(Optional) This text will appear in the inbox preview, but not the email body.
alt_text
Om jou op hoogte te bring met sleutelaspekte wat tydens die Raad se vergadering
op 26 September 2019 bespreek en besluit is.
NWU sê vaarwel aan sy kanselier, sy majesteit Kgosi Leruo Molotlegi

Die NWU het tydens 'n spoggeleentheid op Woensdag 25 September 2019 hulde gebring aan sy uittredende kanselier, sy majesteit Kgosi Leruo Molotlegi, koning van die Koninklike Bafokeng-nasie.

Kgosi Molotlegi is in Junie 2009 deur die Raad as die tweede kanselier van die NWU aangestel. Sy aanstelling is in 2014 vir 'n tweede termyn van vyf jaar verleng. Die universiteit het 'n vaarwel- en waarderingsete by die Emerald Hotel in Vanderbijlpark gehou om erkenning te gee aan die betrokkenheid, leiding en steun wat Kgosi Molotlegi tydens sy termyn van 10 jaar aan die instelling gegee het.

Sedert sy inhuldiging as kanselier in 2009 het sy verhouding met die NWU ontwikkel van dié van 'n seremoniële ampsdraer – wat hoofsaaklik gradeplegtighede en die verteenwoordiging van die NWU by eksterne gehore hanteer het – tot die ondersoek en bekendstelling van samewerkende projekte ter bevordering van die belange van die universiteit.

Tydens die vergadering van Julie 2019 het die Raad dr Anna Mokgokong as die derde kanselier van die universiteit aangestel. Sy sal op 20 November 2019 ingehuldig word, en meer inligting sal binnekort gekommunikeer word.
Nuwe struktuur en rapporteringslyn van die Taaldirektoraat

Die Raad het die taalbeleid in 2018 goedgekeur. Die universiteit se Taaldirektoraat speel 'n uiters belangrike rol om te verseker dat die taalbeleid doeltreffend en effektief geïmplementeer word.

In die lig hiervan het die Raad die aktiwiteite van die Taaldirektoraat oorweeg, wat tans onder die kantoor van die registrateur val.

Dit het duidelik geword dat die oorgrote meerderheid aktiwiteite wat deur die direktoraat uitgevoer word, die universiteit se onderrig-leerprogram ondersteun.

Die Raad het gevolglik die aanbeveling goedgekeur om die Taaldirektoraat uit die kantoor van die registrateur na die kantoor van die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer te verskuif.

Hierdie skuif sal na verwagting die doeltreffende implementering en bestuur van die taalbeleid moontlik maak, veral in die onderrig-leeromgewing.
Opdrag van die MRK

Die Raad het die hersiene opdrag van die Menseregtekomitee (MRK) van die NWU goedgekeur.

Die MRK is 'n vaste komitee wat ingevolge die universiteit se menseregtebeleid gestig is om die universiteit te help om tersaaklike prosesse, prosedures en strukture te vestig wat daarop gemik is om die fundamentele regte en waardes soos vervat in die Handves van Regte in die Grondwet van Suid-Afrika te respekteer, na te streef en te handhaaf.

Verantwoordelikhede van die MRK




Personeel en studente word aangemoedig om menseregteverwante voorvalle by humanrrights@nwu.ac.za aan te meld.
Midjaar-prestasieoorsig

Die Raad het kennis geneem van die vordering wat ten opsigte van die implementering van die Jaarlikse Prestasieplan gemaak is.

Die Raad was tevrede met die algehele prestasie van die universiteit en die vordering wat met die bereiking van gestelde doelwitte gemaak is.

Die Raad het ook sy dank en waardering uitgespreek teenoor die bestuur en personeel van die universiteit vir die suksesse en prestasies tot op hede.
Beleide en reëls

Die volgende beleide en reëls is goedgekeur en sal binnekort hier beskikbaar wees:
  • Beleid en reëls vir die Toekenning van die Kanseliersmedalje

  • Beleid en reëls vir die Toekenning van Eredoktorsgrade

  • Beleid en reëls vir Erebenoemings

  • Beleid oor Studentedissipline

  • Beleid oor Beroepsgesondheid en Veiligheid
Implementering van die 10 beginsels van voorkeurverkryging

Tydens sy vergadering op 18 Maart 2019 het die Raad 10 beginsels goedgekeur om die universiteit se verkryging van dienste van besighede in swart besit en ondersteuning van plaaslike ekonomiese ontwikkeling te verbeter. Die Raad het kennis geneem van die beoogde implementering van elke beginsel en vordering wat tot op hede gemaak is.

Die 10 beginsels is:
  • Die insluiting van die Konstruksiebedryfontwikkelingsraad-graderingstelsel (KBOR-graderinstelsel) in die tenderproses vir boukonstruksietenders
  • Die insluiting van maatskappy-aandeelsertifikate soos deur die KMIE gevalideer by die tenderproses
  • Gebruik van die regering se sentrale verskafferdatabasis (SVD) in die verkrygingsproses
  • Validering van die BSEB-sertifikaat van die diensverskaffer wat aanbeveel word tydens die finale stappe van die verkrygingsproses (met ander woorde wanneer die topdrie tot vyf tenders geëvalueer word)
  • Die bevestiging dat NWU-verkrygingsadvertensies wyd geplaas moet word om te verseker dat advertensies wyd ontvang word, en die insluiting van advertensies op die Purchasing Consortium (PURCO) se webwerf
  • Die insluiting van persentasies oor swart besit by verslae van die tenderkomitee
  • Die stel van 'n teiken van 50% tot 60% van totale verkrygingbesteding vir voorkeurverkryging (swart besit), maar met geen toegewings oor prys en gehalte nie
  • 'n Verskaffer- en ondernemingsontwikkelingsbesteding van R10,8 m per jaar om verskaffers en eienaars van ondernemings in swart besit op te lei en te ontwikkel
  • 'n Paneel van professionele konsultante vir konstruksieprojekte moet gekies en dan per projek aangestel word
  • 30% van verkryging moet toegewys word aan klein plaaslike verskaffers wat geleë is in die stad/dorp waar die betrokke kampus is
Hierdie beginsels sal ingesluit word by die opstel van die verkrygingsbeleid en reƫls wat na verwagting tydens die November-vergadering voor die Raad sal dien.
Kultuuropname onder NWU-personeel en studente

Die Raad is ingelig oor die kultuuropnameprojek onder personeel en studente en het kennis geneem van verskillende drukpunte wat die potensiaal het om personeel en studente negatief te beïnvloed. Die raad het sy kommer uitgespreek en die bestuur versoek om dringend 'n aksieplan saam te stel, met die implementering daarvan te begin en die Raad gereeld op hoogte te hou.

Die doelwitte van die kultuuropnameprojek onder personeel en studente is:
  • Om die heersende NWU-kultuur en die ankers van gemelde kultuur en verwante subkulture vir personeel sowel as studente akkuraat te bepaal en haarfyn te verstaan.
  • Om diep gesprekke oor die wenslikheid en niewenslikheid van spesifieke elemente van die kultuur en subkulture vir personeel sowel as studente te fasiliteer.
  • Om die hoëvlakkartering van die wenslike/voorkeur- NWU-kultuur vir personeel en studente op grond van die NWU-waardes en die strategiese voorneme te fasiliteer.
  • Om die niewenslikheid van spesifieke elemente van die kultuur te weerspieël en dit uit die NWU se stelsels, prosesse, praktyke en gedrag te verwyder en werknemer- en studentedeelname te fasiliteer, waaronder begrip van die niewenslikheid van hierdie norme en praktyke.
  • Om die NWU te help om deur verskillende vorms/aansporingsmaatreëls, beleide en praktyke die wenslike dimensies van die kultuur te ontwikkel, in te bed, te ondersteun/verbeter en te institusionaliseer.
As deel van die pad vorentoe sal die tweede fase nou geïmplementeer word om te bepaal wat die NWU-manier moet wees. Inligting wat tydens hierdie fase ingesamel word, sal die basis vir wyer konsultasie vorm. Die omvattende oorsig van die bestaande kulturele verslag kan verkry word by http://services.nwu.ac.za/af/nwuway/die-manier.
Die volgende Raadsvergadering vind op 21 November 2019 op die kampus in Potchefstroom plaas.

Kontak Amanda van der Merwe vir meer inligting.