>

Ontdek die One Button Studio

Ontdek die One Button Studio

 

In hierdie uitgawe gaan kuier ons by die One Button Studio op die kampus in Vanderbijlpark. Dit is ’n vereenvoudigde, selfdiens- en geoutomatiseerde video-opname-stelsel wat enigeen kan benut sonder om vooraf enige videoproduksie-ervaring te hê.

 

'n Tweede One Button Studio is onlangs op dieselfde kampus geopen om die gebruikersvriendelike, dog baie moderne oudiovisuele toerusting binne bereik van elke student en personeellid te bring. Klik hier om meer hieroor te lees.

 

Kyk na hierdie video om meer te wete te kom oor hierdie twee ateljees wat steeds die enigstes in Afrika is.

 

-besonderhede

Redaksie

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg

Kurrikulumontwerp en Ontwikkeling: Grafiese Dienste

Fotografie

NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie
Nelia Engelbrecht -
Tel 018 299 4937 of
Interne bussie 260

Eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.