Eric Swanepoel is ’n senior rekordbeampte by die departement Rekords, Argiewe en Museum.
eish! het vir Eric Swanepoel, senior rekordbeampte by die departement Rekords, Argiewe en Museum gevra wat die POPIA-wetgewing is en hoe dit ons personeel, studente en ander belanghebbers raak.
V: Wat is die POPIA-wetgewing?
A: Die doel van die wetgewing is om die minimum standaarde vir die verwerking van persoonlike inligting te verskaf. Die doel daarvan is om die reg op privaatheid van al die studente, personeel en ander belanghebbers van die NWU te beskerm.
V: Wanneer het die wetgewing van krag geword?
A: Die wetgewing is vanaf 2014 gedeeltelik van krag, en die res daarvan het op 1 Julie 2020 ten volle van krag geword.
V: Watter prosesse sal die NWU deurgaan om te verseker dat hulle daaraan voldoen?
A: Verskillende kantore werk tans aan ’n projek om voldoening te verseker. Die volgende sal tydens hierdie projek gedoen word:
V: Is daar enige gevolge as daar nie aan die Wet voldoen word nie?
A: Ondernemings wat nie die POPIA nakom nie, kan swaar strawwe opgelê word. Die Wet maak voorsiening vir boetes tot R10 miljoen en, in ernstige gevalle, selfs tronkstraf van tot tien jaar. Dus, as ’n mens onseker is ten opsigte van die POPIA, kan personeellede hulp en ondersteuning ontvang deur ’n e-pos aan POPIA@nwu.ac.za te stuur.
V: Waar kan personeel meer inligting kry?
A: Ons moedig personeellede aan om hierdie webwerf te besoek waar inligting oor die Wet gereeld geplaas wal word.
FOKUS OP
Was jy al die slagoffer van identiteitsdiefstal, of het iemand jou privaat inligting sonder jou toestemming gebruik? Dan sal jy bly wees om te hoor dat die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) – wat die publiek teen hierdie misdade beskerm – onlangs van krag geword het.
BESKERM JOU REG OP PRIVAATHEID
NWU EN WETGEWING