Ons viervoetige vriende is gaande oor grendeltyd
Ons noem hulle ons beste vriende, ons viervoetige kinders, of ons troetelmaatjies. Dit is waarom ons hulle vergewe wanneer hulle tydens ’n Zoom-vergadering blaf, of wanneer hulle hul bo-oor ons sleutelborde kom drapeer wanneer ons wil werk.
Beweeg oor die foto's om meer te lees.
Ja, dit is ons geliefde troeteldiere – daardie honde en katte en ander lede van die diereryk wat aanvaar dat ons tuisbly net om hulle te vermaak en geselskap te hou.
Een so ’n geliefde kreatuur is ’n Ierse wolfhond genaamd Luna, wat aan Veruschka Pelser-Carstens van die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe op die Vanderbijlparkkampus behoort.
Inperking laat Luna oopbek lag
“Om te sê Luna is in die wolke oor die ekstra aandag wat sy tydens die inperkingstyd kry, kan nie betwis word nie. Sy is absoluut mal daaroor!” sê Veruschka.
Luna begin haar dag deur haar mense wakker te maak deur vir hulle ’n “geskenk” te bring, wat wissel van ’n pantoffel tot ’n sagte speelding wat aan hulle dogter Alenka behoort. “Dit is ons teken om op te staan en vir die dag gereed te maak. Stiptelik om 08:00 bring sy haar leiband en dring aan op ’n oggendstappie.
“Benewens haar oggendstappie en vertroetelings tussen ons dagtake deur, beplan ons ook ons tyd noukeurig om gereelde speelafsprake vir haar te skeduleer met haar hondesussies, Emma en Fleur, wat steeds by hul teler is.”
Dit is natuurlik heeltemal verstaanbaar dat jy speelafsprake vir jou enigste hondekind sal skeduleer, maar as jy 10 het, kan hulle dalk net genoeg wees om mekaar geselskap te hou.
Honde by dosyne (amper)
Ja, nog ’n Vanderbijlpark-kollega, Alma Joubert van Finansies en Fasiliteite, en haar man André deel hulle huis met nie minder nie as 10 “dierbare vierbeenkinders”.
Alma stem heeltemal saam dat die ekstra aandag tydens die inperking hulle hul sterte in waardering laat swaai. “Wanneer André soggens 06:00 werk toe vertrek, kry die honde wat nie deur die nag ’n kolletjie op die bed kon kry nie hulle kans om saam met my nog ’n slapie in te kry,” sê sy.
Wanneer die wekker om 7:15 afgaan, is dit tyd vir ’n koppie vars decaf-koffie – vir almal. Moenie ’n fout maak nie: niemand kan die dag sonder koffie aanpak nie!”
Alma en die trop kies dan koers na haar tuiskantoor. Dit wil sê, almal behalwe Heidi die labrador, wat tot so 10:00 lê en slaap.
In die kantoor het elkeen sy eie plek, met Cheeky op Alma se skoot, Gizmo op die stoel langs haar en Chopper by haar voete onder die lessenaar. Die res krul hulself in hul mandjies op.
En wat is ’n Zoom-vergadering nou sonder ’n bietjie opgewonde blaffery in die agtergrond? Tydens hierdie vergaderings sit Cheeky regop op Alma se skoot en staar na die kamera. “Geen wonder dat prof Lloyd Conley nou amptelik vir Cheeky welkom heet as ons saam Zoom-vergaderings bywoon nie!” sê Alma.
1
2
3
4
Die (s)kattebol wat deur ’n dak geval het
Rusty is prof Dané Coetzee se getroue “kollega”.
Dané sê Rusty is werklik ’n vertroosting tydens die inperking.
<
>
“Ek weet, hy’s dierbaar, nè?” sê prof Dané Coetzee van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap op die Potchefstroomkampus. Hierdie skattebol is Rusty, haar troue bondgenoot tydens die staat van inperking.
“Rusty was nog niks anders as ’n vreugde nie. Hy deel my studeerkamer met my en is selde ver van my af weg.”
Vriende het haar aanvanklik gevra om na hom om te sien nadat hy letterlik deur hulle dak geval het, maar soos die tyd aangestap het, het hulle gevra of sy hom wil hou.
Sy was eers huiwerig omdat haar vorige kat nie lank gelede nie tragies dood is en sy nie seker was of sy gereed is vir nog ’n troeteldier nie. Maar sy het voor sy dierbaarheid geswig. “Kyk net na daardie gevreetjie, hoe kon ek nee sê?”
Sy is oortuig dat sy die regte besluit geneem het. “Wanneer ek soms ’n bietjie ‘af’ voel, vertroos sy teenwoordigheid my. Ek kyk net na hom, dan is my glimlag terug.”
Rolo is sy drafmaat
Nee, Rolo is nie ’n potplant nie – hy is Bophelo se drafmaat.
Rolo kan nie wag om saam met Bophelo te gaan draf nie.
Student Bophelo Seleke het sy hond geleer om soggens saam met hom te gaan draf.
Aangesien Bophelo Seleke, finalejaar-LLB-student op die Mahikengkampus, nou van die huis af werk en studeer, spandeer hy baie tyd saam met Rolo, sy nege maande oue labrador-chow-kruising.
“Ek het ontdek dat om my blyplek met Rolo te deel, ’n baie goeie manier is om oefening te kry,” sê hy.
Dit is vir hom baie belangrik om fiks te bly. “Oefening lei tot gewigsverlies, verbeter jou gemoed, en lei tot ’n algehele positiewe uitkyk, wat iets is wat ons almal nodig het namate ons ons pad deur die pandemie moet baan.”
Bophelo, wat nie meer die gim kan besoek nie, het vir Rolo geleer om in die oggend saam met hom te gaan draf. “Soos wat elke hardloper weet, raak dit soms alleen om net jou eie voetval te hoor, dus is ek baie bly om vir Rolo as my drafmaat te hê.”
Bertie is die leier van die trop
ʼn Paar van Bertie Jacobs se trop willegoed ding mee om sy aandag.
Bertie sê Goebs is die rustigste van sy dieremaats.
Willegoed. Dit is hoe Bertie Jacobs van Korporatiewe Verhoudinge en Bemarking sy trop honde beskryf.
“Onthou julle daardie beroemde aanhaling van die fisikus Robert Oppenheimer? Toe hy in 1945 die ontploffing gesien het van ’n kernwapen wat hy as deel van die Manhattan-projek help ontwikkel het, het hy ’n stukkie Hindoe-skrif aangehaal en gesê, “Nou het ek Die Dood geword, die vernietiger van wêrelde”.
“Dit is hoe ek Bloekom, Kongo, Ragel en – ja, sowaar – die sewe ander hondjies wat ek tydens die staat van inperking moes grootmaak, beskryf. Jip, Bloekom het geboorte gegee aan sewe van Kongo se nasate – ’n uitdaging om die minste te sê.”
Bertie sê die volwasse honde is op hulle beste ’n handvol. “Hulle blaf vir almal wat verbykom, hulle vernietig alles wat hulle sien, maar hulle is ook ’n welkome afleiding … wel, soms. Toe ek onlangs met ons uitvoerende direkteur, Clement Manoko, gepraat het, het ek vir hom gesê ek dis tyd dat ek terugkom by die werk om van my honde af weg te kom. My kat, Goebs, is egter ’n absolute vreugde,” voeg hy by.
“In alle eerlikheid, wanneer alles na normaal terugkeer, gaan ek hulle beslis mis … net nie in die laatmiddag wanneer drawwers en hondestappers by my huis verbykom en ’n kakofonie van ’n geblaf losbars nie.”
Versorg ’n hele kolonie katte
Hierdie katte is deel van die katteprogram op die Mahikengkampus.

Dit is hoe die splinternuwe kosgee-eenhede lyk.
Dr Madeleen Struwig is die primêre versorger van die katte wat die Mahikengkampus hul tuiste noem.
Nie alle viervoetvriende is gelukkig genoeg om tydens die inperking deel van ʼn mense-gesin te wees nie. Gelukkig het die amper 100 katte wat deel is van die katteprogram op die Mahikengkampus ’n engel genaamd dr Madeleen Struwig, wat hulle primêre versorger is.
Madeleen, wat van Biologiese Wetenskappe is, sê sy moes tydens die inperking ekstra kos vir die katte koop omdat hulle nie die gewone oorskietkos kon kry wat deur die studente agtergelaat word nie, aangesien die meerderheid studente nie nou op die kampus is nie.
Sy is bekommerd dat die koue winter dit nóg moeiliker vir die katte maak. “Ek is besig om klein skuilings op die kampus op te rig waar hulle ’n bietjie teen die koue kan skuil,” sê sy.
Om na hierdie kolonie katte om te sien, is ’n tydrowende taak. “Die water- en kosbakke by die verskillende kosgeeplekke moet skoongemaak word, die komberse in die skuilings moet gewas word, en iemand moet die kos koop en dit uitdeel.”
Madeleen is baie dankbaar vir die hulp van Beskermingsdienste. “Die sekuriteitsbeamptes by ses van die koshuise help om die kos- en waterbakke by daardie kosgeeplekke vol te maak en dit bespaar vir my baie tyd.”
Sy sê die adjunk-visekanselier, prof Marilyn Setlalentoa, het fondse beskikbaar gestel om die katte te steriliseer om so die bevolking te stabiliseer. “Dit sal begin sodra die dierekliniek weer teen sy volle personeelkapasiteit begin werk.” Mense wat by die program betrokke wil raak of katkos wil skenk, kan vir Madeleen ’n e-pos stuur.
Klik op elke voetspoor om ons ander kollegas se viervoetvriende te ontmoet.