nUUs
INHOUD

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.
Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.
Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.
Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.
Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.
Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind. (Klik op die opskrif van elke artikel om meer te lees.)
NWU ontvang gunstige graderings van internasionale agentskappe
ste
Die jongste THE Young University Rankings, wat op 23 Junie 2021 gepubliseer is, plaas die NWU onder die beste 120 uit meer as 475 universiteite wêreldwyd. Dit is die tweede keer dat die NWU op hierdie bepaalde ranglys – wat op universiteite van 50 jaar oud en jonger fokus – verskyn.
Die THE Young University Rankings sluit universiteite van verskeie lande in en gebruik 13 prestasie-aanwysers om hulle te evalueer.
Nuwe vennootskap sal vir chemiese ingenieurs groot voordele inhou
Die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese het ’n vennootskap met ’n sagtewaremaatskappy gesluit wat hulle aan die voorpunt van ontwikkeling sal plaas.
Die vennootskap met modelleringsagtewaremaatskappy METSIM sal die ontwerp van nuwe prosesse moontlik maak en bestaande vloeikaarte tot hulle maksimum doeltreffendheid opstoot.
Prof Quentin Campbell, die direkteur van die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese, sê METSIM en die NWU het ’n nuwe gemeenskaplike terrein gevind met die opleiding van finalejaarstudente, en fokus op gevorderde simulering van mineraalprosesse.
dIe NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARITKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
NWU-studente help bejaardes om vir Covid-19-inentings te registreer
Suid-Afrika se selfregistrasieportaal vir inentings vir mense wat 60 jaar of ouer is het in April in werking getree. Tot dusver het die registrasieproses vir hierdie groep nie baie flink verloop nie, weens verskeie redes.
Studente op die Mahikengkampus, in samewerking met die Departement van Gesondheid, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Boxer Superstores, het onlangs ʼn vyf dae lange uitreikprojek aangepak om bejaardes te help om vir die Covid-19-inentings te registreer.
Die projek het van 3 tot 4 Junie 2021 en weer van 10 tot 12 Junie 2021 by twee Boxer Superstores in Mahikeng plaasgevind, omdat baie mense ouer as 60 hulle maandelikse SASSA-toelae by hierdie winkels ontvang.
Wat die gedeeltelike onafhanklikheid van die Transnet Nasionale Haweowerheid beteken
President Cyril Ramaphosa, saam met die Minister van Openbare Werke, Pravin Gordhan, en die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het op 22 Junie 2021 aangekondig dat die Nasionale Haweowerheid ingevolge die Nasionale Hawewet, Wet 12 van 2005, as ʼn onafhanklike, volfiliaal van Transnet gestig sal word.
Ofentse Mokwena, NWU-akademikus en kundige oor vervoerekonomie, lewer kommentaar oor wat hierdie gedeeltelike onafhanklikheid van die Transnet Nasionale Haweowerhede beteken.
Hy verduidelik dat die staat steeds die infrastruktuur sal besit, maar sal toelaat dat operateurs in die openbare en privaat sektor teen ʼn fooi die infrastruktuur kan gebruik sodat hulle om kliënte kan meeding.
Kweek hoop ten spyte van die wanhoop oor Covid-19
Toe die Covid-19-pandemie begin het, het die meeste van ons gedink of gehoop dit sal tydelik wees, maar namate die weke maande geword het, het ’n gevoel van hopeloosheid oor die heersende omstandighede posgevat.
Sumari Nel, ’n geregistreerde berader wat nou saam met die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie werk, sê hoop word beïnvloed deur hoe jy huidige omstandighede waarneem.
“Daar is baie onsekerheid en omstandighede wat tot ’n groot mate buite ons beheer is, maar ons moet hierdie reis met hoop aanpak en fokus op die beheer wat ons nog het, en die kanse en geleenthede koester wat daar steeds is.”