Desember 2022

NWU lewer uitnemendheid in navorsing

Welkom by die sewende uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.

Navorsers blink uit tydens NWU se Uitnemendheidstoekennings

Die NWU het tydens die universiteit se Uitnemendheidstoekennings vir 2021/2022 sy voorlopers van uitnemendheid – een van die universiteit se kernwaardes – gevier.

Die luisterryke toekenningseremonie het op 24 November by Snowflake in Potchefstroom plaasgevind.

Die NWU het tydens hierdie gebeurtenis die heel beste akademici regoor die drie afdelings van die universiteit se kernbesigheid vereer: onderrig en leer, navorsing en innovasie, en gemeenskapsbetrokkenheid.

Prof Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier, sê dat die NWU goed vaar ten opsigte van navorsing en innovasie en dat die instelling selfs nog beter sal doen. "Soos dit in die Institusionele Strategiese Plan verwoord word, is die NWU se doel om navorsing en innovasie uit te bou, met 'n strategiese fokus op internasionalisering."

Hy sê dat die NWU verheug is oor die groeiende getal Nasionale Navorsingstigting-gegradeerde (NNS-gegradeerde) navorsers. "Ons het tans meer as 300 NNS-gegradeerde navorsers, en van hulle het 35 B-graderings. Ons Navorsing en Innovasie-portefeulje het 'n vyfjaar- strategiese belegging ontwikkel om NNS-A-gegradeerde navorsers uit die groep B-gegradeerde navorsers te kweek en te ontwikkel. Ons hoop dat hierdie intervensie ons prestasie op hierdie gebied sal uitbou."

Ontvangers van hierdie jaar se Uitnemendheidstoekennings vir Navorsing en Innovasie

Prof Olubukola Babalola van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het die gesogte titel van Most Productive Senior Researcher huis toe geneem.

Prof Sune Ferreira-Schenk from van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is as Most Productive Junior Researcher aangewys.

Prof Christa Rautenbach van die Fakulteit Regte en prof Lesley Wood van die Fakulteit Opvoedkunde het erkenning vir hulle nasionale en internasionale lidmaatskap ontvang.

Prof Leenta Grobler van die NWU Besigheidskool en dr Henri Marais van die Fakulteit Ingenieurswese het die Top Inventor Award ontvang.

Prof Dmitri Bessarabov van die Fakulteit Ingenieurswese het met die Innovation Impact Award weggestap.

Agt-en-veertig navorsers is vereer omdat hulle NNS-graderings ontvang het of na hoër graderings opgeskuif het. (Sien die hele lys hier.)

1 / 7
Prof Olubukola Babalola
2 / 7
Prof Sune Ferreira-Schenk
3 / 7
Prof Christa Rautenbach
4 / 7
Prof Lesley Wood
5 / 7
Prof Leenta Grobler
6 / 7
Dr Henri Marais
7 / 7
Prof Dmitri Bessarabov

slider

Prof Olubukola Babalola is as Most Productive Senior Researcher aangewys. (Klik op foto om video te kyk)
Prof Sune Ferreira-Schenk is aangewys as Most Productive Junior Researcher.
Prof Christa Rautenbach het erkenning vir nasionale en internasionale lidmaatskap ontvang.
Prof Lesley Wood het erkenning vir nasionale en internasionale lidmaatskap ontvang.
Prof Leenta Grobler het die Top Inventor Award ontvang. (Klik op foto om na video te kyk)
Dr Henri Marais het die Top Inventor Award ontvang.
Prof Dmitri Bessarabov het met die Innovation Impact Award weggestap. (Klik op foto om na video te kyk)
 TERUG:
NWU-akademikus praat
oor haar B2-NNS-gradering
 VOLGENDE:
Vorige uitgawes van die
Navorsing@NWU
facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.