As jy nie wil hê dat jou werks-, akademiese of studenteloopbaan in rook opgaan nie, moet jy seker maak jy weet wat die NWU se standpunt oor die gebruik en besit van dagga is.

by die NWU is taboe

DAGGA

 

Adv Thabo Pheto is ’n personeellid van Regsdienste.

 

 

 

Des Ayob, direkteur van Beskermingsdienste, sê personeel en studente mag nie dagga gebruik, koop, verkoop of versprei terwyl hulle op ’n NWU-kampus is, of op ’n plek wat deur die universiteit beheer word nie, aangesien dit openbare ruimtes is.

 

Lesley Barends van Fasiliteite is een van die personeellede wat betrokke was by die opstel van die NWU se standpunt oor dagga.

 

 

Verlede jaar se uitspraak in die Konstitusionele Hof oor dagga kon vir party mense geklink het soos ’n vrypas tot alle dinge wat met dagga gepaardgaan, maar dit is nie die geval nie.

 

Volgens hierdie uitspraak* mag persone oor die ouderdom van 18 jaar dagga vir persoonlike gebruik kweek, besit en in privaatheid gebruik. Die handel in dagga is egter steeds onwettig, en die polisie het onlangs ’n streng waarskuwing deur die media uitgereik dat hulle sal optree teen diegene wat hulself daaraan skuldig maak.

 

Privaat teenoor in die openbaar

 

Des Ayob, direkteur van Beskermingsdienste, sê om te verstaan wat die implikasies van hierdie uitspraak vir die universiteit is, moet mens onthou dat die NWU se drie kampusse openbare ruimtes is. “Net soos die uitspraak die rook van dagga in die openbaar, of die koop, verkoop of verhandeling daarvan verbied, so geld dieselfde verbod vir al ons kampusse.

 

“Geen personeellid of student mag dagga gebruik, koop, verkoop of versprei terwyl hulle op ’n NWU-kampus of universiteitsbeheerde perseel, of selfs by ’n universiteitsverwante funksie of aktiwiteit is nie,” sê Des. “Dit sluit plekke in waar personeel en studente gesien of geïdentifiseer kan word as deel van die NWU.”

 

Leslie Barends, een van die personeel wat instrumenteel is in die opstelling van die NWU se standpunt oor dagga, sê dit geld ook vir universiteitskoshuise.

 

Dit help nie om onkunde te pleit nie

 

“Dit is die plig van elke personeellid en student om seker te maak dat hulle al die reëls en regulasies van die universiteit ken. Dit is waarom niemand onkunde as ’n verskoning kan aanvoer nie,” sê adv Thabo Pheto van die Regsdienste-departement.

 

Des sê as daar nie aan die beleid gehoor gegee word nie, kan personeel en studente van wangedrag aangekla word. “Sulke studente sal ooreenkomstig die universiteit se dissiplinêre reëls vir studente hanteer word, terwyl daar teen personeel ooreenkomstig die universiteit se gedragsbeleid opgetree sal word.”

 

Dit beteken dat enigeen wat ’n voorliefde vir dagga het twee keer moet dink voordat hulle by die NWU ’n dampie maak.

 

Maar wat van ander vorms van rook, soos dié van sigarette, elektroniese sigarette en hubbly bubbly, wat nie onwettig is nie?  Des sê dit is belangrik om te let op die NWU se beleid wat rook binne 10 meter vanaf enige gebou verbied, en rook net in afgebakende gebiede toelaat.

 

Klik hier vir meer inligting oor die NWU se beleid oor rook.

 

*Die parlement het ’n 24-maande-geleentheid om grondwetlike tekortkominge te korrigeer in die wetgewing wat aspekte van die kweek en verbruik van dagga kriminaliseer.