Maart 2020

Navorsing wat lewens verander!

Welkom by 2020 se tweede uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word aan akademiese personeel en navorsers gedurende die jaar gestuur.

immagine1

NWU op die punt om die menslike brein beter te verstaan

Ten spyte van 'n paar merkwaardige vorderings in die geskiedenis van die mens, bly die funksionering van die menslike brein 'n raaisel. Sou dit nie wonderlik wees as 'n mens die menslike brein makliker en met meer noukeurigheid kon waarneem nie? Dit het so pas moontlik geword by die NWU se Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP).

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

SADiLaR aan die stuur om 11 landstale te digitaliseer

Die digitalisering van die 11 amptelike tale van Suid-Afrika kan 'n groot bydrae maak tot 'n werklike meertalige samelewing. Verskeie projekte is tans by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLaR) wat by die NWU geleë is, aan die gang om digitale hulpbronne vir die amptelike landstale te skep.

lees meer

Hoe SA sterftes aan hartsiektes kan verminder

Hartsiekte bly wêreldwyd die grootste oorsaak van sterftes onder middeljarige volwassenes, en is verantwoordelik vir 40% van alle sterftes. 'n Onrusbarende 80% van hierdie sterftes kom in lae- en middelinkomstelande soos Suid-Afrika voor. Dit is een van die bevindings van die multinasionale PURE-studie waaraan die NWU deelneem.

lees meer

The Cave: 'n digitale veilige hawe vir maatskaplike werkers

Maatskaplike werk word oor die algemeen as 'n stresvolle beroep beskou as gevolg van die emosionele eise waaraan praktisyns onderworpe is. Een groep maatskaplike werkers wat veral kwesbaar is vir negatiewe uitkomste is dié wat in die kinderbeskermings-praktykopset werk en die statutêre taak het om kinders te beskerm.

lees meer

NWU TRADE en WHO gaan voort met samewerking onder WHO-leerstoelprogram

Ter erkenning vir die uitmuntende werk wat die afgelope paar jaar deur prof Wilma Viviers in die NWU se TRADE-navorsingseenheid in die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se leerstoelprogram gedoen word, het die WHO ingestem dat die leerstoel ná sy aanvanklike vierjaartydperk steeds deur die NWU gehuisves word. Hierdie program sal voortgaan met prof Viviers wat steeds die leerstoel sal beklee. Die werk van die WHO-leerstoel word uitgevoer in die TRADE-navorsingsfokusarea, wat deel van die NWU se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe uitmaak.

Lees meer oor die program


immagine1

Kyk na wat prof Viviers sê oor die voortsetting van die WHO se leerstoelprogram by die NWU.

Vind meer uit oor die NWU se navorsingsleerstoele

Die NWU het 'n aantal toegewyde en kundige navorsingsleerstoele wat die universiteit help om sy ideaal te bereik om navorsing en innovasie met 'n noemenswaardige internasionale impak te lewer. Ontmoet in hierdie uitgawe prof Jako Olivier, die UNESCO-Leerstoel oor Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne.

kyk na die video



facebook
twitter
linkedin

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.