Oktober 2020

NWU – navorsing vir die moderne wêreld!

Welkom by die 2020 se sewende uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word aan akademiese personeel en navorsers gedurende die jaar gestuur.

immagine1

Haal die meeste uit medisinale plantekstrakte met nanotegnologie

'n NWU-gegradueerde bring eeue oue kennis van plante en die jongste nanotegnologie bymekaar om die meeste uit plantekstrakte te haal.

Volgens 'n nasionale nanotegnologie-inisiatief van die Verenigde State is nanotegnologie tans besig om 'n omwenteling in die tegnologie- en bedryfsektore teweeg te bring.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Projek oor vloektaal lewer wetenskaplike kennis

"Myns insiens het dit besonder goed gegaan met die projek. Nie net is die tegnologie en infrastruktuur daargestel vir goeie navorsing in die komende jare nie, maar ons het ook 'n groot klomp geregistreerde gebruikers gekry." So sê prof Gerhard van Huyssteen, professor van Afrikaanse en Nederlandse Taalkunde by die NWU, 'n jaar nadat hierdie unieke multidissiplinêre navorsingsprojek oor Afrikaanse vloekwoorde van stapel gestuur is. Hy sê die projek het nie net nuwe multidissiplinêre insigte in Afrikaanse vloekwoorde en vloekgedrag opgelewer nie, maar ook effektiewe maniere ontgin om wetenskaplike kennis op nuwerwetse maniere aan te bied.

lees meer

Pre-traumatiese stresversteuring en Covid-19-onsekerheid

Die impak van die Covid-19-epidemie op ons geestesgesondheid kan nie onderskat word nie. Vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief het maande van harde inperking die manier verander waarop ons leef, werk en selfs hoe ons funksioneer. Op sielkundige vlak kon ons nie heelhuids daarvan afkom nie. 'n Nuwe studie deur Afriforte en die NWU se Workwell-navorsingseenheid, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep en Mindful Revolution, het die psigologiese effek van die inperking ondersoek. Volgens 'n opname wat onder 1 656 werknemers gedoen is, ervaar 46% van die respondente tydens die epidemie hoë vlakke van sielkundige angs.

lees meer

Mense los probleme op en antropologie is die regte plek

Die NWU se vakgroep Antropologie gaan van krag tot krag, en is van voorneme om die NWU een van die topuniversiteite te maak waar daar op hierdie gebied gestudeer kan word. "Met die besef dat die ingewikkelde probleme van ons samelewing net deur middel van mense opgelos kan word, het die vakgroep met 'n proses van herkurrikulering begin wat aan baanbrekernavorsing gekoppel is, en dit sal spoedig uitgebrei word," sê dr Jess Auerbach, wat onlangs by die vakgroep in die Skool vir Sosiale Wetenskappe aangesluit het. Sedert sy in Julie by die NWU gearriveer het, het sy nou met kollegas saamgewerk om 'n kultuur van navorsing en kennisproduksie te konsolideer.

lees meer

Begrip van konsensuele niemonogamie (swinging) uit 'n Suid-Afrikaanse perspektief

Hoewel sommige mense dit as taboe beskou, vind swinging – om jou maat toe te laat om geslagsomgang met ander mense te hê – al dekades lank regoor die wêreld plaas.

'n Eenvoudige Google-soektog lewer duisende resultate oor die leefstyl op, en tog is bitter min oor swinging uit 'n Suid-Afrikaanse perspektief bekend.

lees meer


immagine1
facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.