ProfIELE

Vanderbijlparkkampus-alumnus Sabata Xaba het ’n honneursgraad in sielkunde en sosiologie. Hy werk in die onderwyssektor en besit ’n onderneming wat inhoud ontwikkel.

 

Leer om ’n leier te wees

 

Sabata sê sy studies aan die NWU het sy leierskaps- en akademiese vaardighede versterk.

 

Hy beskryf sy jare by die NWU as “sielsgelukkig” en gee krediet aan die universiteit vir hoe goed hy voorberei was toe hy die werkplek betree het.

 

“My tyd by die NWU was ’n ongelooflike ervaring. Ek was geseënd om hoog aangeskrewe dosente te hê en het groot vryheid gehad om te gaan waar my nuuskierigheid my gelei het.

 

“Ek voel ook uiters gelukkig dat ek by ’n universiteit kon studeer wat my in staat gestel het om my leierskapsvaardighede te beoefen. Hierdie vaardighede het baie handig te pas gekom in my werkslewe.”

 

 

Bemagtig leerders om hul doelwitte te bereik

 

Tussen die eise van sy werk deur het Sabata ook daarin geslaag om ’n suksesvolle projek te bedryf wat graad 12’s motiveer om duidelike studieplanne te ontwikkel.

 

“Hierdie projekte het leerders gehelp om bemagtig te voel om hulle leerdoelwitte te bereik,” sê hy.

 

“Ons het praktiese voorbeelde verskaf van hoe die klasse wat hulle geneem het hulle direk in hulle loopbane sal help. Ons het hulle ook gehelp om by tersiêre-onderwysinstellings aansoek te doen, en vir hulle raad gegee oor die keuse van kursusse.”

 

Geloofsprong laat entrepreneur-alumnus sukses behaal

Alumnus Sabata Xaba slaap deesdae nie veel nie, aangesien die vraag na die dienste van sy maatskappy, Siphilangomusa Projects, aan die toeneem is.

Dit is hoofsaaklik die gevolg van die veranderings in onderwystendense wat die Covid-19-pandemie meegebring het. Nie dat hy kla nie, want dit beteken dat sy inhoudontwikkelingsonderneming besig is om te groei.

 

Sabata sê as gevolg van die Covid-19-pandemie was daar ’n noemenswaardige toename in aanlyn leer, en dit het daartoe gelei dat sy onderneming met nuwe stelsels begin het om nuwe opleidingstendense te akkommodeer, byvoorbeeld om onderwysers op te lei oor hoe om aanlyn klas te gee.

 

Sy maatskappy het met twee werknemers as ’n voorsienings- en afleweringsentiteit begin, en het later na inhoudontwikkeling vir provinsiale regeringsdepartemente uitgebrei. Die maatskappy het nou meer as 10 werknemers in diens.

 

“Ons is in vennootskap met Emeritus Training Academy, ‘n aanlyn verskaffer van onderwys, waar ons pasgemaakte leeroplossings vir die Gautengse Departement van Onderwys en die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ontwikkel,” sê Sabata.

 

“Ons verskaf aan hulle oplossings wat goed nagevors is en deur verskillende lande soos Israel, die Oekraïne en Khuzestan belyn en getoets is. Ons het byvoorbeeld ’n metodologie en pedagogie ontwikkel oor hoe om praktisyns in vroeë kinderontwikkeling oor die kognitiewe ontwikkeling van kinders te onderrig.”

 

Klein begin is groot gewin

 

Dinge was nie altyd so rooskleurig vir hierdie getroude 38-jarige pa van drie, wat onder moeilike omstandighede in Sone 3, Sebokeng grootgeword het nie.

 

Sabata, wat ’n honneursgraad in sielkunde en sosiologie aan die NWU verwerf het en ook ’n gegradueerde is van die OR Tambo Academy – ’n politieke skool van die ANC – is deur sy tannie en sy ouma grootgemaak nadat sy ouers uitmekaar is toe hy nog in die laerskool was. Hoewel sy tannie en sy ouma geen formele opvoeding gehad het nie, het hulle groot waarde aan opvoedkundige prestasie geheg.

 

Sabata sê die lewe se probleme het hom gehelp om na iets hoër as hyself te streef, en hy het ’n wedergebore Christen geword toe hy in die hoërskool was.Sy tersiêre studies het by die destydse Vista Universiteit begin, maar hy was op soek na ’n “intellektueelgesinde klimaat”. Sabata het later by die NWU aangesluit, waar hy sy voorgraadse studies voltooi het, en daarna sy honneurs in sielkunde en sosiologie.

 

Hy was baie aktief in die Organisasie vir Christenstudente op die Vanderbijlparkkampus. “Dit het my leierskapsvaardighede geslyp, aangesien ek later by nasionale politiek betrokke geraak het,” sê Sabata.

 

Die begin van sy loopbaan

 

Voordat hy die geloofsprong geneem het en sy eie besigheid begin het, het Sabata vir die Departement van Onderwys gewerk. Hy was daar aan die hoof van twee programme, naamlik lewensvaardighede en MIV en Vigs, waar hy skoolhoofde en leerders oor onderwerpe soos tienerswangerskappe, middelmisbruik en konflikoplossing opgelei het.

 

Hy het toe as projekbestuurder by ’n maatskappy genaamd Eduscimat aangesluit en is later tot die provinsiale hoof daarvan bevorder. Eduscimat spesialiseer in wiskunde- en wetenskaplaboratoriums wat verskillende metodologieë en pedagogie verskaf om wiskunde- en wetenskapuitslae in die land te verbeter.

 

Sebata sê hoewel dit nooit sy plan was om die onderwyssektor te betree nie, geniet hy hierdie verandering.

 

Wanneer hy nie met besigheidsake besig is nie, bestee hy tyd saam met sy drie seuns en sy pragtige vrou, Baby Xaba.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Wat die toekoms vir die onderwys inhou

 

Toe hy oor die toekoms van onderwys gevra is, het Sabata gesê dit is te vroeg om te sê dat baksteenskole binnekort deur e-leer vervang gaan word.

 

Hy voeg by dat die Covid-19-krisis die benadering tot die onderwysstelsels verander het en ’n geweldige skuif na e-leer veroorsaak het.

 

Hy glo die innoverings wat onderwysers tydens die Covid-19-pandemie gebruik, kan ’n blywende verandering meebring, met tegnologie wat in die toekoms ’n groter rol in skole sal speel.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U