Vol 3 2018

NWU neem navorsing na nuwe hoogtes

Welkom by 2018 se derde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsingsnuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie uitgawe fokus op navorsing vir 'n gesonder planeet vir toekomstige generasies.

Volg hierdie skakel om te hoor wat prof Refilwe Phaswana-Mafuya, adjunkvisekanselier vir navorsing en innovasie, sê oor die belangrikheid van navorsing wat ten doel het om die planeet vir nageslag te bewaar.

immagine1
immagine1

Aksiegebaseerde navorsing lei tot positiewe omgewingsverandering

Klimaatsverandering is nie iets wat ver weg, in ander streke en met ander mense gebeur nie – dit is ’n verskynsel wat ’n impak op almal, oral het. Dit is ’n les waaraan graad 7-leerders blootgestel word deur middel van ’n navorsingsprojek waarby navorsers van die NWU se kampus in Vanderbijlpark betrokke is.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

"Groen steenkool": Brandstof vir die toekoms

Steenkool in sy tradisionele vorm kan dalk spoedig iets van die verlede wees, maar baanbrekernavorsing deur die NWU wys hoe heraanpassing van hierdie fossielbrandstof talle veilige, groen moontlikhede inhou. ’n Revolusionêre proses om “groen” steenkool te vervaardig wat die hoeveelheid koolstofdioksiedvrystellings met tot 80% kan verminder, word tans deur die Sentrum van Uitnemendheid in Koolstof-gebaseerde Brandstowwe in ’n loodsstudie getoets.

lees meer

NWU bied belastingantwoorde op koolstofemissies

Studies het getoon dat Suid-Afrika een van die lande in die wêreld is wat die meeste koolstof vrystel. Dr Michelle Barnard, ’n senior lektor van die Fakulteit Regte, het onderneem om dit te probeer verander. Sy het onlangs ’n bekroonde artikel hieroor gepubliseer. Dit het gefokus op kweekhuisgasse, die vermindering van klimaatsverandering in Suid-Afrika, en hoe die land die voorgestelde koolstofbelasting kan aanwend wat later die jaar of in 2019 ingestel sal word.

lees meer

Ondersoek veilige gebruik van plantmedisyne

Simangaliso Lesley Mashego, ’n meestersgraadstudent in Inheemse Kennisstelsels op die kampus in Mahikeng, doen navorsing oor veiligheidsmaatreëls wat ’n landelike Khoisan-gemeenskap gebruik om algemeen-gebruikte medisinale plante in te span as ’n manier om gesondheidsorg in Suid-Afrika te verbeter. Die navorsing het gefokus op 10 algemeen-gebruikte medisinale plante, waarvan vyf deur die deelnemers as “sterk” en “minder veilig” geïdentifiseer is.

lees meer

facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.