Vol 4 2017

NWU neem navorsing na nuwe hoogtes

Welkom by die vierde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.

Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie uitgawe fokus op die impak wat navorsing het op gemeenskapsbetrokkenheid.

Volg hierdie skakel om te hoor wat prof Refilwe Phaswana-Mafuya, die NWU se adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie, sê oor die belangrikheid van navorsing vir gemeenskappe.

immagine1
immagine1

NWU aan die voorpunt van gemeenskapsnavorsing

Gemeenskapsnavorsing ondergaan tans 'n groot klemverskuiwing in Suid-Afrika en die NWU is aan die voorpunt van hierdie veranderings.

Waar daar voorheen meer klem op filantropiese projekte in gemeenskappe gelê is, gebruik gemeenskapsnavorsing nou wetenskaplik-gebaseerde metodes om kritiese uitdagings binne die gemeenskappe aan te pak.

lees meer

AUTHeR: Gemeenskapsgebaseerde navorsing met 'n verskil

Die navorsingsaktiwiteite van die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) op die NWU se kampus in Potchefstroom fokus op biopsigososiale gesondheid, en spesifiek op die voorkoming van siekte, instandhouding en bevordering van gesondheid en die fasilitering van kwaliteitgesondheidstelsels.

AUTHeR ondersteun die Wêreldgesondheidsorganisasie se definisie van gesondheid. Volgens hierdie definisie is optimale gesondheid 'n toestand van volledige fisiese, geestelike en sosiale welstand en nie bloot die afwesigheid van siekte of gebreke nie.

Die transdissiplinêre gesondheidsnavorsingspan het 'n holistiese benadering tot probleme en geleenthede wat eie is aan Afrika en ontwikkelende lande, waar gesondheid deur MIV/vigs en snelle verstedeliking geraak word, en waar die bemagtiging van mense en die ontwikkeling van mensekapitaal 'n hoë prioriteit is.

lees meer

immagine2

Optentia-navorsing begin by die gemeenskap

Die 1990's-idee van "gee sielkunde weg" het in 2017 by Optentia lewe gekry met navorsing wat hier gedoen word met die doel om "wetenskap weg te gee". Vir die Optentia-navorsingsfokusarea is die gemeenskap die beginpunt van enige navorsingsprojek. "By Optentia doen ons navorsing saam met die gemeenskap," sê die direkteur, prof Ian Rothmann.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Beesprojek verbeter produsent-kapasiteit

'n Tien jaar lange vennootskap tussen die NWU, die Nywerheidsontwikkelings-korporasie (NOK) en die Departement van Landbou en Landelike ontwikkeling staan sterk en lewer steeds goeie resultate vir kleinskaalse produsente.

lees meer

Sharpeville 2020: aksienavorsing

Meer as 55 jaar na die Sharpeville-slagting bloei die township steeds, en die jeug ly onder die gevolge daarvan.
So sê prof Danie Meyer, medeprofessor in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurs-wetenskappe aan die NWU se kampus in Vanderbijlpark.

lees meer

Die wetenskap agter afwesige vaders

'n Groot aantal Suid-Afrikaanse kinders leef sonder die teenwoordigheid van 'n vaderfiguur in hulle lewens. Die kwessie van afwesige vaders is al jare lank 'n groot probleem in die land. Dr Fazel Freeks het 'n navorsingstesis gepubliseer wat hierdie krisis ondersoek.

lees meer

NWU bewys dat MASDT-opleidingprojek voordelig is

Vir die afgelope 12 jaar bemagtig Mobile Agri Skills Development and Training (MASDT), 'n maatskappy sonder winsoogmerk, produsente uit geselekteerde landelike gemeenskappe in Limpopo en Mpumalanga.

Hulle wil nou weet hoe doeltreffend die programme was, en wie beter as die NWU om hulle daarmee te help?

MASDT bied aan opkomende produsente praktiese opleiding en omvattende ondersteuning binne die landbousektor.

Talle soortgelyke opleidingsprogramme het egter 'n lae sukseskoers en dus het MASDT die dapper ding gedoen en 'n onafhanklike evaluering aangevra.

lees meer

immagine2

NWU Regskliniek maak blywende impak

Die NWU Regskliniek in Mahikeng word reeds 33 jaar lank bedryf. Dit het begin as 'n klein advieskantoor met die bystand van studente, wat op 'n vrywillige grondslag deelgeneem het.

lees meer

 

TRADE en DSM help Rwanda om uitvoere 'n hupstoot te gee

Rwanda streef daarna om met die hulp van die navorsingsfokusarea Handel en Ontwikkeling (TRADE) by die NWU sy uitvoerbemarkingspotensiaal te bereik.

Met behulp van 'n innoverende benadering genaamd die Decision Support Model (DSM), is Rwanda se uitvoerpotensiaal ten opsigte van die belowendste uitvoerprodukte in besonderhede uiteengesit, en 'n gedetailleerde oorsig word verskaf oor watter markte tans sulke goedere nodig het.

lees meer

immagine1
immagine1

Dit gaan moeilik wees om die NWU se topnavorsers na te doen

Die NWU se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het weer eens boaan die lys gepryk by hierdie jaar se Uitnemendheid in Navorsing-toekennings, wat op 27 Oktober gehou is. Die fakulteit het, net soos verlede jaar, die titels van Produktiefste Senior Navorser en Produktiefste Junior Navorser gewen.

Talle uitmuntende personeellede van ander dissiplines het ook vir uitnemendheid in navorsing, innovasie, gemeenskapsbetrokkenheid en kreatiwiteit erkenning gekry.

lees meer

facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.