|
Brei uit na lewensvaardighede en opvoeding
Progress Mpangane, Eagi, Dineo en Abigail Oliphant laai die donasie van die NWU se Alumniverhoudingekantoor af.
"Die program het verder ontwikkel as bloot om vir mense kos te gee," verduidelik Dineo. "Ons bied lewensvaardigheids-opleiding op gebiede soos ouerskap en finansiële bestuur aan, en help mense om meer selfonderhoudend te word. Ons moedig hulle aan om op 'n ander manier na hulle lewens te kyk."
Vir die kinders het die Bafenyi Trust 'n naskoolse program wat ondersteuning in vakke soos wiskunde, Engels en Afrikaans gee, en hulle word aangemoedig om 'n positiewe ingesteldheid teenoor hulle studies in te neem.
Dineo se passie vir gemeenskapsbetrokkenheid kom uit haar eie akademiese en persoonlike ervarings. Sy het haar studies op die NWU se Mahikengkampus begin en vir maatskaplike werk ingeskryf omdat sy baie graag minderbevoorregte mense wou help.
Ná 'n jaar van studie in maatskaplike ontwikkeling het sy egter besef dat dit nie die regte ding vir haar is nie.
Daardie besef het haar na sielkunde gelei, as gevolg van haar belangstelling in die geestes- en emosionele genesing wat in die landelike gemeenskappe nodig is.
Haar studies in sielkunde en sosiologie het aan haar die gereedskap verskaf om 'n betekenisvolle impak te maak, veral om die stigma rondom terapie te verbreek. Sy het in 2017 met 'n BA in sielkunde en sosiologie gegradueer.
|