In die vorige Eish! het ons gevra waar jy die graagste vakansie hou.

 

Eish! stel hierdie jaar 'n splinternuwe kompetisie bekend. Ons vra dat jy, ons leser, vir ons jou beste wenke stuur.

 

Dit kan wenke wees soos hoe om 'n ou skoen te gebruik om 'n grassnyer aan die gang te kry en twee ou skoene om dieselfde grassnyer weer tot stilstand te bring. Ou skoene? Rêrig? Nee, natuurlik nie.

 

Op 'n ernstiger noot: jou wenke moet regtig werk en jy moes hulle al (suksesvol) beproef het. Indien nie, kan dit ernstige fisiese en emosionele skade vir die Eish! se redaksionele span meebring wanneer hulle dit toets en dalk 'n video van die beste een maak.

 

Hoeveel geld is op die spel? Oeps. As gevolg van die nasionale FeesMustFall-veldtog word ons gemeenskaplike rieme dun gesny, so hier is ongelukkig nie 'n beursie vol geld om te wen nie. MAAR: wat ons jou wel kan bied is roem – as jou wenk die blinkste in die bondel is, word jy as WenWenker bekroon.

 

So, as jy dalk so 'n wenwenk in gedagte het, stuur dit aan nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, saam met 'n verduideliking van wanneer en waarom jy hierdie wenk gebruik het. En moet asseblief nie die woorde "ou skoene" en "grassnyer" in dieselfde sin gebruik nie…

NEEM ASSEBLIEF AAN ONS OPNAME HIER ONDER DEEL EN HOU DIE VOLGENDE EISH! DOP VIR DIE UITSLAE.

V:  Waar en wanneer sing jy graag?

>

>

TOPWENKE:

nuwe Eish!-kompetisie

 

 

 

Hier is die resultate:

Die Bosveld  17%

Die see  76%

Tuis 7%