Oktober 2022

NWU bevorder uitnemendheid deur navorsing

Welkom by die sesde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.



Ontmoet ons navorsers

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe doen opwindende werk op die navorsingsfront. Ons stel twee van die navorsers in hierdie fakulteit bekend.

immagine1

Prof Minja Gerber

Die Nasionale Navorsingstigting-gegradeerde navorser prof Minja Gerber van die Sentrum van Uitnemendheid vir Farmaseutiese Wetenskappe is die leier van die subprogram Geneesmiddelaflewering.

Hierdie subprogram bestaan uit drie primêre navorsingsgroepe, naamlik bio-famaseutiese en middelafleweringstelsels, vastetoestand- farmaseutiese innovasie en nanotegnologie, en kosmeseutiese navorsing.

Sy deel meer oor haar navorsingsaktiwiteite in middelaflewering.
immagine1

Dr Petro Erasmus

Dr Petro Erasmus is 'n senior lektor en is al jare lank by die Mahikeng-gemeenskap betrokke. Sy werk met kinders van alle ouderdomme en met alle ontwikkelingskwessies.

Haar fokus op neuro-ontwikkelingsversteurings, insluitende outisme, disleksie, ADHD en spraak- en taalversteurings. Sy fokus op outisme vanuit 'n sisteemperspektief – met ander woorde die invloed wat dit op die ouer het, die rol van die gemeenskap en hulpbronne wat beskikbaar gestel behoort te word.

Sy vertel meer oor haar werk.
 TERUG:
Sosiale media in die klaskamer:
meer voordele as nadele
 VOLGENDE:
Vorige uitgawes van die
Navorsing@NWU
facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.