Ontmoet ons navorsers: dr Annemarie Wentzel
Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe doen opwindende werk op die navorsingsfront. Ons stel dr Annemarie Wentzel, 'n navorser en senior lektor in neurofisiologie, bekend.
Dr Wentzel is deel van die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART), en is ook aan die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Buitemuurse Eenheid oor Kardiometaboliese Siektes verbonde.
Haar navorsing ondersoek hoe die brein, hart en endokriene stelsel op 'n biochemiese, sellulêre, neurovaskulêre en sistemiese vlak saam werk.
Waarom neurokardiologie en kardiometaboliese stresreaktiwiteit? Wel, omdat ons 'n tyd leef waar daar deurlopend van ons vereis word om by allerhande stressors en uitdagings aan te pas, en dit is belangrik om die fisiologie agter die stresreaksies te verstaan.
Kyk na die video...
|