|
Welkom by die laaste uitgawe van die NWU se gemeenskapsbetrokkenheidsnuusbrief, die IMPAK@NWU, vir 2024. Hierdie jaar was werklik merkwaardig, en ons het die unieke geleentheid gehad om die ongelooflike vordering van ons gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte te beleef. Dit was wonderlik om te sien hoe hierdie inisiatiewe gegroei het en die mense in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark die omliggende gebiede positief aangeraak het.
Ons is so trots op die positiewe veranderings wat ons deur ons vennootskappe, werk van ons vrywilligers en volhoubare projekte help meebring het – alles met die doel om aandag aan werklike behoeftes in ons gemeenskappe te gee. Hierdie sukses spreek boekdele oor die mag van samewerking en die toewyding wat deur ons personeel, studente en gemeenskapsvennote getoon is. Ons het saam sterk verbintenisse gebou wat hoop, kennis en bemagtiging kweek, en dit herbevestig ons verbintenis om 'n noodsaaklike deel van samelewingsgroei te wees.
Ons hoop dat 2025 selfs meer deelname en nuwe idees na vore sal laat kom namate ons voortgaan om ons gemeenskappe met passie en oortuiging te dien. Dankie dat julle so 'n integrale deel van hierdie reis is!
|
Verbind akademiese uitnemendheid met maatskaplike impak
Soos ons die einde van 2024 nader, kan ons terugkyk en goeie vordering sien in die manier waarop die NWU sy gemeenskapsbetrokkenheid verder as blote filantropie neem. Prof Sonia Swanepoel, adjunk-visekanselier vir gemeenskapsbetrokkenheid en Mahikengkampus-bedrywighede, deel hierdie hoogtepunte.
Lees meer
|
|
 | Community Engagement Showcase: 20 jaar van impakvolle projekte
Die NWU het op 30 September 2024 'n community engagement showcase op die Mahikengkampus gehou om die impak te vier van projekte wat geïmplementeer is in die 20 jaar wat die universiteit bestaan.
Lees meer
|
Bafenyi Trust laat harte warm klop met geloof en kos
Dineo Mdingane, besturende direkteur van die Bafenyi Trust, het nog altyd geglo in die krag van die gemeenskap en die belangrikheid om 'n helpende hand na diegene in nood uit te steek. Die organisasie is toegewy daaraan om mense in moeilike omstandighede deur evangeliebediening en praktiese hulp op te hef.
Lees meer
|
|
 | Beatrix ontmoet Pous Franciskus:
'n geskiedkundige oomblik
In 'n groot oomblik vir die NWU en wêreldwye diensleer het Beatrix "Bibi" Bouwman, direkteur vir volhoubaarheid en gemeenskapsimpak, Sy Heiligheid Pous Franciskus op 9 November 2024 tydens die V Global UNISERVITATE Symposium in die Vatikaanstad ontmoet.
Lees meer
|
Ottosdal-leerders se uitstekende leesvermoë beïndruk
Die NWU se Biblioteek en Inligtingsdienste-span het onlangs 'n positiewe ervaring van jong leerders se leesvermoë gehad. Die span het die Letsosa Location in Ottosdal in Noordwes te besoek om Internasionale Geletterdheidsmaand en Erfenismaand saam met die Refentse-Katlego-jeugontwikkelingsentrum te vier.
Lees meer
|
|
 | Ondersteuning van kinders se opvoedkundige behoeftes
Die Inligtingstegnologie-departement op die NWU se Vanderbijlparkkampus het onlangs rekenaars aan drie instansies sonder winsoogmerk geskenk om aan kinders se opvoedkundige behoeftes te voldoen.
Lees meer
|
Bemagtig leierskap
deur volhoubaarheid
NWU-alumnus Lebohang Raputsoe het onlangs 'n virtuele leierskaps-ontwikkelingswerkswinkel deur haar nie-winsgewende organisasie, The ABC Community, gehou. Die doel van hierdie inisiatief was om jongmense te inspireer en met mekaar te laat skakel, met 'n spesiale fokus op die bemagtiging van jong vroue.
Lees meer
|
|
 | Ons vier uitnemendheid in gemeenskapsbetrokkenheid
Die NWU het tydens hierdie jaar se NWU Excellence Awards op 21 November 2024 met trots gemeenskapsbetrokkenheid en die uitnemende individue en hul inisiatiewe vereer.
Lees meer
|
|
|
|