beweeg af

Geagte kollegas

 

In die wêreld van digitale kommunikasie kan mens van een ding seker wees, en dis verandering. Tegnologiese deurbrake vind kort-kort plaas en as jy nie wakker bly nie, raak jy agter.

 

Mens moet egter ook nie dinge verander net ter wille van verandering nie; as iets goed werk, moenie daaraan karring nie.

 

In die lig hiervan vra ons net 'n paar sekondes van jou tyd om aan die opname hieronder deel te neem. Ons wil graag weet hoe jy gewoonlik die Eish! lees – op jou rekenaar, tablet of selfoon?

 

Die rede vir die opname is dat ons die Eish! se uitleg moet aanpas om dit versoenbaar met alle digitale toestelle te maak. Met ander woorde, jy moet die Eish! ewe maklik op jou rekenaar, tablet en selfoon kan lees.

 

As die opname egter wys dat die meerderheid van ons lesers steeds verkies om die Eish! op hul rekenaars te lees, is die huidige formaat piekfyn en is verandering dus nodig nie.

 

Dui asseblief jou voorkeur aan deur op die toepaslike knoppie hieronder te klik.

 

MY ANTWOORD

 

Vriendelike groete en lekker lees,

>

>