Vol 4 2018

Die NWU se navorsing strek oor kontinente

Dit is vir my aangenaam om die vierde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief oor navorsing en innovasie, Navorsing@NWU, bekend te stel.

Hierdie nuusbrief bevat inligting oor huidige navorsings- en innovasie-inisiatiewe aan die NWU om die hele universiteit en ons belanghebbergemeenskappe op hoogte te hou van die werk wat deurlopend plaasvind.

Ek glo vas dat 'n ingeligte gemeenskap 'n bemagtigde gemeenskap met impak is, daarom fokus ons daarop om verskillende verspreidingsmeganismes vir navorsing en innovasie te benut.

immagine1

As mede-ambassadeurs van navorsing en innovasie aan die NWU wil ons ook die kultuur van leer en deel bevorder.

Hierdie uitgawe bevat inligting oor die merkwaardige navorsing waarby die NWU betrokke is en wat tot kennisproduksie, tegnologiese vordering en – uiteindelik – doelwitte vir volhoubare ontwikkeling bydra. Ons navorsing is nie net van wêreldgehalte nie, maar het ook 'n groot impak op kwessies van plaaslike, streeks- en internasionale belang, soos gesondheid, werkloosheid, handel, landbou en die finansiële sektor.

Vriendelike groete,
Prof Refilwe Phaswana-Mafuya
Adjunk-visekanselier: Navorsing en Innovasie

immagine1

Makliker behandeling op pad vir diabetes en sekere kankers

Stel jouself 'n wêreld voor waar diabete hulself nie meer hoef in te spuit nie en waar radio-farmaseutiese middels teen sekere kankersoorte mondeliks toegedien kan word. Dié is alles beplande uitvloeisels wat navorsing by die NWU se Departement vir Wetenskap en Tegnologie (DWT) / NWU Prekliniese Geneesmiddelontwikkelingsplatform (PKGOP) teweeg kan bring.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Navorsers werk saam om werkloosheid te verstaan

"Geen werk. Geen kos. Help asseblief." Hierdie woorde op saamgeflansde kartonkennisgewings kan op enige gegewe dag op elke straathoek in Suid-Afrika gesien word. Met 'n werkloosheidskoers van 26,7% in die eerste kwartaal van 2018, is dit geen verrassing dat Suid-Afrika een van die 20 lande met die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld is nie. En tog is daar hoop. Die Optentia-navorsingsfokusarea op die NWU se kampus in Vanderbijlpark het met die Katholieke Universiteit Leuven in België saamgewerk om hierdie probleem te verstaan en maniere te kry om tussenbeide te tree.

lees meer

Gesprekke oor uitvoerbesighede by Agbiz Kongres 2018

Met bevolkings in talle dele van die wêreld wat uitbrei en snelle verstedeliking wat lande se hulpbronne onder druk plaas, was die behoefte aan voedsel en voedselsekerheid nog nooit so groot nie. Terwyl dit vir verskeie produsente geweldige geleenthede geskep het, staar beduidende uitdagings ons landbousektor in die gesig. Dit sluit in die onsekerheid oor grondhervorming en die groeiende klimaatsverandering, wat jaarlikse opbrengste en die groeipotensiaal van die sektor beïnvloed. Landbouproduksie moet dus kostedoeltreffend wees en gerig word op belangrike geleenthede, veral in uitvoermarkte, waar mededinging gedy.

lees meer

NWU reken op 'n nuwe metode vir bankwese

Banke wêreldwyd het met OTM-misdade, sekuriteitskendings van stelsels en ander tipes bedrog te make. Hierdie bedryfsrisiko's moet versigtig bestuur word om verliese te beperk, met reguleerders wat vereis dat banke kapitaal opsy moet sit om hulle te beskerm teen onverwagte verliese. Navorsing deur die NWU se Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika het tot 'n nuwe en innoverende model vir banke vir hierdie doel gelei. Dit stel banke in staat om meer akkurate skattings te maak van die kapitaal wat nodig is om hulle teen bedryfsrisikoverliese te beskerm.

lees meer

facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.