(Optional) This text will appear in the inbox preview, but not the email body.
 |
Om jou op hoogte te bring met sleutelaspekte wat tydens die Raad se vergadering op 20 Junie 2019 bespreek en besluit is.
|
|
|
 |
Aanstelling van 'n nuwe NWU-kanselier Die tweede ampstermyn van Kgosi Leruo Molotlegi as die kanselier van die NWU verstryk op 26 September 2019. Nominasies vir 'n nuwe kanselier het in November 2018 geopen, en die Raad het tydens hul vergadering op 20 Junie 2019 goedkeuring verleen vir die aanstelling van dr Anna Theresa Masamo Mokgokong as die nuwe kanselier van die NWU.
Dr Mokgokong is 'n ware maatskaplike aktivis en sakeleier in korporatiewe Suid-Afrika. Sy het 'n reusebydrae gelewer ten opsigte van die transformasie van die maatskappye waar sy in verskeie hoedanighede betrokke is, insluitende as 'n direkteur en raadsvoorsitter. Benewens haar rol as uitvoerende voorsitter van Community Investment Holdings (Pty) Ltd (CIH), is dr Mokgokong 'n senior direkteur van vyf JSE-genoteerde maatskappye. Sy is die voorsitter van drie van hierdie maatskappye.
Sy het 'n BSc aan die Universiteit van Botswana behaal sowel as 'n MBChB aan die Mediese Universiteit van Suid-Afrika. Sy is die eerste vrou wat 'n eredoktorsgraad in handel van UNISA ontvang het. Sy is 'n suksesvolle sakeleier en stigtersvoorsitter van CIH en beskryf haarself as 'n "reeks-entrepreneur" weens haar passie en belangstelling in besigheid.
Dit is vir ons 'n groot eer om dr Mokgokong in die NWU-familie te verwelkom. Ons sien daarna uit om te put uit haar kennis, ervaring, kundigheid en internasionale persoonlike netwerk, as deel van ons strewe om 'n internasionaal erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir sy wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en sorgsaamheidsetiek.
Besonderhede oor dr Mokgokong se inhuldiging sal mettertyd gekommunikeer word. |
|
 |
Aanstelling van Uitvoerende Direkteur: Studentelewe Die Raad het die aanstelling goedgekeur van dr Sibusiso Chalufu as die Uitvoerende Direkteur: Studentelewe vir 'n vyfjaartermyn, met ingang van 1 Augustus 2019. Die Raad het ook sy waardering uitgespreek teenoor prof Ilyayambwa Mwanawina wat sedert 1 Januarie 2019 in hierdie pos waarneem.
Dr Chalufu was tot nou toe die studentedekaan en waarnemende uitvoerende direkteur vir studentesake en streeksdienste by UNISA. Hy het 'n PhD in onderwysbestuur van die Universiteit van Pretoria (UP), 'n MEd van die Universiteit van New York, VSA, en 'n BPaed en HonsBEd van die voormalige Universiteit van Durban-Westville (UDW).
Sy vorige beroepe sluit in lektor en waarnemende departementshoof aan die UDW, en lektor, hoof van Zinnia-koshuis en afdelingshoof vir studenteontwikkeling aan die UP. Dr Chalufu was ook die departementshoof van studentesake en waarnemende studentedekaan aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, en die uitvoerende direkteur vir studentedienste aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.
Dr Chalufu is 'n gesoute opleidingsfasiliteerder wat al verskeie artikels in nasionale en internasionale joernale gepubliseer het, en as studieleier het hy al verskeie meestersgraadstudente afgelewer. Hy het al referate gelewer en as hoofspreker opgetree by verskeie nasionale en internasionale konferensies, seminare en werkswinkels, en is lid van 'n aantal rade en beroepsverenigings. |
|
|
|
 |
Hernoeming van Mafikeng- en Vaaldriehoekkampus
Die Raad het goedkeuring verleen dat daar begin kan word met die proses om paragraaf 3(2) van die NWU-statuut te verander wat handel oor die definisie van die NWU-kampusse.
Die voorgestelde wysiging is dat die Mafikengkampus voortaan bekend sal staan as die Mahikengkampus, en die Vaaldriehoekkampus as die Vanderbijlparkkampus.
Die versoek sal geprosesseer word ingevolge die vereistes van die Ministerie van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie.
Die hernoeming sal eers van krag word sodra die versoek toegestaan is en die gewysigde Statuut in die Staatskoerant afgekondig is. NWU-belanghebbers sal in kennis gestel word sodra die uitkoms van die proses ontvang word. |
|
 |
Beleide en reëls
Die volgende beleide en reëls is goedgekeur en sal binnekort hier beskikbaar wees:
- Werknemerverhoudingebeleid
- Indiensnemingsgelykheidsbeleid
- MIV- en Vigs-beleid
- Leer- en Ontwikkelingsbeleid vir Personeel
- Werknemerwelstandsbeleid
- Personeelassesseringsbeleid
- Vergoedingsbeleid
- Werwings- en Keuringsbeleid
- Prestasiebestuursbeleid
- Beleid oor Organisatoriese Ontwikkeling
- Beleid oor Nie-standaardaanstellings
- Beleid oor die Voorkoming en Bekamping van Mensehandel
Die Raad het verdere wysigings aan die Beleid oor Seksuele Teistering aangevra. Sodra hierdie wysigings goedgekeur is op die Raadsvergadering in September sal hierdie beleid ook in werking tree.
|
|
 |
2018 finansiële state
Die Raad het die 2018 finansiële state goedgekeur en die NWU-bestuur en departement Finansies geloof vir die ongekwalifiseerde verslag.
Ondanks die vele uitdagings binne die hoëronderwyssektor het die universiteit se finansiële situasie verbeter en gestabiliseer. Die totale inkomste van die universiteit het in 2018 met 16,9% tot R4 901,5 miljoen toegeneem (2017: R4 193,5 miljoen) en is 27,7% hoër as in 2016 (R3 838,0 miljoen). Totale uitgawe van R4 090,7 miljoen (uitgesonderd die effek van IAS19-waardasies) het met 10,9% toegeneem vir die 2018 finansiële jaar (2017: R3 690,4 miljoen) en met 14,9% sedert 2016 (R3 560,8 miljoen). |
|
|
|
Beroepshigiëne en Gesondheidsnavorsingsinisiatief (BHGNI) opgegradeer tot fokusarea
Die BHGNI is in 2015 as 'n nisarea tot stand gebring. Hoewel die entiteit steeds jonk is, publiseer dit in relevante en goeie-impak-joernale. Weens die feit dat die entiteit se teenwoordigheid in die gemeenskap, nasionale relevansie en gesamentlike internasionale en nasionale teenwoordigheid kenmerkend is van langtermynlewensvatbaarheid het die Raad ingestem dat die nisentiteit van BHGNI opgegradeer word tot 'n fokusarea.
|
|
|
2020-raamwerk vir die akademiese jaarboek
Die Raad het die raamwerk goedgekeur vir die 2020 akademiese jaarboek. Die akademiese program vir die onderskeie semesters sal soos volg wees:
Semester 1 klasse begin: 3 Februarie
Semester 1 eerste eksamengeleentheid begin: 27 Mei
Semester 1 tweede eksamengeleentheid: 29 Junie tot 10 Julie
Semester 2 klasse begin: 13 Julie
Semester 2 eerste eksamengeleentheid: 26 Oktober tot 18 November
Semester 2 tweede eksamengeleentheid: 25 November tot 8 Desember
|
|
|
2018 Geïntegreerde Verslag
Die Raad het die 2018 Geïntegreerde Verslag goedgekeur en het die bestuur oor veral die volgende aspekte geloof:
Studente per kwalifikasietipe:
Voorgraadse diplomas/sertifikate: |
13 421 |
Baccalaureusgrade: |
35 400 |
Gevorderde diplomas: |
868 |
Nagraads tot M-graad: |
6 543 |
Meestersgraad: |
3 702 |
Doktorsgraad: |
1 625 |
Totaal: |
61 212 |
Grade toegeken:
Voorgraadse diplomas/sertifikate: |
3 477 |
Baccalaureusgrade: |
6 810 |
Gevorderde diplomas: |
206 |
Nagraads tot M-graad: |
3 856 |
Meestersgrade: |
752 |
Doktorsgrade: |
248 |
Totaal: |
15 350 |
Die verspreiding van bogenoemde graduandi oor die verskillende dissiplines is soos volg:
Besigheid en bestuur: |
22% |
Onderwys: |
42% |
Alle ander geestes- en sosiale wetenskappe: |
18% |
Wetenskap, ingenieurswese en tegnologie: |
18% |
|
|
|
Die volgende Raadsvergadering vind op 19 September 2019 op die kampus in Vanderbijlpark plaas.
Kontak Amanda van der Merwe vir meer inligting. |
|
|