Plante bied inheemse oplossings vir gesondheidsorg
Ongeveer 80% van Suid-Afrika se bevolking is vir hulle gesondheidsorg-behoeftes van mediese plante afhanklik, en dit lei tot 'n toenemende belang-stelling in die kommer-sialisering van plantge-baseerde geneesmiddels. Navorsing deur Tshepiso Ndhlovu, 'n PhD-kandidaat aan die NWU, gee ons 'n kykie na die potensiaal van medisinale plante vir die velsorgmark en vir die behandeling van kindersiektes.
LEES MEER
|
Dit is tyd om omgewingsregulasies te laat werk
Met oproepe om veiliger, skoner omgewings, stel 'n NWU-navorser voor dat plaaslike regerings bestaande omgewings-regulasies afdwing om 'n beter lewensgehalte vir almal te verseker. Maricélle Botes, wat deel is van die navorsingspan by die Fakulteit Regte se Suid-Afrikaanse navorsings-leerstoel in stede, die reg en omgewingsvolhoubaarheid, sê hoewel regulasies en instrumente beskikbaar is, dit nie altyd benut word nie.
LEES MEER
|
Hoe gesinne geestesgesondheid hanteer
'n Hele gesin kan geraak word as 'n gesinslid 'n geestesiekte, gestremdheid of ontwikkelingsagterstand het. Só sê Tshepang Modise, wat 'n meesters-graad in verpleegkunde het. Meganismes om die gevolglike stres te hanteer, sluit ontsnapping, vermyding, ontkenning, of 'n wending na godsdiens in. Sy navorsing is getiteld "Coping mechanisms used by families of mental health care users in Mahikeng sub-district, NW Province".
LEES MEER
|