Hoe haar loopbaan begin het

 

Michelle het haar akademiese loopbaan begin deur in die aktuariële wetenskappe te studeer, maar sy het gou ’n liefde vir ontwikkelingsekonomie ontwikkel.

 

Sy erken dat haar belangstellingsveld nie sonder uitdagings is nie. Nogtans voel sy dat dit, saam met haar begeerte om meer te weet, haar steeds dryf om nuwe en beter maniere te vind om haar werk te doen.

 

Michelle het ’n MCom in ekonomie van die NWU, en ’n MSc in politieke ontwikkelingsekonomie van die Universiteit van Londen, wat sy voltooi het nadat die Chevening-beurs deur die Verenigde Koninkryk se buitelandse Statebondskantoor aan haar toegeken is.

 

 

Steek kers op by hierdie ekonoom

ROL AF

 

 

 

Michelle Groenewald

se navorsingsbelangstellings

sluit politieke ontwikkelings-

ekonomie, die beoordeling

van ekonomiese metodologie

en die dekolonialisering

van die kurrikulum in.

Ons kan gerus Michelle Groenewald se voorbeeld volg en begin om passievol te raak oor die ekonomie.

Michelle, ’n dosent en navorser in ontwikkelingsekonomie op die kampus in Vanderbijlpark, is al by tye “onnodig passievol” genoem oor haar gekose navorsingsgebied, maar het besluit om daardie titel aktief te aanvaar en dit met trots te dra.

 

Sy het onlangs die konsep van “ekonokrasie” met afgevaardigdes by die NWU Alumni se sakeontbyt in Vanderbijlpark bespreek. eish! het haar gevra wat hierdie konsep beteken.

 

Hoe ekonokrasie gewone mense uitsluit

 

Michelle sê ekonokrasie beskryf ’n samelewing waar ekonomiese groei en bevordering hoofsaaklik deur politiek en ekonomiese beleidmaking gedryf word.

 

Kortom: dit is ’n tegnokratiese proses wat gewone mense uitsluit as dit kom by kwessies rakende die ekonomie.

 

Wat ons daaraan kan doen

 

Michelle sê ons, as lede van die publiek, moet ophou om bang te wees vir ekonomiese sake en moet ’n bewuste poging aanwend om meer oor die ekonomie te leer deur betroubare nuusbronne te raadpleeg.

 

Sy sê dit is ’n wanopvatting dat ekonomiese sake – soos dit op die ekonomiese welstand van die land van toepassing is – slegs vir ekonome en kundiges bedoel is.

 

Ons moet meer maatskaplik verantwoordelik optree wat betref die ekonomie, byvoorbeeld deur te stem, entrepreneurs te ondersteun en plaaslik vervaardigde goedere te koop. Ons kan ook meer by plaaslike sakekamers of soortgelyke liggame betrokke raak.

 

Michelle sê ons swaarverdiende geld behoort vir ons te werk – ons moenie die waarde van hierdie geld net in die hande van politici, beleidmakers en ekonome laat nie.

 

Die nasionale begroting vertel baie verhale

 

Michelle verduidelik dat indien die idee van ekonokrasie sonder meer verduur word, iets soos die nasionale begroting ’n eendimensionele instrument word wat geen impak het nie.

 

Sy glo die begroting het baie verhale om te vertel – en só ook Suid-Afrika – en alle burgers behoort by die ekonomie betrokke te raak. Ons moet ook deeglik wees as ons die gehalte en inhoud van die inligting wat oor die ekonomie beskikbaar is, beoordeel, en dit ten volle benut.

Verstaan die wêreld ’n bietjie beter

 

Michelle sê haar navorsingsfilosofie word gedryf deur ’n vasberadenheid om die wêreld om haar ’n bietjie beter te verstaan.

 

“Hoewel ek nog ’n jong navorser is, probeer ek om my studie van die ekonomie te benader met ’n nederigheid wat ek dink in ons professie ontbreek. Ek dink ons moet meer nougeset kyk na die aannames wat ons maak en bereid wees om meer te waag deur vrae te vra wat werklik saak maak,” sê sy.