REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

 

Ons navigeer die nuwe normaal

 

Ons bly toegewyd en standvastig in ons pogings om ons personeel, studente en ander belanghebbers dwarsoor ons kampusse te beskerm. Dit is deurslaggewend vir ons terwyl ons onophoudelik werk om die eerste semester van 2021 suksesvol te voltooi.

 

Alle kontaksessies – klasse sowel as assesserings – is tydens vlak 4 opgeskort. Ons hoop om beperkte kontaksessies te hervat sodra die gevaar van die derde golf verby is – moontlik gedurende die tweede semester.

 

Ons waardeer dit dat ons personeel en studente aanlyn onderrig en leer omarm het en voortgaan om die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, die hoof te bied. Ons bly egter ’n kontakuniversiteit en mis dit om op ons kampusse en in ons klaskamers te wees.

 

Boodskap van die

visekanselier

Beste alumni

 

Ek vertrou dat dit met julle goed gaan en dat julle veilig is.

 

Ek skryf hierdie boodskap aan julle terwyl ons land weens die derde golf van Covid-19-infeksies steeds op vlak 4 van die inperking is. Ek hoop dat talle van julle reeds julle Covid-19-inentings ontvang het of geskeduleer is om binnekort ingeënt te word.

 

Ek is bewus daarvan dat die onlangse onrus in sommige dele van ons land ons inentingsprogram beïnvloed het, maar ek bly hoopvol dat die situasie onder beheer gebring sal word en dat ons vrede en stabiliteit sal ervaar.

 

Tot Vrydag 9 Julie het ’n totaal van 941 kollegas, studente, kontrakwerkers en besoekers positief getoets vir die koronavirus. Ongelukkig moes ons met hartseer kennis neem dat 12 lede van die NWU-familie reeds as gevolg van Covid-19 oorlede is. Dit is ʼn tragedie vir die NWU.

 

Namens die NWU se personeel en studente dra ek my beste wense oor aan julle, ons alumni, en julle families. Ons innige meegevoel aan diegene van julle wat geliefdes verloor het. Mag God julle krag en vrede gee terwyl julle hierdie ontydige verlies ondervind. Sterkte ook vir dié van julle wat herstel van Covid-19 of enige ander siekte. Wees asseblief sterk en bly glo.

 

Intussen het ons personeel onverpoosd gewerk om ons verbintenis tot uitnemendheid met al ons aktiwiteite aan die gang te hou. Ons het drie aanlyn gradeplegtighede gehou, met 13 119 studente wat grade of diplomas ontvang het. As gevolg van Covid-19 moes ons weereens ons gradeplegtighede virtueel aanbied – ons het empatie met ons studente.

 

In hierdie uitgawe van die NWU & U kan julle lees oor die ondersteuning wat vir nagraadse studente beskikbaar is, asook oor ons NWU-kundiges wat hulle kennis oor verskeie navorsingsgebiede deel.

 

Ons is ook dankbaar dat die NWU sy indrukwekkende prestasie op verskeie wêreldwye ranglyste met ’n 120ste plek  op die 2021 Times Higher Education (THE) Young University Rankings voortsit.

 

Nog ’n bemoedigende feit is dat te midde van al die uitdagings, die ondersteuning van julle, ons alumni, nie gewankel het nie. Dit word baie waardeer.

 

Kyk asseblief mooi na julleself en beskerm julleself en diegene om julle.

 

Vriendelike groete

 

 

 

Prof Dan Kgwadi

Hoof en visekanselier

 

 

 

dIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARITKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U