Julie 2024

Welkom by die opwindende tweede uitgawe van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gemeenskapsbetrokkenheidnuusbrief, IMPAK@NWU. Saam maak ons 'n verskil, een gemeenskapsprojek op 'n keer.

Bly verbind, bly geïnspireer, en sluit by die beweging aan. In hierdie uitgawe gee ons 'n oorsig van ons jongste projekte, vier ons ons prestasies, en deel ons naderende geleenthede om julle betrokke te kry. Kom ons gaan voort om saam 'n positiewe verandering te maak!

Gemeenskapsbetrokkenheidaktiwiteit Jaarverslag 2023

Die NWU het in 2023 sy strategie bygewerk om beter aan belanghebberbehoeftes te voldoen deur op maatskaplike impak, innoverende onderrig, navorsings-uitnemendheid en gemeenskapsbetrokkenheid te fokus. Ons het ook sigbare stappe gedoen om gemeenskaps-betrokkenheid te integreer.

Lees die 2023 Jaarverslag

Verf, besprekings en aanbidding skep 'n onvergeetlike geleentheid

Sip-and-paint-geleenthede is meer as net 'n byderwetse aktiwiteit – dit is 'n heerlike kombinasie van kreatiwiteit, ontspanning en sosiale interaksie, wat 'n ruimte bied waar mense aan hulle kunstigheid uiting kan gee, ander mense kan ontmoet en kan ontspan.

Lees meer

Oorbrug die gaping tussen gemeenskappe en regshulp

Wanneer gemeenskapslede regshulp nodig het, ervaar hulle dikwels groot struikelblokke omdat hulle ontoereikende finansiële hulpbronne het. Een manier om lede van die publiek met regsdienste te skakel, is om aanlyn kanale te gebruik.

Lees meer

Gemeenskapsbetrokkenheidtuin-projek lewer sy eerste oes op

Van rugbyspelers wat plante water gee tot studenteleiers wat ondersteuning verskaf en skoolleerders wat onkruid uittrek – almal span saam om van die HaReJeng-gemeenskapsbetrokken-heidtuinprojek 'n sukses te maak (HaReJeng beteken Laat ons Eet).

Lees meer

'n Enkele boek kan 'n wêreld van moontlikhede oopmaak

"Wanneer jy leer om te lees, sal jy vir altyd vry wees." Dit is 'n aanhaling wat dr Mathew Moyo, hoofdirekteur vir Biblioteek en Inligtingsdienste, onderskryf. Hierdie woorde van die maatskaplike hervormer Frederick Douglass som op hoe belangrik boekdonasies vir biblioteekversamelings is.

Lees meer

Bevorder betrokkenheid en maatskaplike verandering

Die Fakulteit Geesteswetenskappe het 'n bemoedigende benadering tot die onderwys wat verder as handboeke en lesings strek. Studente en personeel is hier op 'n reis wat nie net denke slyp nie, maar ook harte aanraak, en 'n gevoel vir verantwoordelikheid skep om die wêreld 'n beter plek te maak.

Lees meer

Vir enige verdere navrae, kontak asseblief die nuusbriefredakteur,
angeline.marokoane@nwu.ac.za