Navorsers van regoor die fakulteite by die NWU gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen. Ons stel die werk van twee navorsers bekend - prof Anja Franken en dr Suranie Horn, beide van die Beroepshigiëne- en Gesondheidnavorsingsinisiatief (OHHRI).