Lees die Engelse weergawe September 2023

Baanbrekersnavorsing en innovasie met impak

Welkom by die sesde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

Ingenieurs op koers om plaaslike innovasies na
die Cybathlon in Switserland te neem

immagine1

Zürich 2024, hier kom ons – met ons tegnologies gevorderde kunsbeen en rolstoel.

Met die formidabele span van prof André Grobler en Ian Thomson van die Fakulteit Ingenieurswese en dr Mark Kramer van Gesondheidswetenskappe aan die stuur, berei hierdie innoveerders voor om die vrugte van hulle navorsing en ontwerpe in digitale gesondheid na die internasionale verhoog te neem.

Hulle gaan aan die 2024 Cybathlon-kompetisie in Switserland deelneem.

Hierdie kompetisie, in die vorm van 'n uitmergelende resies, gaan in Oktober volgende jaar in Kloten naby Zürich plaasvind.


 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Ondersoek maatskaplike geregtigheid in arbeidsreg, en hoe dit gemeet kan word

Maatskaplike geregtigheid in arbeidsreg is nie abstrak en ontasbaar nie – dit is wel meetbaar. Om dit te bewys, is prof Paul Smit, 'n navorser in arbeidsverhoudinge, besig om te ondersoek of dit moontlik is om 'n telkaart vir maatskaplike geregtigheid te ontwikkel, soortgelyk aan 'n telkaart vir indiensnemingsgelykheid of vir breë swart ekonomiese bemagtiging. "Wat is maatskaplike geregtigheid en hoe kan dit in arbeidsreg gemeet word?" is sy kernvraag.

 LEES MEER

Verstaan die impak van 'n gesinstruktuur op
straatkinders

'n Onlangse studie wat uitgevoer is deur dr Karabo Mohapanele, 'n PhD-gegradueerde in sosiologie, werp die lig op die noodsaaklike rol van gesinne om kinders se gedrag te beïnvloed en hulle lewens te vorm, en hoe gesinsdinamiek en -struktuur 'n betekenisvolle rol in die voorkoms van straatkinders in Noordwes speel. Dit is hartseer dat straatkinders wêreldwyd 'n sigbare deel van samelewings vorm, en Suid-Afrika is geen uitsondering nie.

 LEES MEER

Gee vorm aan toekomstige middelontwikkeling met etiese benadering

Prof Chrisna Gouws, 'n professor by die Sentrum van Uitnemendheid vir Farmaseutiese Wetenskappe (Pharmacen™), is aan die hoof van 'n beduidende taak op die gebied van farmaseutiese navorsing met betrekking tot die transformasie van middelontwikkeling. Haar werk in toetsmetodes wat geen diere betrek nie, verander die manier waarop geneesmiddels nagevors, getoets en uiteindelik goedgekeur word.


 LEES MEER

bible

Gebruik die reg om geregtigheid en volhoubaarheid te bevorder

Dit is maklik om te sien hoe 'n gebrek aan die behoorlike toepassing van die wet, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, uiteindelik tot anargie kan lei, aangesien daar mense is wat die wet doelbewus wil systap.

Gelukkig is daar mense by die Navorsingseenheid vir Reg, Geregtigheid en Volhoubaarheid wat hard besig is om innoverende oplossings vir ons land se maatskaplike en omgewingsuitdagings te soek.


 LEES MEER

Ontmoet ons navorsers


Die fakulteite by die NWU doen opwindende werk op die navorsingsfront. Ons stel die werk van drie navorsers bekend.

  • Prof Moses Retselisitsoe Phooko van die Fakulteit Regte,
  • Prof Peet van der Merwe, senior lektor en navorser in Toerismebestuur, en
  • Prof Germarié Viljoen, 'n medeprofessor in die Fakulteit Regte.

 SIEN MEER

facebook
youtube
facebook
twitter
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.