Maart 2021

NWU doen impakvolle navorsing!

Welkom by die tweede uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

immagine1

Studie beklemtoon die verband tussen vetsug en akademiese prestasie

Terwyl die meeste mense bewus is van die gesondheidsrisiko's wat verband hou met kinders wat oorgewig of vetsugtig is, weet hulle nie van die akademiese gevolge wat met hierdie toestande saamgaan nie.

Deidré van Staden het 'n studie gedoen waarin sy ondersoek het hoe vetsug, oorgewig, groeibelemmering en uittering by kinders hulle akademiese prestasie in wiskunde, taal, lees en skryf beïnvloed.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

"Jaws" en toerisme: Ons fassinasie met gevinde vabonde

Dit was 1975 en die konsep van die "lokettreffer" was nog in sy kinderskoene. 'n Jong regisseur genaamd Steven Spielberg het Peter Benchley se angswekkende roman Jaws in 'n eerste bona fide somerskouspel omskep, wat die moderne fliek vir ewig verander het. Dit wat eens op 'n tyd bewonder is, is nou gehaat en gevrees. Haaie: groot visse met vlymskerp tande wat jou klein liggaampie meedoënloos jag. Spielberg en Benchley was later albei spyt dat hulle daardie beeld van haaie in ons psige ingeprent het. Baie jare het sedertdien verloop, maar ons betowering met hierdie vriende met vinne het nog nie afgeneem nie, en die toerismesektor beaam dit.

lees meer

Navorser werk saam aan internasionale studie oor swamme

Die swam wat ons brood laat sleg word, funksioneer nie op sy eie nie. Daar is gaste diep binne-in sy selle – bakterieë – waarmee dit 'n wedersyds voordelige verhouding het wat vir mense goed of sleg kan wees. Om hierdie verhouding te verstaan en dit te modifiseer, kan 'n geweldige impak op die voedsel-, mediese en landboubedryf hê. Dit is die fokus van 'n vier jaar lange internasionale samewerking tussen die NWU en twee universiteite in die Verenigde State. Dit is deel van 'n nuwe toekenning wat prof Rasheed Adeleke en sy Amerikaanse ampsgenote in staat stel om te bepaal hoe die swam-bakterie-verhouding bestuur kan word.

lees meer

NWU-WHO: ondersoek Afrika se handelspotensiaal

Sedert die Wêreldhandels-organisasie se leerstoel-program (WCP) binne die NWU se TRADE-navorsingsfokusarea 'n paar jaar gelede bekendgestel is, het Afrika 'n sleutelfokusarea vir die WCP se navorsings- en uitreikaktiwiteite gebly. Hoewel Afrika bekend is daarvoor dat dit die potensiaal het om 'n ekonomiese reus en handelskern te word, bly talle handelsgeleenthede onontgin omdat lande dikwels nie die vermoë het om hulle te identifiseer nie. Handelsinisiatiewe kan egter nie sukses behaal in die afwesigheid van betroubare inligting oor uitvoer- en verskaffermarkte en verwante produkgeleenthede nie.

lees meer

Whisper se PhD-navorsing kan die SA-bedryf help om digitale transformasie te omarm

Net soos kantore, winkels, klaskamers en lesingsale digitale transformasie en die Vierde Industriële Revolusie omarm, moet die vervaardigingsbedryf dit ook doen. Dit staan as Industrie 4.0 of I4.0 bekend, en die transformasie is noodsaaklik vir die volhoubaarheid van plaaslike vervaardiging. Dit het Whisper Maisiri, 'n NWU-PhD-student in ingenieurswese aangespoor om die Suid-Afrikaanse bedryf te help om die vaardighede en bevoegdhede te ontwikkel wat vir 'n digitale toekoms nodig is.

lees meer


immagine1
facebook
twitter
youtube

Klik hier vir meer NWU-navorsingsnuus

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.