>

>

Hierdie personeellede stap beslis die tweede myl

Die NWU het toegewyde personeel wat uit gewoonte meer as hul normale pligte nakom. In die gereelde “tweede myl”-reeks van Eish! gee ons erkenning aan kollegas wat meer doen as wat van hulle verwag word.

BEWEEG OOR DIE FOTO'S VIR MEER INLIGTING

 

Cobus Olivier, dosent by die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, sê Suzan Laubscher, e-Leer-ontwerper, en Robyn Bunt, eFundi en e-tegnologie-assistent, verdien lof vir hul harde werk.

 

“Hulle is albei altyd vriendelik en gereed om te help.” Hy sê dat Robyn met die eFundi-beplanning help en bereid is om take te verrig wat nie deel van haar pligte is nie. “Selfs al is dit nie haar verantwoordelikheid nie, help sy met die kodering van dokumente vir eFundi.”

 

Cobus sê Suzan, wie se kantoor op die boonste vloer van die biblioteek is, huiwer nie om tot op die grondvloer te loop om by die eOBS-studio te help nie. “Sy gaan haal altyd materiaal of verleen hulp as iemand dit nodig het. ”

 

 

 

 

Jenna Wilson van Akademiese Administrasie op die NWU se kampus in Vanderbijlpark sê Amanda Smith van Hoërgrade Administrasie is altyd positief en motiveer die personeel om hul beste te lewer.

 

“Sy maak altyd tyd om raad te gee en oplossings te kry. Ek beskou haar as ’n rolmodel en het bewondering vir die manier waarop sy take met ’n positiewe ingesteldheid en deernis voltooi. Sy stap die tweede myl deur studente in krisissituasies te help sonder om haar vriendelikheid prys te gee. Sy is ’n juweel.”

 

 

 

Louise Gertenbach, administratiewe bestuurder by die Fakulteit Ingenieurswese op die NWU se kampus in Potchefstroom, sê Suzanne Pretorius, senior administratiewe assistent by Beskermingsdienste, is altyd vriendelik, selfs as die kantoor baie besig is en moeilike kliënte oor parkeerboetes kla.

 

“Sy probeer ook altyd haar bes om vir almal hul parkeerkwessies uit te sorteer.”

 

 

 

 

 

 

Kgomotsego Samuel, dosent aan die Fakulteit Opvoedkunde op die NWU se kampus in Mahikeng, sê prof Washington Dudu, dosent in onderwys vir fisiese wetenskappe, is ’n mentor vir almal in die nuwe wetenskap-, wiskunde- en tegnologie-kluster.

 

“As klusterleier is hy toeganklik en geduldig met studente sowel as met personeel. Hy neem deel aan uitreikprogramme soos om matriekleerders te help om hulle punte in fisiese wetenskappe te verbeter. Hy is ook altyd gewillig om vakadviseurs en onderwysers te help, en staan hulle by en lei hulle op om die toerusting vir eksperimente te gebruik.”

 

Kgomotsego sê Washington is ’n bate vir die fakulteit. “Hy is ook ’n aktiewe lid van ’n openbare lesingkomitee en gee studieleiding aan meestersgraad- en doktorale studente.”

 

 

As jy graag ’n kollega wil benoem wat altyd die tweede myl saamstap, stuur asseblief ’n e-pos aan willie.duplessis@nwu.ac.za. Onthou om jou postitel en die naam van jou departement of skool aan te dui,
asook dié van die persoon wat jy benoem. Gee ook redes waarom jy dink dat die persoon die tweede myl stap.