>

LEES MEER

>

inspireer met pret-aktiwiteite

Indaba

Die jaarlikse Indaba het 2017 op ’n hoë noot geëindig met prettige aktiwiteite, inspirasie en motivering.

Die Kwaliteitsbevorderingskantoor het in Desember hul sewende geslaagde Indaba by die Fakulteit Ingenieurswese in Potchefstroom aangebied.

 

Dit sal as ’n unieke Indaba onthou word, aangesien dit aan personeel die geleentheid gegee het om na kundige motiveringsprekers te luister, en ook binne en buite die lesingsaal aan pret-aktiwiteite deel te neem.

 

Indaba verleen supersteun

 

Personeel het aan die lippe van hul kollegas, GP van Rheede van Oudtshoorn van Bemarking en Studentewerwing en Corneels Schabort van die Fakulteit Ingenieurswese, gehang.

 

Albei het sessies gelei wat aanbiedings ingesluit het soos “A dream for support”, “What’s in a name?” en “Exceeding expectations”. ʼn Interessante sessie wat ’n mens aan die dink gesit het, het aan personeel gewys wat jy in spesifieke situasies uit die gedrag van diere kan leer.

 

“Die grootste uitdaging is om te glo jy het die vermoë om struikelblokke te oorkom. Onthou, jy het ’n rol om te speel en jy kan verwagtinge oorskry,” sê GP.

 

Wat lê in die naam?

 

Vir talle deelnemers was ’n hoogtepunt van die Indaba om uit te vind wat hul individuele name beteken en hoe dit hul identiteit weerspieël.

 

Corneels het beklemtoon dat elke naam betekenis inhou. Die betekenis van elke persoon se naam is op ’n stukkie papier op die agterkant van elke afgevaardigde se naamkaartjie geskryf. Kollegas het treffende verhale gedeel oor hulle lewens en hoe die betekenis van hul name op hul lewens betrekking het. Die boodskap was baie duidelik: elke persoon is uniek en hier vir ’n rede.

 

Meer as 130 personeellede het die Indaba bygewoon. Johanna Müller, kwaliteitsbestuurder vir steundienste, sê die reaksie wat hulle ná die Indaba van personeel gekry het, was oorweldigend. “Hulle het almal gesê dit was ’n wonderlike geleentheid wat hulle positief en gemotiveerd laat voel het.”