April 2024

Welkom by 2024 se eerste uitgawe van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gemeenskapsbetrokkenheidnuusbrief, IMPAK@NWU. Ons universiteit is hierdie jaar steeds onwrikbaar in sy toewyding om deur betrokkenheidsinisiatiewe lewendige gemeenskapsverbintenisse tot stand te bring.

Terwyl ons nou met plaaslike organisasies, staatsagentskappe en gemeenskapsleiers saamwerk, streef ons daarna om projekte van stapel te stuur wat aandag skenk aan 'n spektrum behoeftes, wat wissel van die onderwys en gesondheidsorg tot omgewingsvolhoubaarheid en ekonomiese ontwikkeling.

Hierdie pogings strek verder as blote filantropie. Dit gaan oor die smee van langdurige vennootskappe en die bemagtiging van gemeenskappe om te floreer – nie slegs in 2024 nie, maar ver in die toekoms.

Gemeenskapsbetrokkenheid by die NWU
hou aan groei

Die Gemeenskapsbetrokkenheidportefeulje wens julle 'n geseënde, produktiewe en wonderlike 2024 toe. Ons is tans besig om met die fokus op monitering en evaluering die jaarlikse verslag oor gemeenskapsbetrokkenheid te finaliseer.

Lees meer

Gemeenskapsbetrokkenheid-tuinprojek word bekend gestel

Die Vanderbijlparkkampus het onlangs die HaReJeng-gemeenskapsbetrokkenheid-tuinprojek bekendgestel (HaReJeng beteken "laat ons eet") – 'n innoverende plan met die doel om volhoubare voedselproduksie, diensleer en gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder.

Lees meer

Kyk na volhoubare landbou
om grond te bewaar

Pluimveemis kan boerderypraktyke in Suid-Afrika omkeer, veral vir bestaansboere in landelike gebiede.

Dit is een van die navorsingsbevindings van Mandisa Mazibuko, 'n navorser van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Lees meer

"'n Fakulteit wat omgee" stap die ekstra myl vir leerders

Graad 12-leerders is op die drumpel van volwassenheid en moet besluite vir hulle toekomstige loopbane en leefstyle neem. Die las van hierdie besluite en verwagtings van ouers, onderwysers en die samelewing kan oorweldigend wees.

Lees meer

Plastiekbesoedeling plaas 'n demper op vierings

Daar word geskat dat 10 miljoen klein stukkies plastiek op die grasperk voor die NWU se Fakulteit Regte in Potchefstroom lê, en die grond op die Fanie du Toit Sportterrein het ook hoë vlakke van plastiekbesoedeling.

Lees meer

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, angeline.marokoane@nwu.ac.za te stuur.