hierdie jaar vir lede van die Konvokasie het. Moet dus nie op julle laat wag nie – sluit nóú by die Konvokasie aan! Dis ’n winskopie: deur jou lidmaatskap verdien jy nie net afslag op jou aankope nie – jy kan ook jou stem laat hoor, selfs in die NWU Raad.
Kontak nicolize.vanderwalt@nwu.ac.za vir meer inligting. (Onthou net: geen bestellings kan by hierdie e-posadres geplaas word nie – dit is net vir navrae.)
NUUS
Dra jou hart op jou mou
Spits julle ore, liewe alumni, want ons het goeie nuus vir julle: julle sal binnekort spesiale NWU-alumniprodukte aanlyn by die NWU-korporatiewe-geskenkwinkel kan koop.
Hierdie produkte – insluitende hemde, pette, penne en ander items vir alledaagse gebruik – is met groot sorg uitgekies en bied iets vir almal se smaak, en ’n spesiale geskenk vir enige NWU-alumnus.
Alle alumni sal binnekort via SMS of e-pos ’n skakel ontvang wat julle kan volg om julle bestellings te plaas – en ons kan nie wag om te sien hoe die bestellings instroom nie.
Dit is ’n wen-wen-ooreenkoms: die geskenkwinkel help ons om die NWU-handelsmerk te bevorder, terwyl dit jou herinner aan die plek waar jy jou hart verloor het – hetsy aan ’n geliefde, ’n akademiese dissipline, of die universiteit self. Nou kan jy jou hart op jou NWU-handelsmerkmou of -pet dra.
Nog goeie nuus
Nog ’n winskopie is dat lede van die NWU-konvokasie vir 15%-afslag op enige aanlyn aankope kwalifiseer. Dit is ons manier om julle vir julle bydrae aan die NWU en vir julle belangstelling in julle alma mater te bedank.
Dit is maar net een van die verrassings wat ons hierdie jaar vir lede van die Konvokasie het. Moet dus nie op julle laat wag nie – sluit nóú by die Konvokasie aan! Dis ’n winskopie: deur jou lidmaatskap verdien jy nie net afslag op jou aankope nie – jy kan ook jou stem laat hoor, selfs in die NWU Raad.
Kontak nicolize.vanderwalt@nwu.ac.za vir meer inligting. (Onthou net: geen bestellings kan by hierdie e-posadres geplaas word nie – dit is net vir navrae.)
NUUS
Kom ons spog met ons voorste alumni
Die bopunt van die loopbaanleer is die mikpunt van talle en slegs ’n paar bereik dit. Onder al die HUB’s, HFB’s en BD’s wat daar uitgekom het, sal ’n mens talle van ons alumni aantref wat hulleself as leiers op hulle onderskeie gebiede bewys het.
Ons sal hulle in die volgende uitgawes van die NWU & U aan julle voorstel – ons ambisieuse, toegewyde alumni wat van die hoogste posisies op gebiede soos sport, die bedryf, besigheid en kultuur bereik het.
Dit is waar julle inkom – ons wil hê dat julle ons moet laat weet wie hierdie uitblinkers is. Stuur – met hulle toestemming – hulle name en kontakbesonderhede na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za en julle kan dalk spoedig in hierdie tydskrif oor hulle en hulle prestasies lees.
Moenie van julleself vergeet nie – as julle in die topleierskap van julle organisasie is, wil ons graag van julle hoor. En nee, ons het absoluut geen probleem om oor julle en ander voorste alumni te spog nie. Trouens, ons wil baie graag vir ons mede-alumni – en sommer vir die hele wêreld – van die wenners vertel wat uit die NWU-stal kom.
Ons sien daarna uit om van julle te hoor en vir almal van ons voorste alumni te vertel.

PROFIELE
Wilskrag en vreugde spoor Thato aan om sukses te behaal en te dien
Afhangend van watter gedeelte van die Tswanasprekende gemeenskap jy kom, beteken Thato twee dinge: “vreugde” en “wilskrag”.
Alumnus Thato Mashishi het beslis bewys dat hy die wilskrag het om sukses te behaal. Thato is ’n prokureur wat tot die Hoë Hof van Suid-Afrika toegelaat is. Hy het tussen 2012 en 2015 sy LLB-graad aan die Mahikengkampus verwerf, en het ook ’n LLM in korporatiewe reg van die Universiteit van Pretoria.
Sy wil om te slaag blyk ook duidelik uit sy onlangse voltooiing van ’n nagraadse diploma in belasting aan die Universiteit van die Witwatersrand, en sy jongste loopbaanskuif – aansluiting by Adams & Adams, Afrika se grootste intellektuele-eiendomsfirma. As assosiaat by dié firma fokus hy op die beskerming van data en privaatheidsreg, samesmeltings en algemene ondernemings- en handelsreg.
Thato, wat in Sandton woon en in Pretoria werk, skryf gereeld vir toonaangewende nasionale en internasionale publikasies met ’n bepaalde fokus op ondernemings- en handelsreg. Sy artikels is al op vooraanstaande regsplatforms soos Sabinet en LexisNexis gepubliseer.
Word ’n leier
Thato, wat nie van leierskapsverantwoordelikhede wegskram nie, het sy leierskapsvaardighede gedurende sy studentejare geslyp.
Hy was die afdelingsvoorsitter van die Golden Key International Honour Society, die visevoorsitter van die raad van die Students for Law and Social Justice (SLSJ), en die koördineerder van SLSJ-seminare en geleenthede. (SLSJ is ’n organisasie wat deur die Claude Leon-stigting befonds word.)
Thato het al as regskundige op TV-programme soos die iDentity-program op SABC 1 opgetree, asook op verskeie programme vir Hope TV.
Hy het ook regskwessies bespreek tydens verskeie geleenthede wat Noordwes se provinsiale departemente aangebied het. Hierdie optredes van hom is die bewys van sy passie vir en toewyding aan maatskaplike geregtigheid en die verskaffing van regsopvoeding vir almal, veral vir die gemarginaliseerde lede van die samelewing.
Getrou aan sy naam bewys hy dat as iemand die wilskrag het om hulle drome verder as hulle omgewing te laat strek, hulle altyd vreugde aan almal om hulle bring. Dit is beslis waar van Thato.
Hy deel sy regskundigheid
Thato skryf vir verskeie betroubare publikasies en platforms. Een van sy artikels fokus op die regskonsep force majeure in die konteks van Covid-19.
Hy verduidelik in die artikel dat force majeure ’n regsmeganisme is waarop partye kan staatmaak wanneer hulle, as gevolg van ’n buitengewone gebeurtenis of omstandigheid buite hulle beheer, nie ’n regsplig kan uitvoer nie.
Nog ’n artikel, “To pay or not to pay in the context of Covid-19” handel daaroor of huurders van kleinhandelondernemings ingevolge ’n huurooreenkoms moet voortgaan om tydens Covid-19-inperkings huur te betaal of nie.

Thato is getroud met Malese, ’n kandidaatprokureur by ’n internasionale regsfirma in Johannesburg. Die egpaar het ’n energieke, liefdevolle en slim dogter, Kgomotso.

Die wêreldberoemde operasanger Andrea Bocelli het eenmaal gesê: “Om opera te sing het ’n mens twee dinge nodig: die stem en die passie, maar veral die passie.”
Die sopraan Mercy Malieloa het albei. Daar is geen twyfel dat hierdie hardwerkende, vasberade en ongelooflik talentvolle 29-jarige van Kroonstad dit nog ver sal bring nie.
Mercy se pad met musiek
“Ek is aan klassieke musiek en opera bekendgestel toe ek in skool- en gemeenskapskore gesing het,” sê Mercy, wat slegs 14 jaar oud was toe haar koorleier, mev Chabalala, haar potensiaal as solis raakgesien het.
“Dit was toe dat ek my eerste Mozart-aria gesing het en tot op nasionale vlak gevorder het, wat ’n groot prestasie was, omdat dit my eerste keer was.”
Mercy het in 2014 haar BA-graad in musiek en samelewing aan die Skool vir Musiek en Konserwatorium verwerf.
Sy het in 2015 by die Opera-ateljee in Kaapstad aangesluit, en het ’n jaar later die eerste prys in die ATKV-Muziqanto- nasionale sangkompetisie – een van Suid-Afrika se gesogste klassieke sangkompetisies – gewen.
Sy het dit in 2018 opgevolg deur die eerste prys by die 2de Unisa Nasionale Sangkompetisie te wen en die derde plek in die 6de Unisa Internasionale Sangkompetisie te behaal.
’n Internasionale sensasie
In April 2018 was sy ’n finalis in die Opera Crown Tbilisi- internasionale sangkompetisie in Georgia.
Mercy is daarna in Augustus 2019 as die wenner van die SAMRO- oorsese beurskompetisie gekroon en het ook ’n skenking van die Nasionale Operavereniging van Suid-Afrika ontvang.
Sy is tans ’n solis by die Opern Studio NRW (Nordrhein-Westfalen) in Duitsland, waar sy die afgelope vier jaar woon en werk.
“As ’n jong vrou in die buiteland, ver weg van my familie af, is ek bly oor hoe veilig Duitsland is. Dit is ’n verligting om nie die gevoel te hê dat ek die hele tyd oor my skouer hoef te loer nie.”
Mercy mis haar familie vreeslik, aangesien sy hulle nie dikwels kan besoek nie. Sy mis ook al die mense van Suid-Afrika. “Ek mis mense se eenvoudige manier van groet, en die spontane manier van sing, en hoe hulle die lewe geniet en saam lag.”
Dit lyk of Mercy spoedig haar talent op talle verhoë regoor die wêreld gaan deel en in die voetstappe volg van sangers soos Sissieretta Jones, Ruby Elzy en Jessye Norman – en ook ons eie Sibongile Khumalo en Pretty Yende – wat die weg gebaan het vir sterk swart vroue in die kunste, en veral in opera.
PROFIELE
Mercy leef op die maat van musiek
“Ek is aan klassieke musiek en opera bekendgestel toe ek in skool- en gemeenskapskore gesing het,” sê Mercy, wat slegs 14 jaar oud was toe haar koorleier, mev Chabalala, haar potensiaal as solis raakgesien het.
Klik op pyle om meer te lees.
PROFIELE
Studie in Hongarye bied Dimakatso ’n wêreld van geleenthede
Die NWU-alumnus Dimakatso Mohapi is besig om te ontdek hoe magtig tegnologie kan wees om eerstens vir haar ’n plek in die wêreld uit te kap, sowel as om haar koderingsvaardighede aan ander oor te dra.
Die 29-jarige rekenaarghoeroe is besig met ’n meestersgraad in rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Szeged in Hongarye nadat sy ’n beurs ontvang het. Dimakatso het in September verlede jaar in Szeged aangekom en sal tot Julie 2023 daar studeer.
Haar verhaal is een van harde werk en deursettingsvermoë. Sy is in uiterste armoede gebore in Orange Farm – ’n informele nedersetting in Johannesburg – waar baie min kinders verder as matriek vorder. Sy het gedroom om ’n mediese dokter te word sodat sy haar ma, wat ’n enkelouer was, uit haar armoede kon verlos.
Sy het nie vir die kursus gekwalifiseer nie en het uiteindelik vir inligtingstegnologie (IT) op die Vanderbijlparkkampus van die NWU ingeskryf. Dit was amper ’n onbegonne taak in die lig van haar beperkte kennis van rekenaars en gebrek aan fondse vir haar studies.
’n Plan vir sukses
“My ma het verstaan hoe graag ek iets van my lewe wou maak, en daarom het sy ’n plan gemaak om vir my registrasiegeld te spaar deur ’n stokvel met vriende te begin, en te vra om die eerste een te wees om die geld te ontvang. Dit het gewerk, en ek het dit reggekry om vir my eerste graad te registreer,” sê sy.
Dimakatso het toe by ’n vrouesokkerspan by die universiteit aangesluit in die hoop om ’n sportbeurs te ontvang. “Deur die genade van God het ek ’n beurs by een van die grootste maatskappye in Suid-Afrika gekry om die res van my eerste graad te befonds,” onthou Dimakatso, wat ’n graad in IT, ’n diploma in tegnologie en onderneming, en ’n honneursgraad in rekenaarwetenskap het.
Nadat sy gegradueer het, is Dimakatso as assistentlektor en studente-instrukteur by die NWU aangestel, wat haar in staat gestel het om verder te studeer en haar ma te help.
Haar groot deurbraak het gekom toe sy ’n internskap as sagteware-ontwikkelaar by Omnia Fertilizer ontvang het en toe ’n werk by Vodacom losgeslaan het, eers as ’n radiobeplannings- en optimaliseringsintern in Bloemfontein, en toe as ’n data-ontleder in Kaapstad.
Kodeer vir die 4IR
Nie lank daarna nie het Dimakatso ’n lewenslange droom begin bewaarheid: sy het haar IT-vaardighede aan minderbevoorregte kinders begin oordra. Terwyl sy by Vodacom gewerk het, het sy ’n fasiliteerder by CodeLikeaGirl geword en vir ongeveer 70 leerders kodering geleer.
Die inisiatief was vervullend, maar tog uitdagend, aangesien talle leerders nie lessenaar- of skootrekenaars vir die program gehad het nie. “Kodering word op ’n lessenaar- of skootrekenaar onderrig en ingeoefen. Daarsonder is dit vir talle aspirerende ontwikkelaars ’n uitdaging om hulle programmeringskennis te verkry en hulle vaardighede uit te brei.”
Dimakatso en drie vriende het besef dat mobiele toestelle sal moet doen, en hulle het ’n manier gevind om jongmense te leer om op hulle fone te kodeer.
Hulle het toe in 2019 begin met RunTechnology – ’n nie-winsgewende organisasie wat vir kinders van graad 1 tot 9 die basis van kodering leer om hulle vir die Vierde Industriële Revolusie (4IR) voor te berei.
Tot dusver het Dimakatso al ongeveer 45 mense geleer om HTML, CSS, JavaScript, Scratch en SQL te gebruik.
Met dié dat sy ander gehelp het om aan ’n beter toekoms te werk, is dit nie minder as reg dat Dimakatso self geleenthede ontvang om te groei en nuwe uitdagings aan te pak nie.
ʼn Nuwe avontuur in Szeged
Dimakatso woon in Szeged, ’n stad in die suid-oostelike deel van Hongarye en studeer aan die Universiteit van Szeged. Aangesien die universiteit in die middestad geleë is, moet sy elke dag na die kampus toe pendel.
Sy sê wat sy die meeste van Europa hou, is dat die vervoer baie betroubaar en redelik is vergeleke met Suid-Afrika en dat dit baie veilig is.
“Betroubare vervoer maak die lewensgehalte goed, en dit is maklik om sonder enige probleme van een land na ’n ander te beweeg. Ek kan Parys toe gaan en die volgende dag terugkom. Nog ’n wonderlike ding oor die land is dat ’n mens vir amper alles studente-afslag kry,” sê sy.
Dimakatso sê dit was aan die begin vir haar as gevolg van taalprobleme, die kos en die vriesende weer moeilik om in Szeged aan te pas.
“Ek mis die warmte van my familie, die sonlig van Suid-Afrika, en tradisionele kos soos pap,” sê sy.

Dit is ons: Totsiens, prof Dan
Dit is nooit maklik om totsiens te sê nie, veral as iemand diep spore op ons kampusse en in ons harte gelaat het.
Dit was duidelik by die afskeidsfunksie wat die NWU Raad op 28 Januarie 2022 vir prof Dan Kgwadi, ons voormalige visekanselier, gehou het, soos in die video regs gesien kan word.
Gelukkig is die hartseer van sy weggaan deur die hartlike woorde van ander NWU-leiers versag. Hulle het tydens die geleentheid gelukkige herinneringe gedeel en hulle waardering uitgespreek vir die groot rol wat Dan tydens die afgelope 18 jaar gespeel het – eers as student en dosent en uiteindelik ook as kaptein van die NWU-skip.
Dan gaan darem nie té ver weg wees nadat hy die NWU verlaat het nie. Hy sal in werklikheid ons Vanderbijlparkkampus se naaste buurman wees wanneer hy sy pligte as visekanselier van die Vaal Universiteit van Tegnologie opgeneem het.
Die Raad het alumnus dr Bismark Tyobeka tydens ʼn vergadering op 17 Maart 2022 as nuwe hoof en visekanselier aangewys. Dr Tyobeka se vyfjaartermyn begin op 1 Junie 2022.
Prof Linda du Plessis, die NWU se adjunkhoof en adjunk-visekanselier vir beplanning en Vanderbijlparkkampus-bedrywighede, neem intussen as hoof en visekanselier waar.
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies. Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Dit is ons:
Totsiens, prof Dan