vir ons voordelig kan wees

INHEEMSE PLANTE

Hoe

Sceletium tortuosum of “kougoed” is deur die eeue deur die Khoisan vir geestesgesondheidskwessies gebruik.

KLIK OP DIE ILLUSTRASIE OM MEER TE LEES.

Die maroelavrug is een van Afrika se inheemse vrugte wat vir voedselsekerheid oorweeg behoort te word. Die maroela (Sclerocarya birrea) word in Niger, Burkina Faso, Benin en Suid-Afrika aangetref.

KLIK OP DIE ILLUSTRASIE OM MEER TE LEES.

Trouens, die universiteit – deur middel van ons Sentrum  vir Inheemse Kennisstelsels (IKS-sentrum) – word beskou as ’n baanbreker in Suid-Afrika vir inheemse kennisstelsels van Afrika.

 

Ons inter- en multidissiplinêre IKS-sentrum is onder meer betrokke by gebiede wat strek van astronomie en gesondheidstelsels tot landbou en tegnologie. Die voordele van inheemse plante is een van die vrugbaarste studiegebiede wat daar is.

 

Dr Abiodun Olusola Omotayo, ’n navorser by die navorsingsnisarea Voedselsekerheid en Veiligheid, ondersoek hoe Afrika se inheemse vrugte gebruik kan word om voedselsekerheid te bevorder.

 

Die moontlikheid dat ’n sekere inheemse plant gebruik kan word om depressie te behandel, is die navorsingsbelangstelling van ’n ander NWU-kundige, dr Makhotso Lekhooa, ’n senior lektor by die DST/NWU Prekliniese Geneesmiddelontwikkelingsplatform (PKGOP).

 

Die magdom inheemse kennis wat gehelp het om ons voorgeslagte vir eeue lank te voed en te genees, word deur die NWU as baie waardevol beskou.