>

Soos julle in die Fokus op-artikel in hierdie uitgawe van Eish! kan sien, is dit die voorneme van die NWU om werklike probleme op te los.

 

Met klimaatsverandering wat wêreldwyd en in Suid-Afrika ’n groot bekommernis is, het die universiteit onlangs ’n weerradarnetwerk bekendgestel wat ’n werklike impak op kwessies soos droogtes, kitsvloede en ander weerverwante gebeure sal hê.

 

Die minister van Omgewingsake, dr Edna Molewa, het in Maart vanjaar die NWU se Lekwena-weerradarnetwerk 10 km noordoos van Potchefstroom op die Lekwena-wildplaas bekendgestel.

 

Die doel van die projek is om infrastruktuur te ontwikkel en kapasiteit te bou om die skatting van reënval te verbeter vanaf veelvoudige platforms wat vryelik vir die wetenskaplike gemeenskap toeganklik is.

 

Klik hier om meer te lees oor hierdie radartegnologie wat aan ons land ’n wesenlik verbeterde weerwaarnemingsnetwerk sal verskaf.

 

 

Verbeter netwerk vir weerwaarneming

Dis wie ons is:

Hierdie video verskaf meer inligting oor die weerradarnetwerk.

-BESONDERHEDE

Redaksie:

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie:

Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of

Interne bussie 260

Eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.