September 2020

NWU – navorsing wat impak het!

Welkom by die 2020 se sesde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word aan akademiese personeel en navorsers gedurende die jaar gestuur.

immagine1

NWU staan aan die hoof van SA-kernspan in die stryd teen neuromuskulêre siektes

Die maatskaplike en ekonomiese impak van neuromuskulêre siektes (NMS'e) is geweldig.

Hierdie siektes, wat motorneuronsiekte en spierdistrofieë insluit, kan voortydige sterftes of lewenslange gestremdheid veroorsaak, en daar word beraam dat dit een uit elke 400 mense aantas – wat beteken dat ongeveer 20 miljoen kinders en volwassenes regoor die wêreld geraak word.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Beskerm die omgewing en bevorder demokrasie

Senior lektor en navorser dr Kesolofetse Lefenya skryf dat omgewingsgeregtigheid maatskaplike transformasie behels wat ten doel het om aan die basiese menslike behoeftes te voldoen en lewensgehalte, beskerming van die omgewing en demokrasie bevorder. Sy sê dat Suid-Afrika ten spyte hiervan toenemende openbarebelanglitigasie tussen staatsorgane, privaat entiteite en burgerlike omgewings-bewustheidsgroepe beleef.

lees meer

Voorkoming is beter as om misbruik te behandel

Voorkoming is beter as genesing, en prof Leepile Sehularo van die NWU is aan die voorpunt van die soeke na oplossings vir adolessente se middelmisbruik deur middel van voorkomingsprogramme. Volgens prof Sehularo van die Fakulteit Gesondheids-wetenskappe is die gebruik van onwettige middels onder adolessente leerders 'n wêreldwye bekommernis vir beleidmakers in regerings, navorsers en geestes-gesondheidsorgpraktisyns.

lees meer

Ontvoering en gedwonge huwelike steeds 'n realiteit

Selfs in die 21ste-eeuse Suid-Afrika – 'n grondwetlike demokrasie – is 'n gedwonge huwelik vir sommige jong meisies 'n werklikheid. Ukuthwala, die gewoonte-praktyk waar meisies van onder 18 jaar oud ontvoer en aan ouer mans as huweliksmaats gegee word, kom steeds op die platteland van die Oos-Kaap voor. Volgens Bridget Joyce Machaka word sulke huwelike gewoonlik sonder die bruid se toestemming gereël.

lees meer

Ruimteregspesialis slaan top genootskap los

Prof Wian Erlank het 'n gesogte navorsingsgenootskap by die Alexander von Humboldt-stigting losgeslaan.

Hierdie internasionaal-erkende stigting borg wetenskaplikes en vakkundiges regoor alle vakgebiede en nasionaliteite. Hulle bied navorsers die geleentheid om deur internasionale navorsingsuitruiling in Duitsland navorsing te doen, en prof Erlank kry 'n geleentheid om oor ruimtereg navorsing te doen – 'n vakgebied wat toenemend meer relevant raak namate bemande en onbemande sendings na die sterre reik.

lees meer


immagine1
facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.