Oktober 2022

NWU bevorder uitnemendheid deur navorsing

Welkom by die sesde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.

Intelligente Stelsels-navorsingsgroep is besig om intelligensie te ontwikkel om vervoerprobleme op te los

immagine1

Prof Alwyn Hoffman

Rekenaars word al hoe noodsaakliker in die moderne samelewing, met 'n geweldige invloed oor hoe mense probleme skep en oplos. Die NWU se Intelligente Stelsels-navorsingsgroep se missie is om volgendegeslagoplossings te ontwikkel wat sal help om vervoerprobleme met behulp van tegnologie op te los.

Geleë in die Skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese, fokus die navorsingsgroep met prof Alwyn Hoffman aan die hoof op van die onderliggende dissiplines waarop hierdie omwenteling gegrond is.

Die groep bestaan uit 14 lede wat uit twee professore, twee PhD-studente, vier meestersgraadstudente en ses finalejaar-projekstudente bestaan.

"Ons bevind onsself in die middel van die Vierde Industriële Revolusie – 'n golf van nuwe tegnologieë wat die wêreld om ons heeltemal verander.

"Dit kom in verskeie vorms tot uiting, van selfbestuurmotors tot die benutting van sosiale media om geteikende bemarkingsveldtogte saam te stel," verduidelik prof Hoffman, en voeg by dat dit die eerste kernkomponent die Internet van Dinge (of IoT soos dit algemeen bekend staan) is.

"Dit behels die vaslegging van intelligensie in klein items en om hulle dan deur die internet aan mekaar te verbind, wat 'n wye netwerk interaktiewe agente tot gevolg het. 'n Algemene IoT-toepassing is 'n infrastruktuur wat van sy omgewing bewus is en intelligent op verskillende toestande kan reageer.

"Dit kan 'n pad wees wat verkeer aanteken wat daarop beweeg en die skade meet wat elke voertuig aanrig. Dit sal ons in staat sal stel om te verstaan hoe en waarom slaggate vorm en wat gedoen moet word om dit te voorkom. Ons kry soortgelyke toepassings in presisielandbou, intelligente geboue en slim verkeerstelsels," sê hy.

Prof Hoffman verduidelik dat die ander fundamentele pilaar van hierdie gebied kunsmatige intelligensie (of KI) is, wat behels dat intelligente gedrag aangeleer word deur inligting uit baie groot versameling ingesamelde data te verkry en wat dan menslike intelligensie probeer naboots. Dit bestudeer die manier waarop mense uit hulle omgewing leer en word dan in kragtige rekenaars nageboots.

Een van die fokusareas van die Intelligente Stelsels-navorsingsgroep is Intelligente Oordragstelsels.

Die groep se aktiewe projekte sluit die volgende in:

  • Modellering van die gedrag van padgebruikers om die oorsaak-gevolg-verwantskap te bepaal wat 'n impak op padveiligheid en sekuriteit het. As deel van hierdie werk samel die groep gegewens van die pad se infrastruktuur- en voertuigopsporingstelsels in om die nakoming van verskillende reëls te bepaal en om padgebruikers te identifiseer wat 'n groot neiging toon om dit nie na te kom nie.

  • Die voorspelling van toekomstige verkeerstoestande deur data van stilstaande sensors en bewegende voertuie te gebruik. "Ons voorspel die toekomstige spoed en volume van verkeer. Dit maak dit moontlik om optimale advies aan padgebruikers te verskaf om opeenhoping van verkeer te vermy en aan verkeersowerhede om deur proaktiewe maatreëls verkeersopeenhoping te vermy," verduidelik prof Hoffman.

  • Intelligente sensors in paaie – hierdie toestelle evalueer die toestand van die padoppervlakstruktuur, kyk na die verkeer wat daaroor beweeg, identifiseer voertuie wat onwettige nommerplate het, en bepaal oorsaak-gevolg-verwantskappe tussen die eienskappe van voertuie en die gevolglike skade aan die pad.

Prof Hoffman sê dat die primêre doel nie is om die menslike element in die samelewing of die ekonomie te vervang nie.

"Die doel is om intelligente ondersteuning te verskaf op gebiede waar groot hoeveelhede data verwerk moet word, vinnige besluite geneem moet word, of waar 'n hoë mate van konsekwentheid vereis word. Dit kan minder ervare mense in staat stel om komplekse take suksesvol te voltooi – take wat andersins skaars kundigheid sou vereis – en so kan die vermoëns van menslike operateurs ver bó hulle natuurlike vermoë uitgebrei word."

 TERUG:
Teologie-professor maak vordering met
broodnodige diskoers oor kontekstualisering
 VOLGENDE:
Hospitaal klop aan die NWU se deur
vir beter sorg vir borskankerpasiënte
facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.