Februarie 2021

NWU neem navorsing na nuwe hoogtes!

Welkom by die 2021 se eerste uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word aan akademiese personeel en navorsers gedurende die jaar gestuur.

immagine1

NWU-navorser ondersoek rol van tradisionele medisyne vir velsiektes

Talle mense maak op tradisionele plantgeneesmiddels staat om velsiektes te behandel. Nou het 'n NWU-navorser ondersoek waarom hierdie plante doeltreffend is, en baan hy die weg vir verdere navorsing deur die farmaseutiese bedryf.

"Die gebruik van inheemse kennis in die verskaffing van primêre gesondheidsorg, veral in die meeste inheemse Afrika-gemeenskappe, is so oud soos die mens self," sê dr John Awungnjia Asong, navorser en onlangse PhD-gegradueerde.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Agter die skerms van 'n pandemie – 'n leerervaring

"Dis 'n unieke leerervaring."  Só beskryf prof Petra Bester, direkteur van die NWU se Afrika-eenheid vir Trans-dissiplinêre Gesondheids-navorsing (AUTHeR), die eenheid se blootstelling aan die binnewerking van die Noordwes-provinsie se pogings om die Covid-19-pandemie hok te slaan. In die vroeë dae van die pandemie het AUTHeR en die Noordwes Departement van Gesondheid 'n unieke reis begin.

lees meer

Studie ondersoek die kern van geweld in skole

Onderwys word dikwels as 'n roeping eerder as 'n beroep beskou. Maar daardie roeping ontaard vinnig in 'n nagmerrie wanneer onderwysers aangeval word deur juis dié mense wat hulle probeer opvoed. Oor die afgelope paar jaar was daar talle berigte in die media van leerders wat hulle onderwysers fisies aangerand, met messe gesteek en selfs geskiet het. Dr Michael Nhambura het sy PhD-studie hieroor gedoen.

lees meer

Kinders baat by fisieke aktiwiteit in die klaskamer

'n Kind se brein en liggaam baat by fisieke aktiwiteite. Dit is weer eens getoon deur 'n Brain Breaks®-studie wat in agt lande gedoen is en waaraan die NWU deelgeneem het.  Prof Dané Coetzee by die Skool vir Menslike Bewegingskunde het die projek van die NWU se kant af gelei. Die gesamentlike navorsing is in 'n artikel in die International Journal of Environmental Research and Public Health gepubliseer.

lees meer

Nuwe boek vestig die aandag op migrante en hul geestesgesondheidsuitdagings

Afgryslike tonele van migrante wat op see omgekom het terwyl hulle op soek is na 'n beter lewe, is 'n te algemene gesig op televisieskerms, aanlyn en in koerantberigte. Uiterste honger, onderdrukkende regerings en etniese en godsdienskonflik word as van die bydraende faktore vir die krisis genoem.

Prof Erhabor Idemudia het ses Europese lande deurkruis om die nood van hierdie kwesbare groep bekend te maak en om oplossings te kry.

lees meer


immagine1
facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.