nUUs

Die Byderhand Pionierstories is in die koffiewinkel, Blindiana Barista, beskikbaar vir die gemeenskap om te lees.

Die bekende digter, dr William Rowland, en Joseph Matheatau, die blinde koffiemaker by Blindiana Barista, ontmoet mekaar. ’n Gedig van William, “Die huis waar ek woon”, is in die multisensoriese tuin aangebring, terwyl Joseph se storie “The sound of coffee” nou een van die Pionierstories op die skoolgronde van die Pionierskool is.

 

Karootuinverse is binnekort deel van dié roete

 

Die ontwerp-oplossings en tegnologie wat vir die Byderhand-Pionierskoolprojek gebruik is, word ook gebruik in ʼn ander Byderhandprojek. Dié projek word in samewerking met die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin digby Worcester onderneem.

 

’n Nuwe brailleroete word vir die tuin beplan en die Karootuinverse sal deel wees van dié roete wat binnekort voltooi word. Digters uit die omgewing het die gedigte geskryf. Dit sluit werk deur Diana Ferrus, dr William Rowland, Daniel Hugo en David Kramer in.

 

Byderhand word onderneem binne die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks.

 

Skryfkuns vat hande met siggestremde gemeenskap

Die NWU se vakgroep Skryfkuns het saam met die Pionierskool vir siggestremdes in Worcester ʼn Byderhandprojek aangepak.

Byderhand, ʼn interdissiplinêre kreatiewe en navorsingprojek wat op 30 Augustus 2018 in Worcester bekendgestel is, bied interaktiewe leeservarings waardeur plek en literatuur op 'n nuwe manier ervaar kan word.

 

Die vakgroep het reeds verskeie ander Byderhandprojekte onderneem. “Met die projek by die Pionierskool het ons egter spesifiek navorsing gedoen om te verseker dat die projek toeganklik vir visueelgestremde leerders is,” verduidelik prof Franci Greyling van Skryfkuns in die Skool vir Tale.

 

Tuinverse en Pionierstories bekoor

 

Die projek by die skool behels onder meer gedigte (bekend as Tuinverse) in 'n nuut ontwikkelde multisensoriese tuin en Pionierstories (wat vertellinge en kortverhale is) op die skoolterrein.

 

“Leerders, oudleerders en personeel van die Pionierskool, asook visueelgestremde persone van die Worcestergemeenskap het die Pionierstories geskryf,” sê Franci. Sy voeg by dat die publiek dié stories in die koffiewinkel, Blindiana Barista, by Innovation for the Blind in Worcester kan ervaar.

 

ʼn Kombinasie van media maak die projek toeganklik vir siggestremde sowel as siende persone. Die konkrete en digitale koppelvlakke ("user interfaces”) sluit in braille-instruksies, die gebruik van QR-kodes en ʼn digitale koppelvlak wat spraaktegnologie-sagteware gebruik.

 

Klank maak dit toeganklik

 

Die stories en gedigte is opgeneem en enige gebruiker kan dit via slimfone of tablette ervaar. Dit is hierdie ouditiewe komponent wat die Byderhandprojek so toeganklik maak vir visueel gestremdes.

 

Van die gedigte is ook verwerk in die vorm van vertalings, musiek en tipografiese animasie. Die koppelvlakontwerp is die werk van Gustaf Tempelhoff en vorm deel van sy meestersgraadstudie in grafiese ontwerp. Pionierdrukkery het die brailledrukwerk gedoen.

 

Klik hier vir meer inligting oor die Byderhand-Pionierskoolprojek.

 

 

 

ʼn Fees vir die sintuie

 

Die nuwe multisensoriese tuin in Worcester maak voorsiening vir elke sintuig. Tydens die opening kon besoekers en skrywers al die elemente van die tuin verken.

 

Die Byderhand Tuinverse vorm deel van die tuin. Die gedigte, wat “Botaniesetuinsonnet” deur Hans du Plessis en die kinderversie “Sagtrappad” deur Franci Greyling insluit, is strategies in die multisensoriese tuin geplaas sodat die temas van die gedigte by die plek pas waar dit opgerig is.

 

Braille en grootskrif is gebruik vir die inligtingsbordjies wat die tuinverse en plante aandui. Die klippepad is spesiaal gelê om by die versie “Klippepad” te pas.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Voor die opening van die multisensoriese tuin het die skrywers van die Pionierstories ’n geselligheid by Blindiana Barista bygewoon, waar hulle deur middel van die Byderhandkoppelvlak na hul stories kon luister.

 

Foto's: Rouxné van der Westhuizen en Franci Greyling.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

X

Voorblad

 

Op 18 Augustus 2018 is Taahirah Zungu en Lwazi Jakuja as Mnr en Mej NWU gekroon. Taahirah is ʼn eerstejaarstudent in sportkunde op die kampus in Mahikeng en Lwazi is ʼn derdejaarstudent in die BCom Ekonomie en Risikobestuur Uitgebreide Program op die kampus in Vanderbijlpark.

Chuwayza Kotze is as eerste prinses gekroon en Ruandro Minnaar as eerste prins. Hulle is albei van die kampus in Potchefstroom.

NWU & U