Projekte oor reaksie op siektes wil SA self-onderhoudend maak
In 'n tyd van Covid-19-tamheid word landsburgers nou met 'n dodeliker en hoogs oordraagbare Delta-variant gekonfronteer. Hierdie nuwe virusmutasie het 'n impak op die reeds oorlaaide gesondheidstelsel en min hulpbronne. Wat nog meer kommerwekkend is, is dat op dag 460 van die staat van inperking in Suid-Afrika minder as 1% van die bevolking ten volle geïmmuniseer was. Teen Junie 2021 is minder as 0,9% van die mense op die Afrika-vasteland geïmmuniseer.
LEES MEER
|
Meerjarige grasse is die antwoord vir die herstel van veld
In 'n waterskaarsland soos Suid-Afrika met toenemende eise vir weiding, kan gekweekte meerjarige grasse die antwoord wees op die bewaring van die veld en die verskaffing van voeding vir diere.
"Droogtes, min reën en oorbeweiding het groot degradasie van die veld veroorsaak, en dus is die herstel van die veld 'n prioriteit vir produsente en vir die diere wat vir oorlewing van die gras afhanklik is." Dit is volgens Ntokozo Msiza, 'n PhD-kandidaat in dierewetenskap aan die NWU.
LEES MEER
|
Middelengels wakker die verbeelding van dié navorser aan
Prof David Scott-Macnab spesialiseer in Middel-engelse navorsing, en met sy B2-gradering van die Nasionale Navorsingstigting, is hy die hoogste gegradeerde navorser wat tans in die Fakulteit Geesteswetenskappe werksaam is. Om 'n B2-gradering te ontvang, moes 'n akademikus 'n beduidende korpus navorsing in hoogaangeskrewe, hoë-impak- internasionale vaktydskrifte, boeke en hoofstukke in boeke gepubliseer het.
LEES MEER
|