September 2023

Sluit by ons aan terwyl ons ons verdiep in die derde uitgawe van ons nuusbrief oor gemeenskapsbetrokkenheid, IMPAK@NWU.

Jy sal regdeur hierdie kwartaallikse publikasie meer uitvind oor die NWU se volhoubaarheidsinisiatiewe, naderende gemeenskapsgebeurtenisse, geleenthede vir vrywilligerwerk, en hoe julle betrokke kan raak. Deur saam te werk, kan ons brûe bou en 'n blinker toekoms vir almal skep.

Nuwe forum om gemeenskappe betrokke te kry, is volstoom aan die gang

Die plasing van studente in gemeenskapsdiensposisies is 'n topprioriteit vir die pasgestigte Gemeenskapsbetrokkenheidbelanghebbersforum van die NWU.

"Ons is almal baie opgewonde oor die nuwe forum. Die doel is om wedersydse verhoudings met ons gemeenskappe te vorm en 'n databasis te ontwikkel van belanghebbers wat by die NWU betrokke is, veral met die doel om studente in gemeenskapdiensposisies te plaas," sê Bibi Bouwman, direkteur vir volhoubaarheid en gemeenskapsimpak.

Lees meer

Studente begin met
#CleanUpVaal-veldtog

Wanneer een gemeenskap begin trots voel op die netheid van die omgewing, kan ander dalk geïnspireer word om dieselfde te doen. Die Walking in Victory Movement, 'n Christenstudentegroep op die Vanderbijl-parkkampus, het die bal aan die rol gesit.

Lees meer

Profiel: Prof Ndivhoniswani Aaron Tshidzumba

Prof Aaron Tshidzumba, adjunkdekaan vir gemeenskapsbetrokkenheid, besigheidsontwikkeling en belanghebberverhoudinge in die Fakulteit Geestes-wetenskappe, het noemenswaardige bydraes op sy kundigheidsgebied en die groei van die NWU gelewer.

Lees meer

Baadjies groei nie aan bome nie – hulle hang aan bome

Die Vanderbijlparkkampus het onlangs 'n "Hang a Hug"-geleentheid gehou om Mandela-dag te vier. As deel van die veldtog het studente en personeel baadjies geskenk wat aan spesifieke bome oral op die kampus gehang is.

Lees meer

Kleredonasieprojek tot voordeel van Potchefstroomgemeenskappe

Die Gemeenskaps- en belanghebberbetrokkenheids-kantoor van die Studente-kampusraad (SKR) op die NWU se Potchefstroomkampus het onlangs sy jaarlikse Kaalvoetdag gehou.

Lees meer

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, angeline.marokoane@nwu.ac.za te stuur.