Vroeë ontwikkeling van kinders staan uit die as(blik) op
Dit is 'n feit dat talle kinders hulleself in leë skoolklaskamers en speelterreine bevind omdat hulle ouers, onderwysers en versorgers dikwels onbewus is van die belangrikheid om doelgerigte spel in die vroeë jare te voorsien. Gelukkig gaan NWU-navorsers, onder leiding van prof Mariëtte Koen, saam met Singakwenza, 'n VKO-organisasie sonder winsbejag, werkswinkels aanbied om volwassenes die belangrikheid van speel te leer en hoe hulle hul eie speelgoed en leermateriaal uit herwonne materiale kan maak.
lees meer |
Plastiekprobleem: Navorsers beklemtoon groot datagapings
Ons oseane verstik aan plastiekafval. Trouens, plastiekafval in die oseane is van die grootste omgewings-bekommernisse wat die wêreld vandag in die gesig staar, met 'n verwoestende uitwerking op mense en die omgewing. Maar hoe groot is Suid-Afrika as 'n sondebok? Prof Henk Bouwman sê dat dit beslis nie 'n maklike vraag is om te beantwoord nie omdat daar gapings in die beskikbare data is. "Tot redelik onlangs was die veronderstelling dat Suid-Afrika die 11de grootste bydrae tot mariene platsiek-besoedeling lewer," sê hy.
lees meer |
Gloriese goggas: Plaas eetbare insekte op die spyskaart
Terwyl talle mense sal gril vir die gedagte om goggas te eet, word entomofagie – die term vir die eet van insekte – reeds honderde jare lank in Suid-Afrika beoefen. In Noordwes, Limpopo en Mpumalanga is rysmiere, mopaniewurms, sprinkane, die kameeldoring-pragkewer en die eetbare stinkbesie lekkernye. Weens die invloed van massamedia sien talle mense insekte egter as draers van siektes en vernietigers van oeste, eerder as om te let op die belangrike rol wat hulle in voeding, bestuiwing, voedselsekerheid en grondverbetering speel.
lees meer |