Mei 2021

NWU neem navorsing na nuwe hoogtes

Welkom by die derde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

immagine1

NWU se McTronX is aan die voorfront

Die NWU se McTronX-navorsingsgroep is sedert 2003 op die voorpunt van navorsing in Suid-Afrika oor dinamiese modellering en beheer van grootskaalse industriële stelsels.

Die groep, wat deur prof George van Schoor gelei word, is multidissiplinêr en bestaan uit vier voltydse personeellede. Hulle werk ook nou saam met ander akademici en nagraadse studente van amper al die ingenieursdissiplines en industrievennote.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Hoe om jou navorsingvaardighede aanlyn te ontwikkel

Vir jong navorsers kan die idee om navorsing te doen, nogal intimiderend wees. Self-vertroue kom wanneer jy weet dat jy die vaardighede en insig het om reg te laat geskied aan enige navorsingsprojek wat jy aanpak. Hierdie vaardighede kan nou aanlyn deur die NWU se aanlyn weergawe van die kortleerprogram (KLP) in navorsingsontwerp verkry word. Dit stel jou in staat om die platform via 'n rekenaar of mobiele toestel te gebruik.

lees meer

Moeders en kinders agter tralies het voor- en nadele

In Suid-Afrika kan 'n vrou wat tronkstraf uitdien vir die misdaad wat sy gepleeg het, haar kind by haar in die korrektiewe instelling hê. Dit word vir die eerste twee jaar van die kind se lewe toegelaat en stel die ma en kind in staat om 'n band te vorm. Volgens 'n studie wat uitgevoer is deur Belinda Ruzvidzo, 'n LLM-gegradueerde van die NWU, is daar negatiewe gevolge op emosionele en fisieke vlak vir kinders wat in tronke woon.

lees meer

Waarom grootwildjag in Botswana weer oopgestel moet word

Talle artikels is onlangs op verskillende aanlyn nuusplatforms gepubliseer oor die heropening van grootwildjag in Botswana. Die meeste van hierdie artikels probeer om jag in 'n slegte lig te stel, of om te wys dat jag nie soveel tot die plaaslike ekonomie van die land of streek bydra nie. Prof Peet van der Merwe van die navorsingseenheid TREES glo dat hierdie benadering baie nadelig vir die land se toerismebedryf is.

lees meer

Alternatiewe maatreëls vir kansellasie van skuld onder die soeklig

Talle Suid-Afrikaners wat in skuld verdrink, kan 'n potensiële reddingsboei ontvang ná 'n studie deur NWU-meestersgraad-gegradueerde Paballo Mothibi oor die kansellering van skuld van diegene wat geen inkomste of bates het nie.

Die onderwerp van die studie is "Alternative measures for the discharge of debts for over-indebted persons under debt-related legislation in South Africa".

lees meer


immagine1
immagine1

Ontmoet ons navorsers!

Prof Ruan Kruger, 'n professor in fisiologie in die Hipertensie in Afrika navorsingspan (HART), praat oor hulle navorsing oor hipertensie.

Hulle kyk na hipertensie en vetsug as twee van die vernaamste bydraende risikofaktore in die kinderbevolking van Suid-Afrika.


kyk na die video

facebook
twitter
youtube

Klik hier vir meer NWU-navorsingsnuus

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.